Page 1 of 1
Dagroep jakkals
Posted: Sun Aug 05, 2012 6:20 am
by henrygriffiths
dagse wil net n foto deel van my eerste dag roep sukses met my nuwe spitfire, het die roeper vroeg more in oop kol gesit en 50m verder met my rug teen n boom gaan sit en geroep met hasie in distress
Die teef het dadelik ingehardloop gekom en 10m van die spitfire vasgesteek toe praat die 300H&H!

Re: Dagroep jakkals
Posted: Sun Aug 05, 2012 12:41 pm
by frinam
Geluk Mater, so 'n teef tydens die dag geskiet is altyd iets om op trots te wees, was sy dragtig of soog sy al? Duitswes groete-Frinam
Re: Dagroep jakkals
Posted: Sun Aug 05, 2012 1:55 pm
by Pvdw
Hunter ek sien daar is 4 doppe in daai houer op die kolf, ek hoop nie die 300 sukkel so om jak dood te kry nie
Mooi man, ek beplan self my eerste dagroep komende Woensdag. Hoop ek het ook 'n foto om te wys
Peet
Re: Dagroep jakkals
Posted: Sun Aug 05, 2012 4:55 pm
by Frederik
Mooi groot jak

Re: Dagroep jakkals
Posted: Mon Aug 06, 2012 5:38 am
by Dawid
Mooiso 505, baie geluk.
Het sy mooi wind op uitgekom of soos ek hulle ken sommer net uitgekom klank toe aangesien hulle baie vertrou op hulle sig deur die dag?
Groetnis
Re: Dagroep jakkals
Posted: Mon Aug 06, 2012 7:21 am
by Freddie101
frinam wrote:
Geluk Mater, so 'n teef tydens die dag geskiet is altyd iets om op trots te wees, was sy dragtig of soog sy al? Duitswes groete-Frinam
Frikkie
Bly om jou weer hier te sien. Lank laas gesien of gehoor.
Sterkte.
Re: Dagroep jakkals
Posted: Mon Aug 06, 2012 7:22 am
by G-force
Mooi gedoen!Skoon jaloers.
Re: Dagroep jakkals
Posted: Mon Aug 06, 2012 7:48 am
by BLOK
Lekker man, het darem self al n groot klomp met my Hondsdol Hond gestamp moet ook dan bieg daai Ballistic's stamp hulle dat hulle baie erger lyk.
Mooi gedoen.
Re: Dagroep jakkals
Posted: Mon Aug 06, 2012 1:02 pm
by Marc
Re: Dagroep jakkals
Posted: Mon Aug 06, 2012 1:15 pm
by henrygriffiths
Dankie baie gaan kyk of ek die week nog paar keer kan roep! Pvdw die ander doppe was darm nie ook op die jakkals nie
