Page 1 of 1

lucky me.

Posted: Thu Jul 12, 2012 8:47 am
by Dweetster
Dit bly harde werk. Sonder 'n voerplek, baie geduld, baie km se ry,koud kry en guns van bo is dit amper onmoontlik om 'n varkie met die boog te kry.
Die keer het ek gesien waar die varkies uit die bome in die land in kom en daar vir hulle in 'n boom gewag.
Die soggie het my naam op gehad.

Boog: Johan vd merwe 54# Recurve.           

Re: lucky me.

Posted: Thu Jul 12, 2012 8:56 am
by BRNO (Pierre)
Mooi vark. Baie mooi geskiet!! Geluk.

Re: lucky me.

Posted: Thu Jul 12, 2012 8:59 am
by Zack Benade
Baie geluk my vriend. 
Ek hou van jou boog---Dis mos ware jag of hoe s? ek :angel: :angel: :angel:

Groete
Zack

Re: lucky me.

Posted: Thu Jul 12, 2012 9:00 am
by Koos Barnard
Sien ek reg, is dit 'n "tradisionele" boog. Dan het ek groot respek vir jou, baie geluk!

Re: lucky me.

Posted: Thu Jul 12, 2012 9:05 am
by JPS
Dweetster,

Baie mooi, Lekker 50ste post.

Mooiloop
JP

Re: lucky me.

Posted: Thu Jul 12, 2012 9:06 am
by G-force
Mooi gedoen!Ek jag ook met Johan Van Der Merwe recurves en longbows.
Dis n mooi vark daai.

Re: lucky me.

Posted: Thu Jul 12, 2012 9:56 am
by SV MAD (Henk)
Baie geluk met die vark. Janee, ek het baie respek vir die manne wat met stok en string kan skiet!

Re: lucky me.

Posted: Thu Jul 12, 2012 11:14 am
by DWB
Julle moet die beer sien wat hy eerste met sy boog geskiet het!

Mooi vark!

Re: lucky me.

Posted: Thu Jul 12, 2012 1:28 pm
by Dweetster
Ja dankie ouens, Dit is nie mooi om te breg nie maar jis dit is lekker as jy vrug op harde arbeid kry.
Ons is geseend om in hierdie land "tenspyte van als" nog iets het om te kan geniet. Die natuur en die wild maak darm als net die verskil.
Of is ek dalk net lucky.?  :)

G-force
Het jy al Sterkrivier geskiet?

Re: lucky me.

Posted: Thu Jul 12, 2012 1:30 pm
by G-force
Dweetster wrote: Ja dankie ouens, Dit is nie mooi om te breg nie maar jis dit is lekker as jy vrug op harde arbeid kry.
Ons is geseend om in hierdie land "tenspyte van als" nog iets het om te kan geniet. Die natuur en die wild maak darm als net die verskil.
Of is ek dalk net lucky.?  :)

G-force
Het jy al Sterkrivier geskiet?
Yes ek het maar twee jaar laas toe dit so baie gereen het.Het elke jaar altyd n ding aan wat interfere met Sterkrivier.Doen jy Jaco en Johan se trad shoots?

Re: lucky me.

Posted: Thu Jul 12, 2012 1:45 pm
by Dweetster
Ek het Johan se shoot eenkeer gedoen en Jaco sin eenkeer.
Ek het laasjaar 'n week laat by die sterkrivier aangekom, my datums was uit. Henk het net vir my gelag toe ek hom vra hoekom is die hek gesluit.
Die jaar sin was soos altyd erk lekker.

Re: lucky me.

Posted: Thu Jul 12, 2012 1:46 pm
by G-force
Dweetster wrote: Ek het Johan se shoot eenkeer gedoen en Jaco sin eenkeer.
Ek het laasjaar 'n week laat by die sterkrivier aangekom, my datums was uit. Henk het net vir my gelag toe ek hom vra hoekom is die hek gesluit.
Die jaar sin was soos altyd erk lekker.
hahaha En toe?Ry jy huis toe?

Re: lucky me.

Posted: Thu Jul 12, 2012 2:05 pm
by Dweetster
Nee Henk het my daar laat kampeer tot die volgende ogend. My 2seuns het nie gedink dit was snaaks nie, die pad huistoe was weer so raps oor die 500km. ha ha ha ha vir my self. ;D
Nou lees ek die atvertensies mooier.

Re: lucky me.

Posted: Thu Jul 12, 2012 2:12 pm
by G-force
Dweetster wrote: Nee Henk het my daar laat kampeer tot die volgende ogend. My 2seuns het nie gedink dit was snaaks nie, die pad huistoe was weer so raps oor die 500km. ha ha ha ha vir my self. ;D
Nou lees ek die atvertensies mooier.
Van waar af is jy?

Re: lucky me.

Posted: Thu Jul 12, 2012 2:35 pm
by Dweetster
Hier van Piet Retief af gery.Met 'n ou Hilux, jy moet weet hoe ver is dit. Als wat jy ry is x2 plus tax.(km)

Re: lucky me.

Posted: Thu Jul 12, 2012 2:58 pm
by G-force
Dweetster wrote: Hier van Piet Retief af gery.Met 'n ou Hilux, jy moet weet hoe ver is dit. Als wat jy ry is x2 plus tax.(km)
Dis lekker ver en n slegte pad,ja nee jy het groot fout daar gemaak!

Re: lucky me.

Posted: Fri Aug 31, 2012 3:47 pm
by henslin
Om daai 'soggie' met visstok en draaddropper uit te haal - seker die toppunt van boogjag - GELUK !!

Re: lucky me.

Posted: Sat Sep 01, 2012 8:12 pm
by Marc
Koos Barnard wrote: Sien ek reg, is dit 'n "tradisionele" boog. Dan het ek groot respek vir jou, baie geluk!
Sluit aan by Oom Koos, Respek, jy is 'n ware jagter  8)

Baie geluk  8)

Re: lucky me.

Posted: Tue Sep 04, 2012 5:22 pm
by Dweetster
Dankie ouens. Ek se ek was lucky, maar dit is wat ek noem "hulp van Bo"

Re: lucky me.

Posted: Thu Sep 13, 2012 10:07 am
by PaulM
Duard,

Gary Player het ges?: "The more I practise, the luckier I get". Ek dink dis heel gepas in hierdie geval ook....

Re: lucky me.

Posted: Thu Sep 13, 2012 5:02 pm
by Herman Venter
PaulM,
Ek het al probeer met so boog skiet en ek het darm rerig my naam g@t gemaak! Die vriend het sommer vir my gese ek kan met sy boog skiet maar ek moet my eie pyle gebruik! Daardie pyl was nie naby die butt nie!

Baie mooi!
Herman

Re: lucky me.

Posted: Fri Sep 14, 2012 12:46 pm
by PaulM
Nes jy daar s?! Ek hou maar by my Mattheus bogie met ordentlike 'sights'. Maar daai stok en snaar gedoente is ook nie vir my nie. Nee wat, ou Duard mag maar....

Re: lucky me.

Posted: Tue Sep 18, 2012 5:09 pm
by Dweetster
Welkom op die forum Paul. 
Wat die varkies betref is dit die regte tyd op die regte plek. Niemand kry varkies in die bed nie, en van hulle was ook al uit selfverdediging hoor,daarom se ek nog steeds ek het hulp gehad.