Page 1 of 1
Aluminiun Mounts?
Posted: Fri Jul 27, 2012 8:43 am
by LUAN
Ek het nou al baie gehoor van mounts en dat staal ringe beter is maar tog is daar baie bekende name wat aluminium mounts maak. Soos bv. die Burris xtr(extreme tactical) met 3 skroefies en hulle kos nogal.
So is aluminium mounts nie aanbeveelbaar of kan mens dit gebruik op jou algemene kalibers?
Re: Aluminiun Mounts?
Posted: Fri Jul 27, 2012 9:13 am
by tripodmvr
Ek kan nog dink dat die tipe ringe vir randslag en ligte skoppers (222, 223) sal doen. Ek sal bly by die staal vir groter kalibers.
Re: Aluminiun Mounts?
Posted: Fri Jul 27, 2012 9:24 am
by Lourens
Vir die goed wat skop is daar net 1 pad, en dis staal ringe. My 50cal voorlaaier het so 3 jaar gelede binne 25 skote 'n stel alliminium ringe flenters geskop.
Re: Aluminiun Mounts?
Posted: Fri Jul 27, 2012 9:41 am
by LoveHenties
My pa se .30-06 het Parker Hale aluminium ringe opgehad. Die laaste 2 koedoes was kwesskote wat eers die volgende dag gekry is. Dit het my pa laat ophou jag. Toe ek die geweer erf, laat ek nuwer Burris opsit by VLT. S? hulle daar ek moet vir Thor gaan, wat ek toe maar doen. Volgens hulle was die voorste ring gekraak. Skiet heel goed nou.
Re: Aluminiun Mounts?
Posted: Fri Jul 27, 2012 9:52 am
by LUAN
Tog is daar baie wat die tactical roete gaan met aluminium ringe op .308's vir langafstand skiet ens.
Re: Aluminiun Mounts?
Posted: Fri Jul 27, 2012 10:16 am
by Louis Kriel
Die aluminium ringge op my Winchester .22 het R80 gekos. Ek het hulle nou vervang met die goodkoopste staalringe by S&O vir R500!
Re: Aluminiun Mounts?
Posted: Fri Jul 27, 2012 10:27 am
by LUAN
Ja dis nog n ding wat ek probeer verstaan is hoekom kos mounts baie? Hulle is mos net van n stuk staal gemaak hoe moeilik kan dit wees? Daars ringe van R1000+!!
Re: Aluminiun Mounts?
Posted: Fri Jul 27, 2012 10:59 am
by LoveHenties
*303* wrote:
Ja dis nog n ding wat ek probeer verstaan is hoekom kos mounts baie? Hulle is mos net van n stuk staal gemaak hoe moeilik kan dit wees? Daars ringe van R1000+!!
Die staal is R2-00, om hulle te machine binne 0.001mm, die res...