Page 1 of 1
Skiet deur teleskoop
Posted: Thu Jul 26, 2012 10:49 am
by FCLoretz
Dag se Manne,
Ek het 'n ding wat my nou al pla vandat ek verlede maand my koedoe geskiet het. Soos die jag oor en oor in my kop herhaal word dit meer en meer vir my 'n probleem.
Die probleem loop soos volg.
Wanneer jy aanle deur die teleskoop aanle op hetsy, 'n papier bok, papier teiken of jou biltong/trofee bok. Hoe mik jy deur jou teleskoop, waar laat jy jou oog toe om te fokus? Fokus jy op waar jy wil skiet of op die kruishaar?
Re: Skiet deur teleskoop
Posted: Thu Jul 26, 2012 10:53 am
by Eugene
Met die boog, konsentreer ek net op die plek waar ek wil skiet en ek wag tot my brein die pin tot op daardie plek laat rus, dit werk vir my beter as die alternatief, so ek doen dit met die teleskoop ook!
Nou moet ek bys?, ek skiet met albei o? oop (hetsy geweer of boog) en dit verander bietjie die prentjie. Klaarblyklik kan almal dit nie doen nie, as gevolg van linker/regter oog dominansie.
As ek verkeerd doen, laat weet, ek luister en leer graag!
Re: Skiet deur teleskoop
Posted: Thu Jul 26, 2012 10:54 am
by BLOK
sENTER VAN DIE KRUISHAAR.
Re: Skiet deur teleskoop
Posted: Thu Jul 26, 2012 10:55 am
by pietjacobs
Eugene wrote:
Met die boog, konsentreer ek net op die plek waar ek wil skiet en ek wag tot my brein die pin tot op daardie plek laat rus, dit werk vir my beter as die alternatief, so ek doen dit met die teleskoop ook!
Ek doen dit ook so ja
Re: Skiet deur teleskoop
Posted: Thu Jul 26, 2012 11:00 am
by FCLoretz
Ludwig wrote:
As die scope se oogstuk en paralaks reg gestel is, sal die teiken en kruishaar op dieselfde "focal plane" wees, en beide sal in fokus wees. As jou oog fokus moet verander tussen kruishaar en teiken, is hy nie reg gestel nie.
Hi Ludwig,
My teleskoop is die ou Japanese Tasco 4x40's. Ek twyfel dat daar 'n paralaks verstelling op die teleskoop is. Ek wil volgende jaar my teleskoop opgradeer.
Re: Skiet deur teleskoop
Posted: Thu Jul 26, 2012 11:07 am
by FCLoretz
Ludwig ek sal vanaand fotos neem van die teleskoop en dan hier laai. Dalk kan jy my help, maar sover as wat ek kon gesien het is daar geen verstelling opsies op die teleskoop nie.
Re: Skiet deur teleskoop
Posted: Thu Jul 26, 2012 11:17 am
by tripodmvr
FCLoretz wrote:
Ludwig ek sal vanaand fotos neem van die teleskoop en dan hier laai. Dalk kan jy my help, maar sover as wat ek kon gesien het is daar geen verstelling opsies op die teleskoop nie.
Die agterste deel van die teleskoop kan in en uitskroef om die kruishaar te kan fokus. Dit word gesluit met 'n ring. Die nuwer teleskope het dit heelagter en slegs 'n klein ring hoef gedraai te word.
Re: Skiet deur teleskoop
Posted: Thu Jul 26, 2012 11:18 am
by FCLoretz
Dit is hoe hy lyk Ludwig.
Re: Skiet deur teleskoop
Posted: Thu Jul 26, 2012 11:28 am
by FCLoretz
Dankie Ludwig en driepoot
Re: Skiet deur teleskoop
Posted: Thu Jul 26, 2012 1:07 pm
by Piet Breedt
Al is die teiken en die kruishaar op die selfde focal plane, moet jou fokus altyd op die kruishaar wees, aangesien dit die ding is wat beweeg en wat jy onder beheer wil kry. Die teiken of bok staan doodstil, en daar is geen rede om op hom te fokus. Jou bewussein kan slegs op een ding op n slag fokus, maar jou onderbewussyn op honderde.
Ek behandel dit breedvoerig in my opleidings kursus en CD
Re: Skiet deur teleskoop
Posted: Thu Jul 26, 2012 1:25 pm
by FCLoretz
Piet Breedt wrote:

Baie interessant dankie Piet. So hoe maak jy seker dat jou skoot plasing reg is? Gebruik jy jou onder bewussyn om seker te maak van skoot plasing?
Re: Skiet deur teleskoop
Posted: Thu Jul 26, 2012 9:13 pm
by Piet Breedt
Onthou, jy kan die teiken mos baie duidelik sien, en die tel area of mikpunt waar jy wil skiet. Jy fokus net nie daarop nie, want hy staan stil, maar eerder op die kruishaar wat beweeg. Daardeur kry jy die beweging onder beheer en laat dit jou toe om ordentlik te kan deurvolg en jou skoot te kan verklaar voor jy sien waar hy sit.
As jy staan skiet, waar dit moeilik is om die geweer stil te hou, sal jy veral die verskil sien. Skiet so paar groepe uit die staan posisie waar jy op die teiken fokus, en dan weer so paar as jy op die kruishaar fokus, en laat weet my wat se verskil jy waarneem. Jy sal jou o? nie glo nie.
As ek staan oefen draai ek soms doelbewus my paralax verstelling se fokus uit, juis om my teiken meer uit fokus te kry sodat dit my vorseer om op die kruishaar wat nogsteed duidelik is te fokus.
Ek wil nou nie te veel uitlaat wat ek op my skietkursus behandel, anders gaan die kursusgangers dit nie geniet nie.
Re: Skiet deur teleskoop
Posted: Fri Jul 27, 2012 8:33 am

Piet ek hoor wat jy s? en ek leer graag, ek wil net 'n vragie vra!
As jy darts speel, konsentreer jy op die bull en gooi dan die dart na die bull toe, jy mik nie met die dart se punt na die bull toe nie. Ek weet dit is meer hand-oog-kordinasie en muscle memory as iets anders.
As ek met die boog skiet (dit is wel korter afstande en sonder enige vergroting), skiet ek baie meer akkuraat as ek fokus op die X en laat dan my onderbewussyn die "pin" na die X bring, eerder as wat ek op die "pin" fokus en dan die "pin" na die X probeer neem.
Omdat dit gewerk het met die boog, het ek dit met die geweer ook probeer. Ek kry dus 'n fokus punt op die bok of teiken kry en fokus daarop, totdat my onderbewussyn die kruis na die fokus punt neem, waarna ek die skoot afdruk.
Ek kan nie werklik s? dat dit beter werk as die alternatief nie, maar dit gebeur maar instinktief, omdat ek gewoond is daaraan met die boog.
Waarom s? jy dat dit verkeerd is? Ek weet ek moet eintlik jou kursus bywoon, maar ek wil graag weet en reg leer as ek verkeerd is. Ek gaan more weer 'n paar skote skiet op die baan en sal graag jou metode wil probeer.
Dankie en groete
Re: Skiet deur teleskoop
Posted: Sat Jul 28, 2012 6:41 am
by Piet Breedt
Ludwig, jy is reg. Ek bedoel om jou volle konsentrasie op die kruishaar te plaas. As ons praat van lense ens, dan is fokus die punt waar alles mooi bymekaar kom. As ons praat van fokus in n ander sin, bv: ek fokus vandag op my admin by die huis, dan bedoel ek soos jy s?, ek konsentreer daarop.
Eugene, luister vandag vir my, en dan vertel jy my weer oor soo paar weke van harde oefening wat se verskil dit aan jou skiet gemaak het. Fokus, of dan konsentreer op jou korrel (pennetjie) en nie op jou teiken nie, en sien hoe jou skiet dramaties gaan verbeter.
Met enige mik stelsel, veral met oop visiere en boog visiere is dit die goue reel. Fokus op die korrel.
Jy sal gewoonlik nie onmiddelike verbetering sien nie, aangesien jou onderbewussyn dit eers aangeler moet word, maar glo my, jy sal die vrugte pluk. Ek het al baie by skole afgerig, en as die juniors my raad volg, het hulle punte almal geklim binne n kort tydjie, sonder uitsondering. Ek het so klein oefeningkie wat ek demonstreer met jou duim, en as jy dit sien, sal die lig dadelik vir jou aangaan. Ek kan dit ongelukkig nie so mooi verduidelik nie, en moet jy dit fisies doen om te kan sien.
Ek s? altyd, dat dit die enkele grootste faktor is wat n top skut van n goeie skut skei. Die een wat dit toepas.
Re: Skiet deur teleskoop
Posted: Sun Jul 29, 2012 7:37 am
by FCLoretz
Baie dankie vir die antwoorde oom Piet. Ek sal definitief probeer as weer skietbaan toe gaan. Dan die oefening met die duim? Kan oom nie 'n YouTube video vir ons maak en op sit?
Re: Skiet deur teleskoop
Posted: Mon Jul 30, 2012 8:28 am
by Eugene
Piet Breedt wrote:
Ludwig, jy is reg. Ek bedoel om jou volle konsentrasie op die kruishaar te plaas. As ons praat van lense ens, dan is fokus die punt waar alles mooi bymekaar kom. As ons praat van fokus in n ander sin, bv: ek fokus vandag op my admin by die huis, dan bedoel ek soos jy s?, ek konsentreer daarop.
Eugene, luister vandag vir my, en dan vertel jy my weer oor soo paar weke van harde oefening wat se verskil dit aan jou skiet gemaak het. Fokus, of dan konsentreer op jou korrel (pennetjie) en nie op jou teiken nie, en sien hoe jou skiet dramaties gaan verbeter.
Met enige mik stelsel, veral met oop visiere en boog visiere is dit die goue reel. Fokus op die korrel.
Jy sal gewoonlik nie onmiddelike verbetering sien nie, aangesien jou onderbewussyn dit eers aangeler moet word, maar glo my, jy sal die vrugte pluk. Ek het al baie by skole afgerig, en as die juniors my raad volg, het hulle punte almal geklim binne n kort tydjie, sonder uitsondering. Ek het so klein oefeningkie wat ek demonstreer met jou duim, en as jy dit sien, sal die lig dadelik vir jou aangaan. Ek kan dit ongelukkig nie so mooi verduidelik nie, en moet jy dit fisies doen om te kan sien.
Ek s? altyd, dat dit die enkele grootste faktor is wat n top skut van n goeie skut skei. Die een wat dit toepas.
Ek het dit die naweek bietjie probeer en daar is definitief 'n verskil! My groepering het duidelik kleiner geword en dit was ook makliker vir my om die "korrel" stiller te hou as voorheen. Dit lyk my ek het voorheen bietjie op die "drive by" manier geskiet, as die kruis verby die bull kom, dan skiet ek...
Dankie vir die goeie raad!
Groete
Re: Skiet deur teleskoop
Posted: Mon Jul 30, 2012 11:01 am
by Piet Breedt
Ek is bly dit kon help. As jy dit baie oefen dat dit tweede natuur word, sal jy die groot verskil sien. As jy n verskil reeds op die eerste dag kon sien, dink net wat dit gaan maak as jy dit in ge oefen het.
Dit is veral uit die staan posisie waar dit die grootste verskil dadelik wys.