Page 1 of 2

Watter een???

Posted: Mon Jul 23, 2012 11:20 pm
by Trevor
As die drie scopes voor jou le, en jy moet nou een kies, watter een sal dit wees?
Vir gewone dag jag op die nuwe 308. Pryse is almal tussen R2100 en R2250,moet 'n besluit neem voor more middag en het nog nie met een van die drie scopes te doen gehad nie.

1:BURRIS FullField II 3-9x40 Riflescope, Plex Reticle
2:Nikon 6420, Buckmaster Riflescope, 3-9x Variable, 40mm, Matte Finish, NikoPlex Reticle
3:Redfield Revolution 3-9x40mm Riflescope - Matte Finish, 4-Plex

HELP MY ASB! :-\

Re: Watter een???

Posted: Tue Jul 24, 2012 12:46 am
by G-force
1.
3.
2.

Re: Watter een???

Posted: Tue Jul 24, 2012 1:48 am
by Geno
G-force wrote: 1.
3.
2.
Ditto

Re: Watter een???

Posted: Tue Jul 24, 2012 7:45 am
by Gerard
1

Re: Watter een???

Posted: Tue Jul 24, 2012 8:02 am
by BLOK
Ook no1

Re: Watter een???

Posted: Tue Jul 24, 2012 8:09 am
by VdWalt
En nog n 1

Re: Watter een???

Posted: Tue Jul 24, 2012 8:14 am
by Trevor
Dankie sover, my gedagtes trek ook meer na 1 of 3 as ek vir "looks" gaan.

Re: Watter een???

Posted: Tue Jul 24, 2012 8:21 am
by Eugene
Ek is nie 'n kenner nie, maar die Redfield het nogal my oog gevang toe ek nou die dag in die winkel daarna gekyk het!

Ek hou die terugvoer dop, voordat ek 'n nuwe scope koop!

Kan julle manne wat die goed ken, dalk ook s? waarom julle nie die ander sou koop nie, dan weet ons oningeligtes ook?

Groete

Re: Watter een???

Posted: Tue Jul 24, 2012 8:39 am
by Trevor
'n simpel ding wat my afsit/bang maak  van die Burris is op hulle website lyk hulle logo anders as die burris logo op die scope wat ek kan kry, laat my dink dis dalk 'n copy of iets.
Vir nou is my besluit by Redfield...

Re: Watter een???

Posted: Tue Jul 24, 2012 8:53 am
by Yogi
1:
1:
1:

Re: Watter een???

Posted: Tue Jul 24, 2012 9:07 am
by LUAN
Jy kan maar die Burris koop Boskind. Ek het een op my gun en hy hou sy zero.

Re: Watter een???

Posted: Tue Jul 24, 2012 9:31 am
by BLOK
Bel VLT hulle is agente en gee beste pryse op Burris. Ek het een op my 300H&H en hy vat bitter baie stampe en stote en ek het nog nooit nodag gehad om hom te stel nie, sy glase is ook seker van die helderste in sy prysklas en ek dink hulle vergelyk meer met baie duurder scopes se helderheid.

Re: Watter een???

Posted: Tue Jul 24, 2012 9:37 am
by Spanner
Spaar jouself baie verweit en koop 'n Burris.  Koop een keer en koop reg.  Daar is te veel stories van ouens wat reeds skoolgeld betaal het, en daarna weer moes koop.  Ek het daai Burris se grootboet op my .223, en ek smile elke keer as ek daai roer hanteer, nooit spyt nie, Burris is net 'n plesier.

Re: Watter een???

Posted: Tue Jul 24, 2012 10:00 am
by Danie Lombard .243
Ek stem ook vir die Burris, hy is flippen goed.


net treloops, ek het deur die grapevine gehoor dat redfield presies dieselfde scope is as 'n leupold, blykbaar by dieselfde plek gemaak word, volgens die fluitente voeltjie is 'n redfield 'n leupold sonder die goue ring by die voorste okuler. waar of nwaar weet ek nie.

Ek is lief om te loer wie gebruik wat waar en hoe. So sien ek dat die vsa weermag skerp skutter kerrels op hul mod 700 rem aksies unertl, burris, leupold en redfield scopes gebruik. (GRAPPIE) hul het seker nog nie van LYNX gehoor daar anderkant nie LOL!

Re: Watter een???

Posted: Tue Jul 24, 2012 11:04 am
by Trevor
Julle oortuig my al meer oor die burris. Die van julle wat burris het, is sy logo op die scope los hoofletters soos op hulle website? Van die burrise op die internet se logo is lopende skrif. Is dit dan fakes of nie? Dis al wat my pla...

Re: Watter een???

Posted: Tue Jul 24, 2012 12:20 pm
by LUAN
Die Burris wat jy by Sj koop dink ek nie is fake nie so praat met hom ;)

Re: Watter een???

Posted: Tue Jul 24, 2012 12:23 pm
by BRNO (Pierre)
My Burris is ongeveer 5 jaar oud. Al die geskryf wat die scope se naam op die boks en scope self aanbetref is los geskryf in hoofletters.

Re: Watter een???

Posted: Tue Jul 24, 2012 12:54 pm
by LUAN
Lees hieso groot review Burris het goed gedoen. http://opticsthoughts.com/index.php?opt ... s&Itemid=4

Re: Watter een???

Posted: Tue Jul 24, 2012 1:04 pm
by Machann
Burris en gooi lood...

Re: Watter een???

Posted: Tue Jul 24, 2012 2:17 pm
by Trevor
Hier is die Burris waarna ek verwys,met die lopende skrif op die scope en nie die Burris logo soos ek dit ken nie!?
http://www.helber.co.za/p/500901/burris ... ack-200161

Re: Watter een???

Posted: Tue Jul 24, 2012 2:44 pm
by BRNO (Pierre)
Ek sien wat jy se. Ek het so vinnig n foto met my telefoon geneem, dus verskoon die kwaliteid, maar dit is hoe myne lyk.

[img width=560 height=420]http://i1251.photobucket.com/albums/hh5 ... Burris.jpg[/img]

Re: Watter een???

Posted: Tue Jul 24, 2012 2:44 pm
by LUAN
Praat net met Sj hier op die forum

Re: Watter een???

Posted: Tue Jul 24, 2012 2:47 pm
by BRNO (Pierre)
*303* wrote: Praat net met Sj hier op die forum
Stem saam. Skakel vir SJ of dan VLT. Die twee weet presies wat met die Burrise aangaan.

Re: Watter een???

Posted: Tue Jul 24, 2012 2:56 pm
by Trevor
Dankie vir die moeite met die foto.

Sal met SJ praat

Re: Watter een???

Posted: Tue Jul 24, 2012 3:04 pm
by BLOK
Het al op die Amerikaanse sites gesien as jy van die burris combo packs koop maw n scope en dan is daar n verkyker, mer spottingscope of teleskoop by het daai scope wat by is daai logo op. Of dit die selfde kwaliteit is weet ek nie kan nie se nie.

Weet baie verskaffers voer daai combo pakke in en split hulle hier op. My scope se boks het bv gese daar moet bipod saam in wees, toe ek hom koop het VLT my gevra soek ek die kombo of net die scope ek het net die scope gevat.

Moontlik was jou scope deel van so pak en hierdie is die een wat saam die regte Fieldview2 in was ek weet nie kanwees.

Bel eerder VLT of SJ en bestel die regte produk by die regte manne.

Sterkte en jy sal nie spyt wees met die regte Burris nie.