Page 1 of 1

Rooihartebees met 69gr hv?

Posted: Sun Jul 15, 2012 12:25 pm
by Nico Harris
Ek Gaan die komende naweek gaan rooihartebeeste jag. Ek weet nie hoe die teryn gaan lyk nie maar glo dit gaan vlaktes wees. Ek laai 69gr gsc hv koeels in my 243win teen 3550ft/s. Dink julle dis te lig in die broek vir die job? Ek skiet vir vleis so ek sal agter die blad skiet!

groete

Nico

Re: Rooihartebees met 69gr hv?

Posted: Sun Jul 15, 2012 1:40 pm
by Gerard
Maak seker jy vat die kamera saam en neem vir ons fotos van die diere na jy geskiet het.  Ek skiet nie daardie grootte diere met sulke swaar kalibers nie want ek hou nie van recoil nie.  ;D

Re: Rooihartebees met 69gr hv?

Posted: Sun Jul 15, 2012 2:46 pm
by James Wilson
Nico, jy is mos n man vir die kopskote of hoe?

Re: Rooihartebees met 69gr hv?

Posted: Sun Jul 15, 2012 3:25 pm
by iceman1982
Geniet hom Nico,
Het dieselfde idee ghad vir oor so week. Laat weet hoe dit gaan.

Mooiloop,

Re: Rooihartebees met 69gr hv?

Posted: Sun Jul 15, 2012 6:43 pm
by Machann
Daai punte loop mooi! Na ek gesien het hoe daai 200gr HV .375 deur drie zebras gehardloop het op oor die 300m glo ek nie j sal probleme he solank jy net skiet waar dit saak maak.

So dit is hoekom oom Gerhard met die punte begin het. Maar net vir oom se die punte werk in kalibers met recoil ook maar oom weet dit gelukkig!

Geniet dit en laat dit juig

Re: Rooihartebees met 69gr hv?

Posted: Sun Jul 15, 2012 7:08 pm
by Nico Harris
dit klink vir my mooi! ek dink as hom styf agter die blad klap sal hy nie ver gaan nie! James ek like kop skote maar ek wil sien wat maak die hv! Die koeels het nog net mooi gemaak en ek al 150 van hulle gebruik!!

groete

Nico

Re: Rooihartebees met 69gr hv?

Posted: Sun Jul 15, 2012 8:08 pm
by BRNO (Pierre)
Nico kom laat weet hoe het dit gegaan. Ek kry Woensdag my 243, en wil dan net die twist bevestig, dan wil ek ook van die 69gr's aanskaf.

Re: Rooihartebees met 69gr hv?

Posted: Sun Jul 22, 2012 5:00 pm
by Nico Harris
Toe die naweek n hartebees bul gekry. Skoot afstand was 310m. Bul op die knoppe geslaan...hy twee keer gedraai en toe neergeslaan - morsdood!! Vleis skade was meer as ek verwah het...MAAR...meeste was van been fragmentasie! waar been nie getref is nie is daar omtrent niks! Die koeels is regtig ongelooflik!!!

groete

Nico

Re: Rooihartebees met 69gr hv?

Posted: Sun Jul 22, 2012 7:39 pm
by BRNO (Pierre)
Dankie. Nou is ek opgewonde!

Re: Rooihartebees met 69gr hv?

Posted: Sun Jul 22, 2012 9:28 pm
by Gerard
Nico,
Ek sien die 'swaar kaliber' het sy ding gedoen.  ;D

Mooi gedaan met die skootplasing.  Het jy toe fotos gekry?

Re: Rooihartebees met 69gr hv?

Posted: Tue Jul 24, 2012 9:20 am
by Vosman
Ek sit met 'n 100 69hv's vir 2 maande. Nog nie tyd gehad om die manne in doppe in te druk nie, maar moet dit binne die volgende 2 weke doen voor 'n jag! Is self opgewonde, maar tyd is effens van 'n probleem!
Sit asb fotos op!

Groetnis!

Re: Rooihartebees met 69gr hv?

Posted: Tue Jul 24, 2012 12:22 pm
by Geno
Hier is Nico se hartbees:
Image