Page 1 of 1
bevoegdheid
Posted: Wed Aug 01, 2012 6:59 pm
by johans
naand manne,hoop iemand kan my raad gee asb.ekt paar jaar terug my bevoegdheid gedoen vir handwapen,jaggeweer en haelgeweer.my kaartjie het gekom en op hom staan;firearm,rifle and shotgun.toe ek my eerste pistool wil koop se die polisie vir my eks nie bevoeg vir n handwapen nie,daar moet handgun op die kaart staan en nie firearm nie.ek doen toe aansoek vir n nuwe kaart want dis mos hulle fout.dis nou n jaar later en die stasie kan my geen antwoorde gee nie.wat nou

Re: bevoegdheid
Posted: Wed Aug 01, 2012 7:16 pm
by Beretta
Al wat ek kan se is sterkte dit is n verdomde skande dat mens se tyd en geld so gemors moet word en niemand wil eers so min as se ek is jammer nie. Skande man skande. Maar nou ja ons is mos net haas manne en nie burgers van die land nie.
Beretta
Re: bevoegdheid
Posted: Wed Aug 01, 2012 7:58 pm
by JAGTERSREG-JRM
Dagse Johan,
Die polisie stasie is veronderstel om daar vir jou die bevoegtheid te kan uitdruk maar as hulle eers die fout moet regstel gaan dit n pyn wees.Skree maar as jy raad kort
Groete
Kobus
Re: bevoegdheid
Posted: Wed Aug 01, 2012 8:29 pm
by johans
dankie manne
Re: bevoegdheid
Posted: Wed Aug 01, 2012 8:47 pm
by G-force
Daar is nie meer kaarte vir dit nie net n print out.As jy aansoek doen vra net die DFO om n printout saam die aansoek intesit.Hopelik staan daar handwapen op die sisteem en nie firearm nie.
Re: bevoegdheid
Posted: Thu Aug 02, 2012 7:32 am
by blaser
los dit so firearm dek alles jy is bevoeg vir enige iets wat lood gooi
Re: bevoegdheid
Posted: Thu Aug 02, 2012 8:11 am
by Yogi
Ek ket my bevoegdheid so paar jaar terug gedoen slegs vir jaggeweer. Dit is nou 5jaar later en die kaartjie s? hy verval nou. Maar vir jaggeweer is dit mos veronderstel om langer te wees. My lisensies het nog paar jaar oor. Moet ek dit gaan hernu of nie. Die opleidings sentrums s? ek moet dit hernu. Die polisie s? nee dit is nie nodig nie. Nou wat nou?
Re: bevoegdheid
Posted: Thu Aug 02, 2012 8:20 am
by G-force
Yogi wrote:

Jou bevoegdheid vir n sekere tipe wapen BLY geldig solank jy n geldige lisensie het wat onder daai tipe wapen val.
Re: bevoegdheid
Posted: Thu Aug 02, 2012 8:26 am
by Eugene
G-force wrote:
Yogi wrote:
Ek ket my bevoegdheid so paar jaar terug gedoen slegs vir jaggeweer. Dit is nou 5jaar later en die kaartjie s? hy verval nou. Maar vir jaggeweer is dit mos veronderstel om langer te wees. My lisensies het nog paar jaar oor. Moet ek dit gaan hernu of nie. Die opleidings sentrums s? ek moet dit hernu. Die polisie s? nee dit is nie nodig nie. Nou wat nou?
Jou bevoegdheid vir n sekere tipe wapen BLY geldig solank jy n geldige lisensie het wat onder daai tipe wapen val.
Klient van my ook soortgelyke probleem gehad en ek het gister dit met die grootkoppe by die NVR uitgeklaar. Dit is soos G-force s?, jou bevoegdheid bly geldig vir solank as wat jy 'n geldige lisensie vir daardie wapen het, maw as jy elke keer jou lisensie hernu, bly jou bevoegdheid geldig, jy hoef dit nie ook te hernu nie.
Groete
Re: bevoegdheid
Posted: Thu Aug 02, 2012 10:29 am
by johans
g-force ek dink nie die spul hier by ons weet wie of wat n dfo is nie.hoe lyk julle kaartjies indien julle het,se dit firearm of handgun?
Re: bevoegdheid
Posted: Thu Aug 02, 2012 11:02 am
by Yogi
Baie danki almal,nou bietjie meer gerus.
Re: bevoegdheid
Posted: Sun Aug 05, 2012 9:11 pm
by G-force
johans wrote:
g-force ek dink nie die spul hier by ons weet wie of wat n dfo is nie.hoe lyk julle kaartjies indien julle het,se dit firearm of handgun?
Myne se handgun.
Re: bevoegdheid
Posted: Fri Sep 07, 2012 8:34 pm
by johans
ekt toe nou vandag my printout gekry vir handgun.my bevoegdheid is al desember goedgekeur maar die kaartjie is nog nie hier nie.ek sien vandag my bevoegdheid verval 20ste van die maand.my geweerlisensies verval 2018,die boy by die stasie se my bevoegdheidskaartjie sal ook tot 2018 geldig wees al staan daar hy verval nou,is dit waar?
Re: bevoegdheid
Posted: Fri Sep 07, 2012 10:17 pm
by Jacko
johans wrote:
ekt toe nou vandag my printout gekry vir handgun.my bevoegdheid is al desember goedgekeur maar die kaartjie is nog nie hier nie.ek sien vandag my bevoegdheid verval 20ste van die maand.my geweerlisensies verval 2018,die boy by die stasie se my bevoegdheidskaartjie sal ook tot 2018 geldig wees al staan daar hy verval nou,is dit waar?
Dis korrek.
Die eerste bevoegdheidslisensies was net vir 5 jaar geldig, maar dis intussen verander sodat dit geldig is so lank as wat jy 'n lisensie vir daardie klas vuurwapen het.
Ek is laasweek deur die proses.
Het aansoek gedoen vir nuwe 30-06 se lisensie (hulle het nooit my bevoegdheidssertifikaat/kaartjie vir my gestuur toe ek in 2007 nuwe lisensies gekry het nie) en hulle het ingebel na die persoon met die nodige bevoegdheid hier in die Kaap. Sy het dit op die stelsel verander en ek het daar en dan 'n uitdruk van my nuwe bevoegdheidsertifikaat gekry. Gestempel en alles.
Hulle het dan ook aan my verduidelik dat dit geldig bly solank ek geldige lisensies vir handwapens en gewere het.
Sterkte.
Re: bevoegdheid
Posted: Sat Sep 08, 2012 7:21 am
by johans
dankie jacko,was net bang hulle het weer n verskuilde agenda om vir my later te se eks nie meer bevoeg nie.ek verstaan nie hoe die bevoegdheid voor die lisensie kan verval nie,en hoekom verval n bevoegdheid,dis so goed na tien jaar se ek vir n dokter hys nou nie meer bevoeg om een te wees nie,asjy die kursus voltooi het is jy mos kla bevoeg.
Re: bevoegdheid
Posted: Thu Sep 13, 2012 11:09 am
by RUPERT
johans wrote:
ekt toe nou vandag my printout gekry vir handgun.my bevoegdheid is al desember goedgekeur maar die kaartjie is nog nie hier nie.ek sien vandag my bevoegdheid verval 20ste van die maand.my geweerlisensies verval 2018,die boy by die stasie se my bevoegdheidskaartjie sal ook tot 2018 geldig wees al staan daar hy verval nou,is dit waar?
My bevoegheid is op die 4de September gedoen Pta het my gese dat hulle nie meer die bevoegdheid op n kaartjie gaan doen nie en dat ek na die stasie moet gaan waar ek my aansoek in gehandig het en hulle sal dit vir my print.Ek het dit gedoen en nou sit ek met n bevoegheid sertifikaat wat lyk of my dogter van 12 jaar dit kon doen.Teminste sit hulle die S.A.P.S stempel op.Dit word glo so gedoen om die proses vinniger te maak.
(Jammer my kind ek het nie bedoel jy werk so swak soos die staat nie.)

Re: bevoegdheid
Posted: Mon Oct 29, 2012 9:16 pm
by BenG
Verdomde piesangrepubliek, kan ook nie die stelsels en reels wat hulle maak by bly nie en verander dinge soos hulle voort ploeter.