Page 1 of 1
Idiale scope vir 223 rem.?
Posted: Mon Jul 23, 2012 10:56 am
by Horse master
Dag se menere
Ek het nou my eerste geweer gekoop, 223 rem, bruno....ma ek wil hom so biki opkikker en ken nie veel van scopes af nie...
Vi redes om n fout te voorkom gaan ek die vraag altwee kante toe vra...
1...watse scope om nie op te sit nie?
2...watse scope sal jy opsit?
Re: Idiale scope vir 223 rem.?
Posted: Mon Jul 23, 2012 11:02 am
by Trevor
3-9x42 is dood reg, brand name is maar n persoonlike keuse. Jy kan duur gaan of goed koop soos nikko sterling,van die mense hou nie van dit nie en ander het nog geen probleem gehad nie, en jou geweer het nie baie recoil wat sal pla nie.
Re: Idiale scope vir 223 rem.?
Posted: Mon Jul 23, 2012 11:08 am
by Horse master
Dankie, sal dit definitief in ag neem...
Re: Idiale scope vir 223 rem.?
Posted: Mon Jul 23, 2012 11:12 am
by BLOK
Baie welkom by die forum.
As ek jou kan raad gee gaan stel jouself eers by nuwe lede voor. Vertel ons effe meer van jouself en ek belowe die raad sal by die tonne instroom.
Om jou te antwoord oop die scopes, koop die duurste wat jy kan. Persoonlik dink ek op n 223 is 9x vergroting effe klein sal eerder iets in die lyn van 12 of 16 probeer dit hang seker maar af wat jou doel gaan wees met die scope en waar gaan jy hom gebruik asook of jy net in die dag gaan skiet of in die nag ook.
Om beter te help gee ons effe meer om van te werk soos jou budget en applikasie dan sal ons n beter voorstel kan maak.
Re: Idiale scope vir 223 rem.?
Posted: Mon Jul 23, 2012 1:35 pm
by Horse master
Dankie...
Ek gaan ini nag en dag moet kan skiet, gaan nou plot toe trek en die meeste vrye tyd is ma ini aand jy sien....
Ek hou daarvan om n ding ver te kan skiet en dit sommer sag ook te kan doen, sal nog sien wat ek kan reg kry met n kneldemper, enige raad sal daar ook waardeer word....
Met die budget, ek dink een keer reg koop is die idee van die dag, so ek sal plan maak met die geld...
Nogmaals dankie
Re: Idiale scope vir 223 rem.?
Posted: Mon Jul 23, 2012 1:39 pm
by Hein M.
Horse master wrote:
Dag se menere
Ek het nou my eerste geweer gekoop, 223 rem, bruno....ma ek wil hom so biki opkikker en ken nie veel van scopes af nie...
Vi redes om n fout te voorkom gaan ek die vraag altwee kante toe vra...
1...watse scope om nie op te sit nie?
2...watse scope sal jy opsit?
1. Goedkoop Nikko's en MTC's en Tasco's
2. Nikon, Burris, Sightron en Meopta is goeie waarde vir geld (minstens x12 vergroting).
SJ hier op die Forum is 'n Burris-agent. Beter pryse en waarde vir geld sal jy nie op 'n ander plek kry nie!
Lees maar die posts hier goed deur. Jy sal 'n idee kry.
Hein M
Re: Idiale scope vir 223 rem.?
Posted: Mon Jul 23, 2012 1:44 pm
by BLOK
Horse master wrote:
en dit sommer sag ook te kan doen, sal nog sien wat ek kan reg kry met n kneldemper, enige raad sal daar ook waardeer word....
Search Terminator hier op die forum en jou probleem is opgelos in n kits.
Re: Idiale scope vir 223 rem.?
Posted: Mon Jul 23, 2012 1:45 pm
by Geno
Hein M. wrote:
Horse master wrote:
Dag se menere
Ek het nou my eerste geweer gekoop, 223 rem, bruno....ma ek wil hom so biki opkikker en ken nie veel van scopes af nie...
Vi redes om n fout te voorkom gaan ek die vraag altwee kante toe vra...
1...watse scope om nie op te sit nie?
2...watse scope sal jy opsit?
1. Goedkoop Nikko's en
MTC's en Tasco's
2. Nikon, Burris, Sightron en Meopta is goeie waarde vir geld (minstens x12 vergroting).
Lees maar die posts hier goed deur. Jy sal 'n idee kry.
Hein M
Eina........

Re: Idiale scope vir 223 rem.?
Posted: Mon Jul 23, 2012 2:07 pm
by BLOK
Geno wrote:
Hein M. wrote:
Horse master wrote:
Dag se menere
Ek het nou my eerste geweer gekoop, 223 rem, bruno....ma ek wil hom so biki opkikker en ken nie veel van scopes af nie...
Vi redes om n fout te voorkom gaan ek die vraag altwee kante toe vra...
1...watse scope om nie op te sit nie?
2...watse scope sal jy opsit?
1. Goedkoop Nikko's en
MTC's en Tasco's
2. Nikon, Burris, Sightron en Meopta is goeie waarde vir geld (minstens x12 vergroting).
Lees maar die posts hier goed deur. Jy sal 'n idee kry.
Hein M
Eina........
Reken dan Saterdag se bont skiet was nie omdat ek sommer in die dop gekyk het hoe vol hy is toe ek lading skat nie maar wel die scope.. Bwhahaha
Re: Idiale scope vir 223 rem.?
Posted: Mon Jul 23, 2012 6:00 pm
by Hein M.
Olraait, haal maar daai brand van die - van my - swartlysie af...
Sorry ouens - die volgende rondte is op my!
Hein
Re: Idiale scope vir 223 rem.?
Posted: Mon Jul 30, 2012 11:29 am
by Piet Breedt
Ek het n Burris Fullfield II 4.5 - 14 x 42 op my .223, en is baie tevrede. Hy kyk mooi in die nag, en stel baie positief en sy tracking is van die beste.
Re: Idiale scope vir 223 rem.?
Posted: Mon Jul 30, 2012 11:42 am
by MEERKAT
Perde Meester
Rudolph het nuwe scope 8-32x56 T 3 reticle is heel verbaas hoe hy vergelyking met 8-32x56 Nightforce Np R 1 reticle.
Nikon het goeie scopes hulle moet net aandag gee aan hulle reticles , baie ver agter by ander scopes.
Stem saam met Piet oor die Burris , hulle moet net 'n 50 of 56 bell uitbring dws as hy nie reeds uit is nie.
Hoop jy kom reg
Knou goggas af
MEERKAT
Re: Idiale scope vir 223 rem.?
Posted: Thu Aug 09, 2012 11:09 am
by junglejulian
more aan almal!
ek beplan om ook einde van die jaar n 223 aan te skaf.ek werk op n klein budget omrede ek klaar besig is met n 6,5X 284 projek wat my geld redelik opvreet.ek het reeds n 243 en 308 wat geskik is en toegerus vir nagskiet ens. ek beplan om meer groeppering te skiet met die geweer en te gebruik vir die laaitjie se oefen.enige hulp en voorstelle sal waardeer word.ek redelik op enige van die volgende 3 besluit; leupold vx2 6-18 x 40 fyn kruishaar
vortex viper 6.5-20 x44 bdc
sightron sii 6-24X50 fyn kruishaar/mildot.
ek behoort redelik baie te stel aan die scope so sy tracking moet baie goed wees.
verder is ek nie seker of die sightron sii ook lifetime waarborg het nie.
ek kry reeds n siii premium 6-32 vir die 6,5 waaroor ek baie opgewonde is.
Re: Idiale scope vir 223 rem.?
Posted: Thu Aug 09, 2012 11:37 am
by Umshwati Boy
Leupold VX3 4.5-14x50 IR
Re: Idiale scope vir 223 rem.?
Posted: Thu Aug 09, 2012 11:51 am
by Vlakvark
Ek sien die VX1 en VX2 het albei 'n upgrade gekry en kos nie meer as die oue nie. Weet nie of hulle al daar by julle uit is nie
Re: Idiale scope vir 223 rem.?
Posted: Thu Aug 09, 2012 3:18 pm
by Pvdw
Ek het 'n 2.5-10X op my 223> ek is speit ek het nie gespaar en vie 'n 14 of 16X gegaan nie, die 223 skiet lekker verder as wat ek nou mooi kan sien
Make sou ek ook dink aan Nikon Monarch, Burris FF II as jy onder R5000 wik bly maar dit hang af van jou budget.
Ek sal persoonlik niks onder so R3000 koop met 'n 14-16X vergrootting nie om daai deel van jou vrag te antwoord.
Ek gaan ini nag en dag moet kan skiet
Doen jouself maar 'n guns en koop van die begin af 'n 50mm objective lens. Sommige 42mm werk wel maar die 50mm is maar die antwoord as jy veilig wil wees.
Peet
Re: Idiale scope vir 223 rem.?
Posted: Thu Aug 09, 2012 6:09 pm
by Monrique (SJ)
Julian
Lekker projek waarmee jy besig is mater. Ek was egter aan die begin bietjie skepties oor die nuwe E1 reeks van Burris se teleskope, maar nadat ek van hulle gekry het en gesien het hoe hulle werk en kyk, is ek baie opgewonde. Ek het gedog dat die kruishaar besig sou wees in die 6.5-20x50 E1MV, maar die was toe nie die geval. Kruishaar is ook nou ge-ets op die lens en is lekker fyn vir teikenskiet en jag in die dag. Sy prys is egter ook baie goed.
Sterkte met jou besluit.
Groetnis