Page 1 of 1

.22 scope vir baanskiet

Posted: Mon Aug 06, 2012 11:50 am
by Smirre
More
Ek het vir die kinders 'n .22 aangeskaf om net op die baan 25 en 50m te skiet

Watse scope sal julle aanbeveel???

Smirre

Re: .22 scope vir baanskiet

Posted: Mon Aug 06, 2012 12:00 pm
by BRNO (Pierre)
Ek sien S&O het nog van die pro staff 3-9*40 op special vir R1300,00.

JAAG SMIRRE, JAAG!!!

Ek sal vandag niks anders eers oorweeg nie.

Re: .22 scope vir baanskiet

Posted: Mon Aug 06, 2012 12:14 pm
by Smirre
Pierre
Wie maak die scope?

Re: .22 scope vir baanskiet

Posted: Mon Aug 06, 2012 12:16 pm
by BRNO (Pierre)
Skuus Smirre, dit is n Nikon. Leeftyd waarborg en alles wat saam die Nikons kom.

Re: .22 scope vir baanskiet

Posted: Mon Aug 06, 2012 3:47 pm
by Petrie303
Dagse,

Ek is ok in die mark vir een scope vir my .22. Ek gan hom ok vir baanskiet gebryk en om so nou en dan die lastige goed in die lande en tyn uitsort...

Ek kyk na een van die 2 by SO, wil donderdag gan optel as daar nog oor is:

Nikon Pro Staff 2-7X32 - R1300
Nikon Pro Staff 3-9X40 - R1300

Al 2 kos die selfde ma watter een gan vir 'n .22 beter werk? Daai 2-7X32 dink ek gan lekker werk (le lekker naby an die loop) of gan daai 3-9 met die extra vergrooting beter werk?

Petrie

Re: .22 scope vir baanskiet

Posted: Mon Aug 06, 2012 4:23 pm
by BRNO (Pierre)
Petrie303 wrote: Dagse,

Ek is ok in die mark vir een scope vir my .22. Ek gan hom ok vir baanskiet gebryk en om so nou en dan die lastige goed in die lande en tyn uitsort...

Ek kyk na een van die 2 by SO, wil donderdag gan optel as daar nog oor is:

Nikon Pro Staff 2-7X32 - R1300
Nikon Pro Staff 3-9X40 - R1300

Al 2 kos die selfde ma watter een gan vir 'n .22 beter werk? Daai 2-7X32 dink ek gan lekker werk (le lekker naby an die loop) of gan daai 3-9 met die extra vergrooting beter werk?

Petrie
Ek dink die 3-9 kan dalk beter wees vernam as jy laat skemer of selfs in die aand n probleemdietjie moet gaan verlos.

Re: .22 scope vir baanskiet

Posted: Mon Aug 06, 2012 5:03 pm
by Janjak
Smirre,

Kyk miskien dat jy n scope koop wat die paralaks van kan stel vir die .22 se korter afstande skiet.

Meeste van die teleskope se paralaks is vir 150m ingestel en jy gaan waarskynlik nie verder as 50m met hom skiet nie.
As jy een koop wat die paralaks van kan stel is dit beter vir die .22

Re: .22 scope vir baanskiet

Posted: Tue Aug 07, 2012 3:15 pm
by Petrie303
Dagse,

Ek het toe vir my die laaste Nikon Pro Staff 2-7X32 gekry by S&O... Hoop hy werk lekker op my Brno .22!!!
Gan defnetief beter wees as die 4x40 nicko stirling wat tans op is...of so hoop ek!!

Re: .22 scope vir baanskiet

Posted: Tue Aug 07, 2012 3:31 pm
by BRNO (Pierre)
Baie goeie keuse. Laat weet hoe gemaklik skiet hy

Re: .22 scope vir baanskiet

Posted: Wed Aug 08, 2012 7:43 am
by Smirre
Petrie
hier in BFN beveel almal die nikko sterling aan,
wat is jou ervaring met die scope

ek voel die kruishaar is te dik

Smirre

Re: .22 scope vir baanskiet

Posted: Wed Aug 08, 2012 8:49 am
by Petrie303
Dagse,

Sal lat weet hoe die Nikon werk, kan nie wag nie!
Die Nikko Sterling wat tans op is,is baie oud... kom erens uit die 80's uit...en werk nie so lekker nie, was tyd vir 'n nuwe een!!

Petrie

Re: .22 scope vir baanskiet

Posted: Wed Aug 08, 2012 9:39 am
by JACQUES BOTHA
SMIRRE
Kom onmiddelik weg van daai handelaar wat jou dit aanbeveel....
Jy gaan net nog n scope koop.
my mening
jacques

Re: .22 scope vir baanskiet

Posted: Wed Aug 08, 2012 11:22 am
by Smirre
jaques
Dankie sal so maak

die special by S&O lyk my is verby????? nou R1790

Re: .22 scope vir baanskiet

Posted: Fri Aug 10, 2012 6:19 pm
by Piet Breedt
Ek het vandag by S & O vir my .22 n Nikon Prostaff Target EFR 3 - 9 x 40 AO  teleskoop gekoop. Hy het paralax verstelling van 7m af wat n noodsaaklikheid is as jy op korter afstande ook akuraat wil skiet. Sy beeld is ongelooflik helder.

Dit is n nuwe model wat hulle nou onlangs vrygestel het. Dankie Stefaans, maar onthou net dat ek jou as getuie gaan oproep in my skeisaak as my vrou my los oor julle my so maklik kan ompraat.

Re: .22 scope vir baanskiet

Posted: Sun Aug 12, 2012 11:03 am
by Vantheman
Oom Piet
Ek kry nie daai scope op S&O se website nie. Vertel bietjie meer asb.  Prys ens.

Re: .22 scope vir baanskiet

Posted: Sun Aug 12, 2012 8:33 pm
by TOKELOS
Manne, net my beskeie mening gesien vanuit die oog van n silhouette skiet oogpunt:

Ons naaste diertjies is die metaal hoendertjies op 40m. Scopes wat parralaks vry gestel kan word op hierdie afstand is dus n moet. Ongelukkig is hulle skaars en duur - R8000 plus. Die nikkon kan net vanaf 50m paralaksvry gestel word.

Anders moet mens maar na die goedkoper reekse gaan kyk soos die nico stirling.

Re: .22 scope vir baanskiet

Posted: Sun Aug 26, 2012 8:37 pm
by Piet Breedt
Tokelos, die Nikon wat ek nou gekoop het kan vanaf 7m paralax vry gestel word. Dit is n scope wat Nikon spesiaal vir Rimfire en luggewere ontwikkel het.

Stefaans by S & O sal jou help met n mooi prys. Ek het vir myne R2800.00 betaal. Dit is werklik n baie duidelikke scope, en sy clicks is verskriklik lekker positief. 

Hy het n plex kruishaar met so klein kolletjie in die middel wat baie lekker werk as n fokus punt.

Dit is die Nikon Monarch 2 - 8 x 32 NP, en sy gegewens is nog nie op die website. Dit is n nuwe vrystelling van Nikon.

Ek en Stefan en nog so paar ander kliente het staan en kyk deur n verskeidenheid scopes, en die een het kop en skouers uitgestaan tusssen almal met helderheid. Ek was nie regtig in die mark vir n ander scope vir my .22 nie. Maar toe ek sien hoe mooi die een is, toe koop ek maar. Die bl?rrie verkoopsmanne, hulle het ook geen gewete nie.

Re: .22 scope vir baanskiet

Posted: Mon Aug 27, 2012 1:33 pm
by TOKELOS
Hi Oom Piet!

Sorry man, ek het my post seker geskryf toe jy jou eerste 1 oor die scope al gestuur het! Sien dit nou eers!

Bliks@m, ek was so n maand te vroeg met my koop dan. Was by Stefan vroeg in Julie of einde Junie en het spesifiek gevra vir nikon wat so kan maak. Hul het toe nie gehad en het ek toe maar hier in Bloem vir my n lynx gekoop. Ag maar nou ja, dan is dit nou maar so.

OPLOSSING: Dink ek moet maar nog n ou .22 aanskaf sodat ek daardie nikon kan gaan kooop!