Page 1 of 1
Voertuig keuse!
Posted: Tue Jul 24, 2012 10:16 am
by FE
Ek weet hier sal ek die regte advies kry!
Die nuwe Ford Rangers 2.2, 3.2 Diesel Club of die 3.0 D TEQ Izuzu.
Altwee bekende name maar my kop staan so bietjie! Elke handelaar prys sy produk, maar wat se julle manne wat self die goed ry?
Groete,
FE
Re: Voertuig keuse!
Posted: Tue Jul 24, 2012 10:26 am
by BLOK
Altwee is seker goed maar onthou net die nuwe Isuzu kom later die jaar uit as jy nou koop sit jy met n ou shape volgende jaar.
Re: Voertuig keuse!
Posted: Tue Jul 24, 2012 10:29 am
by BRNO (Pierre)
Ek is nou amper te bang om te se Toyota 3.0 D4D, dus hou maar wat jy tans het

.
Re: Voertuig keuse!
Posted: Tue Jul 24, 2012 10:30 am
by BRNO (Pierre)
Ek moet darrem se dat daai Ford lyk vir my super nice!!!
Re: Voertuig keuse!
Posted: Tue Jul 24, 2012 10:45 am
by Danie Lombard .243
My swaer ry 'n 4X4 Toyota hilux D4D Double Cab. Hy en gesin was gister aand by 'n skool funksie. Toe hul parkeer staan daar langs en voor hom nuwe Ford Ranger double cab bakkies. Toe hulle die aand terug stap bakkie toe is sy hilux weg, gesteel. Die twee Ford bakkies staan toe nog net so op die plek waar hul eienaars hulle gelos het.
Die verhaal dien nie om te debateer dat die een fabrikaat beter is as die ander nie. Ek sal net graag wil weet wat is so vreelik aanloklik aan Toyota vir die voertuig diewe en sindikate
Ek praat ander dag met my kort termyn makelaar en vra hom watter bakkies word die minste gesteel. Blykbaar is dit Nissan. Hoekom? Nissan is 'n baie goeie voertuig net soos al die ander fabrikate.
Misdaad in die land noop mens om liefs oordeelkundig te besluit oor wat om te bestuur. Versekering is ook maar 'n sus middel omrede as jou bakkie gesteel word jy selgs boekwaarde uitbetaal word minus die by betaaling. Jy sal nooit die ware vervangings waarde terug kry met versekering nie.
Maak mens lekker rooi warm.
Re: Voertuig keuse!
Posted: Tue Jul 24, 2012 10:50 am
by BLOK
Pasop sommer vir hilux daar kom van hom ook n nuwe shape uit later die jaar. hahaha
Hier is fotos.

Re: Voertuig keuse!
Posted: Tue Jul 24, 2012 11:26 am
by WindhoekDraught
Die nuwe Toyota`s kom eers in 2014.
Ford se bak trek weg/skeer los, so vergeet van hom. Toyota bring ook n nuwe V8 4.5L D in die landcruiser bakkie uit, selfde engin wat tans in Australia gebruik word.
Re: Voertuig keuse!
Posted: Tue Jul 24, 2012 11:26 am
by Vincehond
As ek moet kies, en ek maak my keuse nie op die looks, luxuries of die KW en torque nie sal ek die Ford kies.
Rede is dat Isuzu nogsteeds nie n bakkie hoer kan bou met beter grondvrye hoogte en 2de die feit dat die nuwe Ford soos die Hilux nou met coil springs voor uitkom wat baie beter is as die ou tegnelogie van Isuzu met torsion bars. Vir my wat baie grondpad ry is die coils maar net baie beter.
Maar ek sal eerder n Hilux koop.
Groete Vincent
Re: Voertuig keuse!
Posted: Tue Jul 24, 2012 11:58 am
by Chevvy SS
Daar is tans geen gelyke vir die Ford nie.
Re: Voertuig keuse!
Posted: Tue Jul 24, 2012 12:38 pm
by vlakvark1
Chevvy SS wrote:
Daar is tans geen gelyke vir die Ford nie.
Stem saam.
nToyota het net te duur geword vir dit wat jy kry. Ek kyk self na n Ford later die jaar
Re: Voertuig keuse!
Posted: Tue Jul 24, 2012 1:35 pm
by jacojrdn
Ry self die Nuwe Ford 3.2 Auto 4x4 supercab, het die 4L 4x4 supercab voor hom gehad.
Moet se die ou Ford sou sy voete mos optel om by te bly, nie eens praat van vir hom weg ry nie.

Hy loop lekker op die grondpad, is bietjie harder as die D-tec maar nie veel nie. Sy plek agter die sitplekke is seker so groot soos die ou 2.2 Hilux double cabs agter was. Die auto is ook n droom.
As ek kon gekoop het wat ek wou sou ek heel waarskynlik die nuwe (wat nog kom) 4.5 V8 Diesel gekoop het, maar ek sal stupid wees, vir my werk die Ford, Isuzu of Hilux net goedkoper, gemakliker en ligter op brandstof. Die Landcruiser is die bakkie van bakkies, maar dan moet jy hom kan
gebruik
Re: Voertuig keuse!
Posted: Tue Jul 24, 2012 2:30 pm
by hencohugo
Jy kan nou goeie afslag kry op die Isuzu, omdat hulle nuwe een oppad is. Ford gee nie nou afslag op hulle bakkies nie, want daar is wag lyste vir hulle. As ek een moet vat sal dit die Ford wees, maar die voordeel wat jy gaan h? met die Isuzu is as jy hom kan koop teen die aflsag wat hulle nou gee gaan jy oor 'n jaar hom weer kan verkoop vir baie naby aan wat jy betaal het. Dit is wat ek sou gedoen het as ek nie so gelukkig was met my Hilux 4.0 4X4 Auto nie.
Re: Voertuig keuse!
Posted: Tue Jul 24, 2012 5:39 pm
by Piet Breedt
Een van my vriende het die nuwe Ford 3.2 D/C en ons het nou al n paar keer met hom gaan skiet. Ons was kwaai gelaai en het n groot wa gesleep meeste van die tyd. Hy het my baie beindruk, veral sy brandstof gebruik, en hoe hy trek. As ek nou moet koop, sal dit beslis die Ford wees. Gaan ry hom maar en besluit self. Ek sal nie sommer n Toyota koop, aangesien ek hou van slaap. Hier by ons as jy n Toyota ry, slaap jy nie, want daar is baie ander wat meer hou van jou Toyota as jy self, en moet jy keer vir jou wickets.
Daar is al twee net by my direkte familie gesteel, dan praat ek nie eers van die mense wat ek ken.
Re: Voertuig keuse!
Posted: Tue Jul 24, 2012 6:11 pm
by FE
Re: Voertuig keuse!
Posted: Tue Jul 24, 2012 9:09 pm
by Ru 270
Oom Piet
Ek dink oom moet dink aan af Kaap toe trek... Heir bly ons besittings(of dit nou 'n Ford ot Toyota is) darem vir 'n rukkie langer ons eie. En hier is ook 'n paar manne wat bitter graag bietjie eerstehands van oom af sal wil leer!
Sou oom magnum primers of gewone large rifle vir oom se 25-06, S365 en Sierra MK 100gr combo aanbeveel?
Ek glo aan krediet gee aan wie dit toekom, SAPS begin regkom, 25-06 aansoek 14 Junie ingedien en 6 Julie goedgekeur, wag nog vir lisensie kaart, maar die wapen staan gelukkig in die kluis. Sukkel net om scope mounts vir die Savage in die hande te kry....
Lekker aand verder!
Re: Voertuig keuse!
Posted: Wed Jul 25, 2012 8:31 am
by JK
Hoop nie die nuwe Ford se parte is ook so duur soos die oues nie, of verkoop hom sodra die diens plan verby en koop n 2e handse hilux sonder n diensplan dan

Re: Voertuig keuse!
Posted: Wed Jul 25, 2012 8:42 am
by LoveHenties
Julle manne is duidelik geld se baas...
Re: Voertuig keuse!
Posted: Wed Jul 25, 2012 9:05 am
by Eugene
Manne, as ons na die verkoopsyfers gaan kyk, is Toyota loshande die gewildste.
Ek ry tans 'n 3.0 D-teq Isuzu DC 4x4 en is baie gelukkig met hom. Ek kry 'n gemiddeld van 10.5 km/l en ry 'n gemiddelde spoed van 130km/h. Ek wou graag Toyota gekoop het, maar hy was omtrent R70 000-00 duurder, en heelwat swaarder op juice.
Die nuwe Ford bakkie lyk baie netjies, maar is ook nie goedkoop nie. Ek is ook bietjie onseker oor die brandstofverbruik, Ford was nog nooit baie suinig op die sappies nie...
Die nuwe Isuzu bakkie behoort teen 2013 hier te wees en hy lyk na dieselfde klas as die nuwe Ford, groter en bree?r en ook bietjie ho?r. Ek het hom nog net op die internet gesien, maar die afwerking en tegnologie, lyk baie beter as in die huidige reeks, ook maar hoog tyd dat Isuzu bietjie bykom!
Dis maar my 5c...
Groete
Re: Voertuig keuse!
Posted: Wed Jul 25, 2012 9:39 am
by Boesman
Koop 'n Cruiser, immobilise hom sodat hy joune bly, raak gewoond aan die rit. Sy sappies is net duur tot hy afbetaal is. Gebruik dan jou paaiement wat jy vir 'n nuwe bakkie sou betaal vir sappies. En spaar die geldjies wat jy aan sappies sou bestee. En jy hoef nooit weer te worry oor nuwe modelle se dit of dat nie.
Re: Voertuig keuse!
Posted: Wed Jul 25, 2012 10:17 am
by Eugene
Re: Voertuig keuse!
Posted: Wed Jul 25, 2012 11:54 am
by RUPERT
Ek het nou al die laaste twee Mazda doubel cabs gery 2.5 en 3.0 en Mazda en Ford is een en die selfde.Met altwee het ek nie n dag se probleem gehad nie maar die enigste ding wat ek wel kanse is WAT HET MAZDA PROBEER DOEN MET DIE NUWE MOEDEL WANT HEL HY IS LEELIK.
Re: Voertuig keuse!
Posted: Wed Jul 25, 2012 5:39 pm
by Piet Breedt
Ru 270 wrote:
Oom Piet
Ek dink oom moet dink aan af Kaap toe trek... Heir bly ons besittings(of dit nou 'n Ford ot Toyota is) darem vir 'n rukkie langer ons eie. En hier is ook 'n paar manne wat bitter graag bietjie eerstehands van oom af sal wil leer!
Sou oom magnum primers of gewone large rifle vir oom se 25-06, S365 en Sierra MK 100gr combo aanbeveel?
Ek glo aan krediet gee aan wie dit toekom, SAPS begin regkom, 25-06 aansoek 14 Junie ingedien en 6 Julie goedgekeur, wag nog vir lisensie kaart, maar die wapen staan gelukkig in die kluis. Sukkel net om scope mounts vir die Savage in die hande te kry....
Lekker aand verder!
Ru, ons hijack die thread nou lekker, maar op my .25 06 laai ek as volg:
52gr S365 met CCI 200BR primer agter n 100gr SMK, maar my beste groepe en mees konstantste groepe kry ek met 56gr S361 en PMP (Magnum) primers agter 100gr SMK. Onthou net dat my loop 28" lank is. Ek het daardie tyd met PMP primers begin aangesien ek nie CCI Magnums kon kry, en die resultate was so goed dat ek nooit weer verander het nie, en PMP's was nog altyd beskikbaar, al was hulle nog elke keer duurder as die CCI's. Ek het nou van die Russiese Magnum primers gekry en wil hulle toets. Ek hoor hulle is baie goed, maar sal maar sien.
Re: Voertuig keuse!
Posted: Wed Jul 25, 2012 5:52 pm
by JPS
Danie Lombard .243 wrote:
My swaer ry 'n 4X4 Toyota hilux D4D Double Cab. Hy en gesin was gister aand by 'n skool funksie. Toe hul parkeer staan daar langs en voor hom nuwe Ford Ranger double cab bakkies. Toe hulle die aand terug stap bakkie toe is sy hilux weg, gesteel. Die twee Ford bakkies staan toe nog net so op die plek waar hul eienaars hulle gelos het.
Die verhaal dien nie om te debateer dat die een fabrikaat beter is as die ander nie. Ek sal net graag wil weet wat is so vreelik aanloklik aan Toyota vir die voertuig diewe en sindikate
Ek praat ander dag met my kort termyn makelaar en vra hom watter bakkies word die minste gesteel. Blykbaar is dit Nissan. Hoekom? Nissan is 'n baie goeie voertuig net soos al die ander fabrikate.
Misdaad in die land noop mens om liefs oordeelkundig te besluit oor wat om te bestuur. Versekering is ook maar 'n sus middel omrede as jou bakkie gesteel word jy selgs boekwaarde uitbetaal word minus die by betaaling. Jy sal nooit die ware vervangings waarde terug kry met versekering nie.
Maak mens lekker rooi warm.
Danie,
sal maar antwoord sien niemand anders doen nie.
Basies 2 redes, omrede die Hilux so bitter maklik is om te steel aangesien jy sy veiligheid systeem so maklik kan oorbrug.
Tweedens omrede die enjin's gebruik word in "taxi's" jy weet watter ek van praat....
Ps. My keuse vir later die jaar is ook die Ford. Maar moet s3 daai nuwe Isuzu lykbitter mooi so.
Mooiloop.
JP
Re: Voertuig keuse!
Posted: Thu Jul 26, 2012 9:53 am
by Renier
Dag manne
Ek wil nou nie die gepsrek hijack nie, maar wat dink julle van die Mitsubishi Triton 2.5 DiD Double Cab. Ek kan 'n 2011 model met baie lae kilos vir R210 000 optel? Die ander bakkies in sy klas is net vrek duur.
Vriendelike groete