Page 1 of 1

kyk wat het ons mede jagter te se oor gps

Posted: Mon Aug 06, 2012 7:30 am
by cassie_calvinia

Re: kyk wat het ons mede jagter te se oor gps

Posted: Mon Aug 06, 2012 7:50 am
by Gawie(13mm)
Cassie, net een vraag aan daai kenner.
Ek soek ook van daai papier wat ses weke lank aan 'n karoo bos in wind en weer gaan bly sit?!!!!!!!
As hy vir 23 jr op dieselfde plaas jag sal hy die plaas ken en die vlekkies sal hom ook goed ken.
Ek het nog nooit in my lewe 'n jakkals geskiet nie, maar daai kenner se woordeskat laat my twyfel aan sy bekwaamheid as jakkals jagter en of kenner. ???
Sy volgende blog gaan seker wees oor die geskiktheid van 'n "Lee-Metford" as jakkals kaliber.
TYD IS GELD VIR ALMAL!

Re: kyk wat het ons mede jagter te se oor gps

Posted: Mon Aug 06, 2012 7:57 am
by johans
ek gebruik ook nie n gps nie want ek ken my plaas goed,maar ek gebruik ook nie toiletpapier nie

Re: kyk wat het ons mede jagter te se oor gps

Posted: Mon Aug 06, 2012 8:05 am
by BLOK
johans wrote: ,maar ek gebruik ook nie toiletpapier nie
Nou wat gebruik jy as jy klaar is, seker maar mieliestronk of kakiebossie. hehehe

Grap net.

Newat ek dink meeste van ons ken die man wat die skrywe gedoen het so ook al sy ander tierlantynkies, strekies en straalkies.

Re: kyk wat het ons mede jagter te se oor gps

Posted: Mon Aug 06, 2012 8:10 am
by G-force
Eerste keer wat ek van die ou en sy site hoor.Wat ek sien is dat hy n rooikat n "lynx" noem.
Dalk is caracal te lank om uit te tik.

Re: kyk wat het ons mede jagter te se oor gps

Posted: Mon Aug 06, 2012 8:15 am
by James Wilson
Cassie, ek kan maar net my kop skud. ek gebruik n gps maar selde aangesien ek op n plase skiet wat ek goed ken. maar ek kan myself sonder moeite situasies indink waar n gps n moet is.

jammer ook dat die persoon glo dat boere "ou ooms"  is wat niks weet van tegnelogie of aparate nie. in my bedryf is 95% van my kliente boere, en ek kan vir jou se dit is moete om by te bly met al die nuutste tegnologie wat hulle daagliks in hul boerdery gebruik. die domste ding wat jy in besigheid kan doen is om jou klient te onderskat.

Re: kyk wat het ons mede jagter te se oor gps

Posted: Mon Aug 06, 2012 8:24 am
by cassie_calvinia
hy van ons laag james!
ek jag by my, en nog 3 andermense. so 9 plase. dis nioks om jou eoe plaas te ken nie. maar, as vlekkie jou antwoord, hoe ry jy tot daar? jy weet nie of jou pomp nou 1.2 of 1.8km van jou af is nie? of die klipbanke daar anderkant? ek leer nou my plaas ken, maar danksy 'n gps.
kannie sonder die ou nie.

Re: kyk wat het ons mede jagter te se oor gps

Posted: Mon Aug 06, 2012 8:43 am
by Gerhard
Dankie Cassie...

Ek het bietjie humor nodig gehaad op n Maandag oggend.

Re: kyk wat het ons mede jagter te se oor gps

Posted: Mon Aug 06, 2012 9:28 am
by Smirre
More
Ek sien die man ene Gary Laubscher bied 'n kursus aan om jakke en "lynx" in te roep.
Ek het 'n mail gestuur en gevra hoeveel lynxe hy al in SA geskiet het.

Smirre

Re: kyk wat het ons mede jagter te se oor gps

Posted: Mon Aug 06, 2012 9:29 am
by Silent Hunting
Hmmm, wonder wie is RAMBO? Hy is 'n regte "GROEN" teiken. Hulle sal hom uit mekaar ruk.

Re: kyk wat het ons mede jagter te se oor gps

Posted: Mon Aug 06, 2012 9:46 am
by Dawid
Manne voor almal nou op loop raak met wat die man gese het......Dis dalk dinge wat hy gese het voordat hy besef het hoe waardevol n GPS is aangesien hy op sy Website dit duidelik uitspel hoe bakgat die Garmin E Trex is wat hy gebruik.
Kom ons maak net eers seker deur n bietjie deur sy segoed te gaan......bietjie daar rondgevroetel en van die goed is baie ou nuus........Lekker Cowboy maar hy klink alraait. ;D

Groetnis

Re: kyk wat het ons mede jagter te se oor gps

Posted: Mon Aug 06, 2012 1:56 pm
by Louis102
Ek moet nogal met die ou saamstem, indien hy nie intelegent genoeg is om 'n GPS produktief aan te wend vir jakkalsjag nie, waarom een aanskaf?  Help nie mens het 'n stuk gereedskap, maar weet nie hoe dit werk of waarvoor om dit te gebruik nie.

Ai tog!

Louis