Page 1 of 1

Re: Primers word uitgeskop?

Posted: Sun Jul 22, 2012 5:21 pm
by Biltong
George, eerste keer dat ek van so-iets hoor. Dis baie snaaks!

Watse doppe gebruik jy en hoe word hulle voorberei? Is die doppe ge-anneal?

Sal graag ander manne se mening hoor.

Re: Primers word uitgeskop?

Posted: Sun Jul 22, 2012 5:35 pm
by Beretta
George
Ek het al gesien op 9mm doppe wat baie geskiet is. Wat is die soort doppe wat dit doen Federals miskien
Beretta

Re: Primers word uitgeskop?

Posted: Sun Jul 22, 2012 7:55 pm
by Izak H
Ek het verlede jaar dieselfde oorgekom met my 22-250, my lading was te kwaai vir my geweer en die slot se gesig was hol, ons het die lading verander oor 'n chrony, ek was 1,5gr onder maks maar 100vt/s oor maks spoed vir 22-250, en geweersmid het slot se gesig glad gesny toe is hy weer orait.

Groete Izak H

Re: Primers word uitgeskop?

Posted: Sun Jul 22, 2012 7:57 pm
by Gerard
Die druk is te hoog of daar is kopspasie.  Kopspasie is maklik om reg te maak en druk wat te hoog is ook.

Re: Primers word uitgeskop?

Posted: Mon Jul 23, 2012 8:01 am
by Geno
George,
Ek het jou specs deur Quickload gehardloop, en gesien dat jy teen 75317psi druk is.
Die .25/06 se max druk is 65267psi.
Ek sou voorstel dat jy afkom met jou lading na niks meer as 48 - 49gr S365 nie.

Waar het jy die gevaarlike lading gekry? Watse spoed maak die betrokke lading?

Groete,
Eugene

Re: Primers word uitgeskop?

Posted: Mon Jul 23, 2012 8:16 am
by Gerard
George: Gerhard, kan jy dalk help met 'n aanbeveling?
Gerard: Die druk is te hoog of daar is kopspasie.
Geno: Waar het jy die gevaarlike lading gekry?

Re: Primers word uitgeskop?

Posted: Mon Jul 23, 2012 8:50 am
by Geno
George,
52gr is omtrent reg met die 100gr koe?ls. Meeste .25/06 gewere wat ek van weet skiet akkuraat met 50-52gr S365.

TPL kan druk beinvloed. As jy teen die lande is, tel jou "shot start pressure" redelik baie op. (+-7200psi)
Soos jy weg beweeg van die lande af en TPL korter maak, tel druk ook op, omdat jou dopkapasiteit afneem.

Sit jou specs onder die Quickload afdeling op die forum, dan kan die manne jou help met 'n veilige lading vir jou geweer.

Groete,
Eugene

Re: Primers word uitgeskop?

Posted: Mon Jul 23, 2012 10:30 am
by BRNO (Pierre)
Beretta wrote: George
Ek het al gesien op 9mm doppe wat baie geskiet is. Wat is die soort doppe wat dit doen Federals miskien
Beretta
Ek het dit ook al oorgekom met Federal doppe wat vir hulle 12de keer of wat gebruik is. My druk was verseker laag, en TPL redelik kort. Dit kan verseker wees dat die doppe klaar geskiet is.

Re: Primers word uitgeskop?

Posted: Mon Jul 23, 2012 10:38 am
by Louis Kriel
Ek het ook al primers gehad wat gedeeltelik begin uitsteek het...dit was met verminderde ladings.  'n Uitgeblaasde primer dui egter op 'n baie warm lading.  Deur die jare van herlaai het ek gevind dat PMP redelik styf pas in die doppe, terwyl CCI en Federal soms amper te maklik inglip.

Ek weet baie ouens trek neus op vir PMP, maar hulle primers werk goed.  Indien jou primers dus te maklik "seat" is dit dalk 'n teken van "primer pockets" wat 'n fraksie groter as die industrie standaard is?

Re: Primers word uitgeskop?

Posted: Mon Jul 23, 2012 11:24 am
by Frikkie Coetzee
Ek ken nie die 25-06 se ladings nie, maar ek dink die probleem hier is klaar geidentifiseer: te hoe druk.

Doppe wat n paar keer geskiet is, veral met warm ladings se primer pockets raak los met tyd. Seker primers sit stywer as ander. ( die ou verpakking CCI250 sit in my geval heelwat stywer as nuwe Federal 215)

Ek verstaan so tussen die lyne dat daar is sprake van n tool om die pockets weer kleiner te krimp maar dra geen kennis hoe dit sal werk nie.

Ek gooi maar doppe weg as dit te los raak agter

As jou kopspasie reg is, sal dit die dop leeftyd sekerlik verleng, maar druk gaan die leeftyd beperk.

Frikkie