Page 1 of 1
Operasie Tjank Aftrap II (OTA II)
Posted: Sat May 01, 2010 5:38 pm
by Louis102
Jakkalsjag-vriende
Daar is 'n gevoel uitgepreek dat na die welslae van die eerste Operasie Tjank Aftrap, daar nou weer 'n behoefte is om met die goeie werk voort te gaan. Lug asb. hier julle menings omtrent doelwitte, datums en dies meer sodat ons die idee momentum kan gee.
Is hierdie die regte plek om hierdie Operasie te loods/te bespreek, of hoort dit onder "Lede Alleen"? Gesels asb. saam. Miskien moet elkeen van ons net weer 'n slag die Jaracal Gedragskode vir Spesialis Roofdierjagters deurlees vir 'n begin.
Of hoe?
Louis
Re: Operasie Tjank Aftrap II (OTA II)
Posted: Sat May 01, 2010 6:12 pm
by Christo
Lede alleen is goed
Datums soos reeds genoem is goed
Gedragskode van selfsprekend
Wanneer skuif ons
Re: Operasie Tjank Aftrap II (OTA II)
Posted: Mon May 03, 2010 5:57 pm
by Biker
LOUIS 102
OTA voorwards. Miskien moet die manne sommer ook se wat werk. Ek sukkel my g%*$ AF met die paar jakkies wat oorgebly het.
BIKER
Re: Operasie Tjank Aftrap II (OTA II)
Posted: Mon May 03, 2010 7:11 pm
by tafjak
Biker
Enige Combo klank(klein hasie combo) 2keer deur voor enige jakkalsroep.
Re: Operasie Tjank Aftrap II (OTA II)
Posted: Mon May 03, 2010 9:08 pm
by Rudie Combrinck(9mm)
Se net waner maan raak donker!
Re: Operasie Tjank Aftrap II (OTA II)
Posted: Mon May 03, 2010 9:22 pm
by Raven
Christo wrote:
Datums soos reeds genoem is goed
Ek het die datums gemis iewers, kan iemand dit deurgee asb.
Dankie Raves
Re: Operasie Tjank Aftrap II (OTA II)
Posted: Mon May 03, 2010 9:28 pm
by Rudie Combrinck(9mm)
Hou net in gedagte die wereld hier is ng steeds an te reen.
Het saterdag aand reeds huistoe gestap vir knersus ordentlik begrawe!
Re: Operasie Tjank Aftrap II (OTA II)
Posted: Mon May 03, 2010 9:32 pm
by theedge
Stem met Christo
Re: Operasie Tjank Aftrap II (OTA II)
Posted: Mon May 03, 2010 9:50 pm
by Ambessa
Hallo Raven
...en die stene, hoe gaan dit met hulle?
Ambessa
Re: Operasie Tjank Aftrap II (OTA II)
Posted: Mon May 03, 2010 10:01 pm
by Ambessa
Hallo almal
tafjak wrote:
Ambessa wrote:
Mooi. Is dit OTA II? [Met volle kopiereg aan Louis102]
As Louis die ja-woord gee, is die afskop 24h00 die nag van die 4de Mei.
So dit begin moreaand - al re?n dit of is dit hoogwater - so klink dit vir my...
Ambessa
Re: Operasie Tjank Aftrap II (OTA II)
Posted: Mon May 03, 2010 10:13 pm
by Ambessa
Hallo almal
Om die geheue te verfris oor die data wat geneem moet word, gaan kyk weer na Reply #242 on: March 19, 2010, 01:43:08 PM onder "Liggaamsmates (rooijakkalse & rooikatte)".
Ambessa
Nota: Bedink net of die info wel hier op die oop forum gegee moet word - onthou daar is ko?rdinate wat verskaf word.
Re: Operasie Tjank Aftrap II (OTA II)
Posted: Tue May 04, 2010 10:05 am
by Louis102
As dit dan is wat nodig is:
[align=center]
OTA II skop dan vannag (4de Mei 2010) om 24h00 af en die sluitings datum word oopgehou tot latere kennisgewing.[/align]
Doelwitte:
- Om skade a.g.v. predasie in te perk.
- Mates en informasie soos elders uiteengesit in te vorder
- Spesifiek te let op dragtigheid, aldan nie van jakkalstewe
- Foto's en inligting te versamel ten einde 'n data basis daar te stel wat kan help met navorsing
Almal wat aan hierdie operasie deelneem word ernstig versoek om te voldoen aan die
Jaracal Gedragskode vir Spesialis Roofdierjagters.
Re: Operasie Tjank Aftrap II (OTA II)
Posted: Tue May 04, 2010 10:26 am
by Louis102
Hierdie onderwerp verskuif nou na die volgende link: http://jaracal.com/http://jaracal.com/phpbb//viewtopic.php?t=5
Plaas asb. alle inligting en materiaal onder lede alleen. Ons wil sensitiewe mense waarsku dat daar foto's en inligting geplaas gaan word wat baie ontstellend kan wees. Vermy asb. die onderwerp as jy nie foto's van dooie roofdiere, veskeurde vee ens. wil sien nie.