Page 1 of 1

raadop

Posted: Wed Aug 01, 2012 6:15 pm
by johans
kerels die jakkals maak my klaar,vang elke 2de aand 2 lammers.ekt geroep al tot ek blou is maar niks.al wat nou oor bly is voorsitjag maar dit vat baie mense

Re: raadop

Posted: Wed Aug 01, 2012 6:37 pm
by Dawid
Jy sal maar n kleiner kamp moet span en saans die skaap daarin ja en al wat dan oorbly is om hom te loop inwag sonder om te roep.....net doodstil te sit en lig met jou lig goed "gedim"
Smaak my dis n kerel wat vinnig inkom, sy ding doen en pad vat......Hy`s n skelm vark.

Sterkte.

Re: raadop

Posted: Thu Aug 02, 2012 6:47 am
by Chrisjan
Ai, johan.

Wat van as jy net met geweer, batery, lig en skietstok naby die skape sit. Nie roep nie. Net sit en wag vir die kakals. Met so 'n klein profiel kan jy naby sit. Sit op 'n krat anders gaan jou gat af vries! Moet nie wag vit donker maan, gaan so half maan. Ek dink hy gaan vroeg inkom.

Stuur groete aan Henry en Swys

Btw, vang hy op dieselfde plek? Julle het dit nie maklik nie. Aanhou sal wen.

Re: raadop

Posted: Thu Aug 02, 2012 8:53 am
by FCLoretz
Hi Johan,

Jammer om te hoor van die verliesse.

Ek weet absoluut niks van jakkals jag af nie. Maar is bereid om jou te help met 'n voorskiet sessie as jy hulp nodig het.

Pm my as jy hulp nodig het.

Re: raadop

Posted: Thu Aug 02, 2012 10:40 am
by johans
FC dankie maar jys bietjie ver van my af.crisjan die moeilikheid is daars springhaas neste in die kamp waar hy vang,hulle gaan jou mal maak met die oe.ja hy vang elke keer op dieselfde plek.dit moet n meester wees want hy loop verby ander klein lammers om daar naby die huis te vang.hy antwoord op geen roep nie,wys nie eers oog nie,gaan vanmiddag weer probeer,die -7grade van die nag is bietjie rof

Re: raadop

Posted: Thu Aug 02, 2012 12:49 pm
by Dawid
Johan........wag n bietjie......Hy los die klein lammers en die springhase en vang naby die huis.... ??? ??? ???Wys nie oog nie  ??? ???

Kry jy darem oorblyfsels..van die groot lammers  ??? ???en watse oorblyfsels  ??? ???

Indien nie...........2 been Jakkals.. ??? ??? ???

Re: raadop

Posted: Thu Aug 02, 2012 12:54 pm
by johans
nee,dawid dis paar dae oue lammers.kry die karkas met melkpens uitgehaal.dit lyk of hy die lammers naby hom los sodat hy nie sy blyplek weggee nie

Re: raadop

Posted: Thu Aug 02, 2012 12:55 pm
by Geno
Waar's die jakkals wat vang se kerngebied?
Melkpens wat gevreet is kan dalk dui op 'n teef wat kalsium soek (vir haar eie kinders/dragtigheid).

Watse roepe gebruik jy?

Re: raadop

Posted: Thu Aug 02, 2012 1:01 pm
by Smirre
Hi
Is die jakke nie al oorroep nie?

Stille dood lyk na die enigste opsie
wat van Ysters?

Smirre

Re: raadop

Posted: Thu Aug 02, 2012 1:16 pm
by Dawid
Paar dae oue lammers dan is die melk al mooi skoon wat hulle inkry....in n groot area gaan dit bars gaan en ek se steeds kry hulle saans in n kleiner kamp en dan is dowwe lig, wag en geduld die antwoord......as jy moet roep stel ek voor Kleinjak distress, slegs kort roepies en stilte.

Jy sal maar die koue moet aandurf ou maat......Times are Tuff.

Groetnis en sterkte

Re: raadop

Posted: Thu Aug 02, 2012 3:04 pm
by cassie_calvinia
oom taf het so week terug gese, die tyd van die jaar moet 'n mens nie naby vang plekke roep nie. hulle baie skelm en versigtig nou naby vangplekke.  ten minste 1km van daar af.
gaan kry die duiwel se kern, en skiet hom daar.
sterkte

Re: raadop

Posted: Fri Aug 03, 2012 12:15 am
by visstok
Johans, dalk n dom vraag, kon jul aan byt merke en spore verseker se dis jakkals? As elke 2de aand gevang word, kan dit nie ver van sy kern gebied wees nie. As jul duidelik spore kan kry, kan jul nie probeer bepaal uit watter rigting die skuldige kom nie en hom daar gaan voorsit? Hoop jy kry die kwaad doener vinnig! Sterkte!

Groete Alex

Re: raadop

Posted: Fri Aug 03, 2012 6:44 pm
by johans
ekt niks gekry met die dagroep nie,het gistraand na 5min se roep n groot groukat geskiet,hyt sommer vinnig ingekom en was in die kamp waar gevang word.ek het meestal kos gebruik,springhaas ore,vlakhaas en steenbok,met n baie kort jak aleen tussen.die plek wa ek dink die jak bly is so 2km van wa hy vang.ekt nog nie kans gekry om self van die dooie lammers te sien nie,gaan maar op die werkers se beskrywing,hulle weet darm al min of meer hoe lyk jak vang.hopelik was dit die kat,wag nou in spanning