Page 1 of 1

Vlakvark Jag Saterdag 14/07

Posted: Wed Jul 11, 2012 1:01 pm
by nicoziets
Goeidag almal,

Ek weet ek vat 'n baie groot kans en gaan heelwaarskynlik nie regkom nie, maar laat ek probeer.

'n Vriend van die Vrystaat kom kuier vir my die naweek by Hartbeespoort Dam. OnsĀ  wil albei baie graag vlakvark jag, indien enige van julle plase besit of iemand ken in 'n 250km radius van ons af en Saterdag beskikbaar het om 'n vark of drie te verkoop, kan julle my gerus kontak, ons stel baie belang.

Ons gaan einde van die maand in Jagersfontein jag en middel Augustus in Thabazimbi omgewing, maar wil baie graag een hele dag in die veld spandeer opsoek na varke.

Vriendelike groete,
Nico
082 850 2276

Re: Vlakvark Jag Saterdag 14/07

Posted: Wed Jul 11, 2012 1:17 pm
by Geno
Nico,
Welkom hierso.
Kontak vir TheoE, of JacoS. Dalk kan hulle jou help.

Groete,
Eugene

Re: Vlakvark Jag Saterdag 14/07

Posted: Wed Jul 11, 2012 1:41 pm
by nicoziets
Thanks Eugene. Ek maak so!