Page 1 of 1

Bosvarke

Posted: Wed Aug 01, 2012 10:09 am
by Rasmus
Synde dat dit weer volmaan is het ek gister aand bietjie gaan loer vir varke.

Ek wou net eers seker maak die majuba gooi waar hy altyd gedoen het. Hy het onlangs n terminator opgekry..

Verskoon die bloed in die fotos

So lyk hy deesdae

Image

Hy skiet nog reg..

Image

Ek het vroeg by die voerplek gaan sit maar teen half nege het niks ingekom nie en het dit bietjie koud geraak...

Oppad huistoe ry ek toe gou n draai deur die lande en kom toe op die twee af.......

Tot die dood ons skei..

Image

Die beer het groot vratte

Image

Sog lekker vet!

Image

Beer

Image

Re: Bosvarke

Posted: Wed Aug 01, 2012 10:15 am
by Gerhard
Mooi man.

Het jy hulle met die spot light geskiet of maan lig?

Ek gaan later in die maand Dullies toe waar die lande nou gestroop word.

Meskien moet ek n draai om die lande gaan stap een aand...

Die 303 van jou lyk sommer spoggerig.

Wat se ladings skiet jy?

Re: Bosvarke

Posted: Wed Aug 01, 2012 10:20 am
by DWB
Baie mooi man!!!

Re: Bosvarke

Posted: Wed Aug 01, 2012 10:25 am
by Rasmus
Gerhard

Dit was eintlik so half verneukery gewees. Ek het sommer met maanlig en die kar se ligte geskiet....

Toe ek uitspring en handbriek optrek toe steek die twee varke vas. Eerste beer geskiet en toe die sog.

Ek laai 150 gr Hornady of pmp's 41gr S335.

Einde Aug is dit weer volmaan probeer om dan dullies toe te gaan. Gaan jy in die week of oor naweek?

Re: Bosvarke

Posted: Wed Aug 01, 2012 10:33 am
by Gerhard
Rasmus wrote: Gerhard

Dit was eintlik so half verneukery gewees. Ek het sommer met maanlig en die kar se ligte geskiet....

Toe ek uitspring en handbriek optrek toe steek die twee varke vas. Eerste beer geskiet en toe die sog.

Ek laai 150 gr Hornady of pmp's 41gr S335.

Einde Aug is dit weer volmaan probeer om dan dullies toe te gaan. Gaan jy in die week of oor naweek?
Ek beplan om n week se verlof te vat vd 20st af.

Die 25ste is forel fees op Elandskloof.

Die week wil ek jakkalse oes en dalk weer n bosvark aan tree.

Die maan is dan nog nie mooi vol nie maar dit behoort nie te pla om n draai in die gestroopde lande te loop nie.

Re: Bosvarke

Posted: Wed Aug 01, 2012 11:05 am
by Rasmus
Verseker nie veral as jy n lekker flits of daai kop liggie saam vat nie!

Die jakkalse het lekker geroep gisteraand.

Re: Bosvarke

Posted: Wed Aug 01, 2012 11:12 am
by Gerhard
Rasmus wrote: Verseker nie veral as jy n lekker flits of daai kop liggie saam vat nie!

Die jakkalse het lekker geroep gisteraand.
Ons moet plan maak met daai jakkalse van jou.

Die Ledlenser H14 is op die kop vir soek en die P7 is op die geweer vir skiet.

Re: Bosvarke

Posted: Wed Aug 01, 2012 8:00 pm
by JAGTERSREG-JRM
[align=left][/align]


Daai lyk nou lekker.,.......aaai aaai ek mis die dae

Re: Bosvarke

Posted: Thu Aug 02, 2012 2:04 pm
by Vosman
Rasmus, Ek is jaloers pella!
Al wat ek kry op 'n bosvarkjag is 'n gout aanval! ;D
Mooi gegooi pella!

Re: Bosvarke

Posted: Fri Aug 03, 2012 9:11 am
by Rasmus
Ja ou Vosman

Sorry man reunies veroorsaak sulke dinge!! Jou moet gou spring voor die reen kom! Die varke is baie!