Page 1 of 1

Trotse man

Posted: Tue Jul 31, 2012 10:33 am
by Ruhan
Ek was hierdie naweek baie trots met my vroutjie se eerste bok!
Na baie tyd op die skietbaan en papierbokke skiet was sy reg vir die jagveld.

Ons het na lank gesoek 'n rammetjie gekry wat so 50m van ons af gestaan het en sy het hom 'n mooi bladskoot geskiet. Hy het 40m gehardloop en neergeslaan.

Al wat ek kan se is dat 'n .243 koe?ltjie nie gaaf op 'n blad is op so kort afstand nie.

Re: Trotse man

Posted: Tue Jul 31, 2012 11:03 am
by Geno
Netjies! S? geluk aan Mamma!

Re: Trotse man

Posted: Tue Jul 31, 2012 11:04 am
by BRNO (Pierre)
Baie baie geluk. Ons het ook so twee weke terug dieselfde ervaring gehad, nou is ek my geweer kwyt. Pasop!

Re: Trotse man

Posted: Tue Jul 31, 2012 11:06 am
by kopskoot
Pierre van der Merwe wrote: Baie baie geluk. Ons het ook so twee weke terug dieselfde ervaring gehad, nou is ek my geweer kwyt. Pasop!
Piere

moenie kla nie, nou kan jy mos nog een koop!

Re: Trotse man

Posted: Tue Jul 31, 2012 11:08 am
by Marc
Baie geluk

Ek het self die naweek die vooreg gehad om saam mamma te gaan jag vir haar eerste bok. Mag daar nog baie wees  8)

Mooiloop
Marc

Re: Trotse man

Posted: Tue Jul 31, 2012 12:12 pm
by Eugene
Baie mooi en baie geluk!

Dis lekker as 'n man se vrou belangstel en deel het aan sy stokperdjie! :)

Geniet dit lekker saam in die jagveld!

Groete

Re: Trotse man

Posted: Tue Jul 31, 2012 1:07 pm
by SmitH
Baie geluk aan jou vrou dit bly maar lekker as jou vrou saam in die veld is my vrou en dogter het die naweek wat verby is elk hul 2de springbok geskiet

Re: Trotse man

Posted: Tue Jul 31, 2012 1:35 pm
by FHM
Baie geluk aan jou en jou beter helfte Ruhan. ;)