Page 1 of 1

my koeels oksideer?

Posted: Mon Jul 23, 2012 8:02 am
by cassie_calvinia
dagse
ek het nou die dag gesien my patrone is gewasem. sien vanoggend koeel punte is pikswart geoksideer.
doppe is mooi blink.
Wat nou? gooi ek hul weg? of maak dit nie regtig verskil, of maak ek hul skoon?
ek dink ek moet hul sommer op teiken uitskiet. 'n slag weer trajek en daai goed bepaal.
gee raad asb!

Re: my koeels oksideer?

Posted: Mon Jul 23, 2012 8:08 am
by Cz_apie
;D ;D Jy skiet te min ;D ;D    Sorry ek moes net  :angel:    Waar en saam met wat bere jy jou patrone - klink na een of ander chemiese reaksie - Bly jy dalk langs die kus ?

Re: my koeels oksideer?

Posted: Mon Jul 23, 2012 8:11 am
by Cz_apie
;D ;D Sorry - stupid vraag - sien jy is van Calvinia - dus seelug - soutgehalte nie die probleem  :-[

Re: my koeels oksideer?

Posted: Mon Jul 23, 2012 8:14 am
by cassie_calvinia
die goed was net klam. als is klam hier in die winter

Re: my koeels oksideer?

Posted: Mon Jul 23, 2012 8:33 am
by Cz_apie
;D ;D Relatief maklike oplossing - kry vir jou van die Silica gel  "Cat Litter" pakies en bere dit in jou kluis - absorbeer die vog uit die lug ;D ;D


Cat litter
Silica gel is also used as cat litter, by itself or in combination with more traditional materials, such as clays including bentonite. It is trackless and virtually odorless. Purchasing silica in the form of cat litter can be an easy and cost effective way for retail consumers to purchase silica gel for use in other applications, such as maintaining the desired relative humidity in humidors, keeping tools or other materials rust-free in damp environments or long-term storage, and preserving dried food.

Re: my koeels oksideer?

Posted: Mon Jul 23, 2012 8:37 am
by cassie_calvinia
ok, dit klink goed.
maar wat van dier pattrone?

Re: my koeels oksideer?

Posted: Mon Jul 23, 2012 8:59 am
by Cz_apie
cassie_calvinia wrote: ok, dit klink goed.
maar wat van dier pattrone?
Sorry maar ek verstaan nou nie lekker nie - dier pattrone - soos in viervoettiges se mis - ??? ;D ;D of duur pattrone soos in kos baie ?  ??? Wat se punte is dit ? Soliede koper ?

Re: my koeels oksideer?

Posted: Mon Jul 23, 2012 9:18 am
by cassie_calvinia
bedoel 'die patrone'

Re: my koeels oksideer?

Posted: Mon Jul 23, 2012 9:23 am
by Cz_apie
Kyk na Gerard se post onder Re: GSC Koe?ls - Deklaag (Coating)  - lyk vir my hulle is besig om dieselfde soort probleem te bespreek en hulle is baie meer kundig as ek - my persoonlike mening is dat ek die punte sal skoonmaak voordat ek hulle skiet

Re: my koeels oksideer?

Posted: Mon Jul 23, 2012 6:45 pm
by Gerard
Die punt raak nie aan die loop nie.  Mens hoef eintlik net die skag skoon te maak maar alhoewel dit minder moeite is, is dit nog steeds moeite.  Tuimel net die koe?ls en die Kaap is hollands.

Re: my koeels oksideer?

Posted: Tue Jul 24, 2012 2:01 pm
by jacojrdn
Ek bly naby genoeg aan die see om sproei op die vensters te kry, so ek het altyd n probleem met vog in die kluis gehad.
Het al die verskillende "desicants" en "water traps" probeer wat ek my hande op kon le. Na twee weke is die "desicant" opgelos en die bak het so 1/2 L water in, en daai goed is nie goedkoop nie.

Ek het so 4 Jaar terug n klein 40W lig binne in die kluis instaleer wat permanent brand. Hy gee net genoeg hitte af dat daar nie vog in die kluis is nie en n by voordeel is dat jy altyd lig in die kluis het. As jy die kluis na so week oop maak en jy voel aan die gewere, ammo ens is hulle steeds kouer as bloed hitte maar geen vog nie.

Werk vir my.

Re: my koeels oksideer?

Posted: Tue Jul 24, 2012 2:30 pm
by Cz_apie
jacojrdn wrote: Ek bly naby genoeg aan die see om sproei op die vensters te kry, so ek het altyd n probleem met vog in die kluis gehad.
Het al die verskillende "desicants" en "water traps" probeer wat ek my hande op kon le. Na twee weke is die "desicant" opgelos en die bak het so 1/2 L water in, en daai goed is nie goedkoop nie.

Ek het so 4 Jaar terug n klein 40W lig binne in die kluis instaleer wat permanent brand. Hy gee net genoeg hitte af dat daar nie vog in die kluis is nie en n by voordeel is dat jy altyd lig in die kluis het. As jy die kluis na so week oop maak en jy voel aan die gewere, ammo ens is hulle steeds kouer as bloed hitte maar geen vog nie.

Werk vir my.

+100  ;D ;D Ons het dieselfde probleem by die kus in die TV en rekenaar herstel besigheid ondervind met toestelle wat elektroniese komponente beskadig die oomblik dat jy die stel aanskakel as gevolg van vog wat in die stel opbou - in daardie dae het die stelle nie die hedendagse "Stanby "funksie gehad nie en die stel het dus heeltemal afgekoel + kondensasie het plaasgevind - ons het dieselfde oplossing gevind maar in ons geval n warm lig - 100watt wat dierek aan die hoofstroom gekoppel was geinstalleer binne in die omhulsel - kas - en  ;D ;D ;D Einde van probleem