Page 1 of 1

Herlaaidata vir 7mm Tombi Mk I

Posted: Thu Aug 02, 2012 8:30 pm
by PWV
Ek het nou 'n Tombi en kry goeie resultate met 48 gr. SW365 en 162 gr. Hornady BTSP Interlock.  Enigiemand wat ook met hierdie geweer skiet?  Gee jou bevindings, aqsseblief.

PWV

Re: Herlaaidata vir 7mm Tombi Mk I

Posted: Fri Aug 03, 2012 8:58 am
by tau
Pieter Willem Vorster wrote: Ek het nou 'n Tombi en kry goeie resultate met 48 gr. SW365 en 162 gr. Hornady BTSP Interlock.  Enigiemand wat ook met hierdie geweer skiet?  Gee jou bevindings, aqsseblief.

PWV
Geen bydrae nie, behalwe dat ek meer wil weet oor jou wapen.

Re: Herlaaidata vir 7mm Tombi Mk I

Posted: Fri Aug 03, 2012 2:47 pm
by fvh1
Kontak Oom Chris van Niekerk by 0822985272//0219767981. Hy het die Tombi ontwerp en is die guru daarvan. Die tombi het al vir SA n wereld beker gewen. Is uiters akkuraat en baie bisley manne skiet hom tot 900m.Daar is heel paar in omtrek.

Re: Herlaaidata vir 7mm Tombi Mk I

Posted: Fri Aug 03, 2012 4:35 pm
by tau
fvh1 wrote: Kontak Oom Chris van Niekerk by 0822985272//0219767981. Hy het die Tombi ontwerp en is die guru daarvan. Die tombi het al vir SA n wereld beker gewen. Is uiters akkuraat en baie bisley manne skiet hom tot 900m.Daar is heel paar in omtrek.
Ek het hom so, maar wil maar net geweet het hoe werk hy as jag geweer.

Re: Herlaaidata vir 7mm Tombi Mk I

Posted: Fri Aug 03, 2012 5:41 pm
by tripodmvr
Pieter Willem Vorster wrote: Ek het nou 'n Tombi en kry goeie resultate met 48 gr. SW365 en 162 gr. Hornady BTSP Interlock.  Enigiemand wat ook met hierdie geweer skiet?  Gee jou bevindings, aqsseblief.

PWV
Sien daar word 'n Tombie Mk 4 in Quick load gelys - is dit dieselfde kaliber? Doplengte 59,41mm en volume van 60,80gr water.

Re: Herlaaidata vir 7mm Tombi Mk I

Posted: Sat Aug 04, 2012 6:53 pm
by DSBW
Pieter

48gr is min of meer 60 tot 70% ladig sou ek s?. Ek weet egter nie veel verder van jou Tombe, maar myne het 'n 28" loop, dit is ook 'n merk I, en my lading op die 168gr Bergers is 50.5gr S365, vir 'n spoed van 2850Fps. Ek kan nie veel ho?r gaan nie, op 51.5 verloor jy maklik primers, dus beskou ek hierdie as 'n maksimum lading in myne. Dit mag natuurlik heelwat verskil in jou wapen.

Wie het jou geweer gebou? Die verwysing na Chris van Niekerk is heeltamal korrek, hy is die ontwerper, en sal jou heelwat meer inligting kan gee as ek, maar ek kan jou verseker dat daar baie min, indien enige akkurater 7mm's is as 'n Tombi MerkI

Groete

Dawie

Re: Herlaaidata vir 7mm Tombi Mk I

Posted: Fri Nov 09, 2012 3:48 pm
by PWV
Dawie
Ja, ek weet ek laai miskien bietjie laag (48gr. S365) vir die 162gr. Hornady BTSP of SST, maar ek kry 'n uitstekende groepering teen 2750 v/s.  Wat 'n akkurate geweer, hierdie Tombi van Chris van Niekerk!  Vir die wqat nie weet nie:  'n Tombi is 'n 7mm loop waarvan die kamer effens vergroot is ("wild cat").  Nek 8x57 doppe af tot 7mm en vuurvorm dit in die Tombi.  Ek weet manne soos Simon Karsten skiet to 700/800 meter.  Ek is nie so goed nie en skiet tot op 400m maklik 'n kopskoot op springbokke. 
Groetnis, Tombi-manne
Pieter Willem Vorster

Re: Herlaaidata vir 7mm Tombi Mk I

Posted: Tue Nov 20, 2012 2:38 pm
by Louis Kriel
Oom Pieter ek sien oom se gemsbok foto het ook die Magnum gehaal! Baie mooi. Daai 3-12 Monarch wat oom teen so lekker prys gekry het, het oom nog werk vir hom?

Re: Herlaaidata vir 7mm Tombi Mk I

Posted: Tue Nov 20, 2012 3:11 pm
by Frikkie Coetzee
Manne

Ek het n 7mm Tombi merk 3. Jy maak sy doppe van 30-06.

Ek het ook n 7x57 AI met 40grade skouer. wat baie soortgelyk is aan die MK1. Jy kan letterlik nie die verskil met die blote oog sien nie. ( daar is n ou hier wat een het en ek het beide se doppe ).

Ek luister graag.

Frikkie

Re: Herlaaidata vir 7mm Tombi Mk I

Posted: Tue Nov 20, 2012 11:08 pm
by PWV
DirtyOldsix

Die 3-12 Monarch werk nog goed - op my 7x57 Mauser.  Hoe gaan dit met jou Leopold?

Gaan more skiet op Durbanville-baan.  Die van julle wat wil kom kyk hoe werk 'n Tombi, is welkom.  Koop net 'n kaartjie by die hek! Ha..ha...ha

Pieter W.V.