Page 1 of 4
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 10:19 am
by sako 30-06
Blikskotte,dis belaglik.
Dit wil gedoen word!
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 10:21 am
by DawieKotze
Baie netjiese skoot gewees. 'n Man moet jou toerusting baie goed ken en vertrou vir so 'n skoot!
Op daardie vlaktes kon hulle seker ook nie nader kom nie!
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 10:42 am
by jacojrdn
Mooi skoot, maar ek persoonlik sou nie daai skoot geskiet het nie. Die skut kan alles reg doen en skat maar as die patroon eers in die lug is kan hy niks daaraan doen as die dier beweeg nie.
Hou daai lang skote vir n skietbaan waar jy dan maar die teiken kan kwes as iets verkeerd gaan.
Net my gevoel.
Jaco
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 10:48 am
by Stefan764
jacojrdn wrote:
Mooi skoot, maar ek persoonlik sou nie daai skoot geskiet het nie. Die skut kan alles reg doen en skat maar as die patroon eers in die lug is kan hy niks daaraan doen as die dier beweeg nie.
Hou daai lang skote vir n skietbaan waar jy dan maar die teiken kan kwes as iets verkeerd gaan.
Net my gevoel.
Jaco
Jis ek het kwaai respek vir n ou en vir sy toerusting wat so skootjie kan skiet, ek kan nie anders as om saam met Jaco te stem nie. Dis al veranderlike wat my nog pla in hierdie langafstand som... Die Dier Kan Beweeg Na Die Sneller Gedruk Is........ en ongelukkig kan die mens niks aan daardie feit verander nie.
Nogtans. PUIK skoot en PUIK toerusting, dit wil gedoen wees!
Groete
Stef
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 11:23 am
by DawieKotze
Ludwig - jy is natuurlik reg, daar is manne en hulle toerusting wat dit konstant kan doen. Ek self is deur Piet tereg gewys oor kopskote oor v?r afstande.
Die een ding wat my ook pla soos Stefan hierbo - as alles mooi uitgewerk is, die toerusting is reg en die skut kan maar skiet, wat van die bok se beweging na die sneller gedruk is? Veral oor sulke lang afstande. Die skut kan dit mos nie beheer nie.
Ek vra die vraag nie om skepties en aanvallend te wees nie, maar wil graag weet hoe die manne daarvoor voorsiening maak? Spoed alleen kan tog nie die oplossing wees nie?
Ek luister graag na julle opinies.
Groete
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 11:30 am
by spekieries
Defnitief 'n verskil tussen goed skiet en goed jag.

Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 11:57 am
by Koos Barnard
Dags?
Daar is soos Ludwig opgemerk het baie jagters wat 'n mens behoort te verban, en as dit binne my vermo? was sou ek veel meer as net die corporate cowboys en geldgierige wildeienaars wou verban uit die wildbedryf. Tog glo ek dis onverantwoordelik om willens en wetens te kyk hoe ver jy 'n bok kan raakskiet. Dit gaan vir my oor die ego van die persoon. Die man wil graag spog oor hoe ver hy die bok kan raak skiet (daarom ook die bordjie voor hom wat dit uitspel). Hier gaan dit oor niks anders as ego nie. Soos genoem kan jy alles beheer maar nie die beweging van die bok nie.
Mooi loop
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 11:59 am
by jacojrdn
Ludwig
Ek ontneem nie die manne wat dit kan doen van hulle prestasie nie, maar ek se steeds ek sal nie so skoot waag nie. As jy na die vlug tyd van die koeel kyk is dit net n te groot kans om te vat. Al is n dier vir 30 min rustig kan enige geluid of beweging hom steeds laat weg spring, hy is steeds n prooi dier en altyd op sy hoede.
Ek het baie jare .22 klein geweer, R1 dienskiet en Bisley geskiet vir n sport, so ek weet darm watter kant van die geweer is voor. Maar soos ek onder my naam se "kruipskutter". Kom so na aan die dier as moontelik en maak dit jag en nie skiet nie.
Soos ek se, net my gevoel, sal nie iemand wat so kans vat se geweer af vat en se hy mag dit nie doen nie, en se dit is oneties nie
Jaco
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 12:04 pm
by matewis
Ek moet ook bieg dat ek aan geen goeie rede kan dink waarom mens so ver na 'n bok wil skiet nie, behalwe indien jou familie aan die sterf l? van honger en dit die laaste kans vir oorlewing was.
Ek sluit aan by Oom Koos, om dit dan op 'n bordjie voor die bok te skryf? Was hierdie jag of teikenskiet? Maar ja hierdie onderwerp is al holrug gery.
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 12:09 pm
by Geno
Koos Barnard wrote:
Dags?
Daar is soos Ludwig opgemerk het baie jagters wat 'n mens behoort te verban, en as dit binne my vermo? was sou ek veel meer as net die corporate cowboys en geldgierige wildeienaars wou verban uit die wildbedryf. Tog glo ek dis onverantwoordelik om willens en wetens te kyk hoe ver jy 'n bok kan raakskiet. Dit gaan vir my oor die ego van die persoon. Die man wil graag spog oor hoe ver hy die bok kan raak skiet (daarom ook die bordjie voor hom wat dit uitspel). Hier gaan dit oor niks anders as ego nie. Soos genoem kan jy alles beheer maar nie die beweging van die bok nie.
Mooi loop
Oom Koos,
In daardie geval moet die jagters wat aanhou vertel dat sy dier vir RW kwalifiseer, of die nuwe nommer 1 is, sommer ook verban word!
(Terwyl ons nou op 'n veldtog gaan om ons reeds onderdrukte jagters-populasie minder te maak.)
Jag is 'n ego ding, want 'n man bewys homself deur vleis op die tafel te sit.
In die ou dae was jy 'n trassie

as jy nie kon jag nie, en regte manne kon skiet, bok slag, en vleis werk.
My opinie:
Skiet 'n bok met wat jy wil, hoe ver wil, en waar jy wil. Maak tog net seker jy skiet hom so gou moontlik dood.
Groete,
Eugene
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 12:11 pm
by Dippies
Als is reeds gese wat gese moet wees,
Maar al wat ek kan se in "COWBOY" geen etiese jagter of wildplaas eienaar laat sulke goed toe nie, en as dit op sy eie plaas of pa of pel se plaas was is hulle net so erg verkeerd gemaak.
Skiet papier bokke op daai afstande nie lewendige diere nie.
Dippies
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 12:12 pm
by Dippies
Geno wrote:
My opinie:
Skiet 'n bok met wat jy wil, hoe ver wil, en waar jy wil. Maak tog net seker jy skiet hom so gou moontlik dood.
Groete,
Eugene
[/quote]
Hierdie stem ek mee baie baie baie saam.
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 12:39 pm
by Carl
Tekens van die tye, petrol is duur, die manne ry nie ver agter bokke aan nie;-)
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 12:47 pm
by johnny
Dippies
Ek stem saam , dis wragtie onnodig, waarom n kans vat, kruip nader en maak seker. Hoe meer ons "brag" hoe meer ouens wil dieselfde doen sonder die regte toerusting, skiet daai skote op papier teikens en skiet sommer in kop as jy wil daar kan nie gekwes word nie.
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 12:49 pm
by Gerard
Mense jag om verskillende redes. Sommige wil so na as moontlik bekruip, want hulle is trots op hulle vermo? om te bekruip. Ander soek die langste horings vir die boeke, want hulle is trots daarop wanneer hulle naam op die lys verskyn. Ander is trots op hulle vermo? om akkuraat, oor lang afstande, koe?lplasing op lewendige goed reg te doen. Dit is uiteenlopende vaardighede wat baie uiteenlopend soorte toerusting verg.
Hoekom kritiseer boogjagters die manne wat met gewere jag, en andersom? Dit is mos nie nodig nie, ons moet die ander vaardigheid probeer verstaan en, wanneer die man regkry wat hy voor beplan, geld op spandeer en voor oefen, is gelukwensing aan die orde van die dag.
Gewoonlik kom kritiek van die een af wat nie die ander se vermo? het nie. Dikwels s? hulle hulle het die vermo? maar, om die een of ander rede sal hulle dit nooit aanwend nie. Dit ges?, het ek nognie gehoor dat iemand wat 1000m vermo? en toerusting het, ander kritiseer wat dit nie het nie.
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 1:12 pm
by vlakvark1
As jy die bok daar v???r

kan skiet doen dit dan hoekom nie ?

As dit in jou vermo? is en jy ken jou toerusting en jy is seker dit is veilig anderkant die dier as die koel nog gaan trek sien ek nie vout daarmee nie.
Baie min manne kan dit doen ander kan dit doen maar wil nie sulke kaanse vat nie so die wat dit kan doen en wil wie is ons om hulle te kritiseer solank die dier goumoontlik gedood word.
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 1:17 pm
by Koos Barnard
Geno
Ja, ek persoonlik het 'n groot hekel aan die rekordboekding want ek het alle kere al ervaar hoe onverantwoordelik/oneties mense optree om tog net hul name in die rekordboek te kry.
Gerard jy is reg miskien moet ons skieters/jagters mekaar nie so kritiseer nie, maar ons moet 'n vorm van regulasie of polisieman-speel toepas, as dit nie gebeur niestaan ons en enige tydverdryf/hobby/sport die gevaar om te veel cowboys in hul geledere te kry. Ek is die eerste ou wat sal erken dat ek nie die vermo? of die toerusting het om 700m skote te neem nie. Ek kan dadelik aan twee geleenthede dink waar ek persoonlik gekritiseer is omdat ek bekruip. Een persoon het baie neerhalend verwys na my geweer (7x57) en die feit dat as jy nie kan skiet nie jy seker maar soos slangk#k tyd op die grond moet spandeer. Iemand anders het weer aan my genoem dat "julle stapjagters net die bokke wild maak." Volgens hom skiet hy net op langafstand van voertuie af of uit voorsitplekke. En voeg hy toe by, ek skiet net kop want dis of raak of mis. Ek dink ons kritiseer maar beide kante toe.
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 1:19 pm
by matewis
Oom Gerard, ek hoor wat oom s?, maar dit is ook nie te s? dat, al het my kar die vermo? om 200km/u te ry en ek geniet dit baie, almal noodwendig met my sal saamstem as ek so vinnig ry nie. Maak nie saak waarmee ek ry nie, as die wiel bars op 200km/u is daar moeilikheid wat ek nie voorsien het nie.
Ek dink ook nie trofee-jag en langafstand-skiet is heeltemal dieselfde nie. Ja, ek gee toe dit bly albei 'n ego-ding, maar trofee-jag kan baie "veiliger" gedoen word. As twee bokke albei plankdwars op 100m staan, wie gaan nie die groter een skiet nie? As twee produkte teen dieselfde prys in die winkel staan, wie gaan nie die mooier een kies nie? Maar by skiet oor afstande van 710m op lewendige goed is daar net meer veranderlikes nie heeltemal binne die beheer van die skut nie. Ek het BAIE beperkte kennis oor langafstand skiet, so ek sal my nie uitgee as 'n kenner nie, ek praat maar soos ek luister.
Maar langafstand-skiet is hier om te bly, en ek wil glo dat die manne wat dit aanpak dit op die regte manier doen. Ek weet net dat geen fotos van misskote op 710m geneem word nie.
Dalk is die verskil daarin dat ek nog sal kom vertel hoe iets fout gegaan het en ek 'n bok gekwes het op 100m en ek dom verslae is, maar sal ek ooit kom bieg ek het hom gekwes op 710m?
Groetnis
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 1:34 pm
by johnny
Matewis
Mooi gestel, as jy wil 200 km uur ry dan doen jy dit onder beheerde omstandighede op n resiesbaan, as jy wil 700 off 2000m ver skiet dan doen jy dit op n skietbaan, en nie op wild nie.
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 1:46 pm
by Zack Benade
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 1:48 pm
by Geno
Ludwig wrote:
Ek het hierdie al 'n vorige keer gevra, maar niemand het geantwoord nie, so ek vra maar weer. Kyk gou na hierdie onderwerp:
http://jaracal.com/index.php/topic,8998.0.html
Jakkals geskiet op 1017y. Kyk na die antwoorde op daardie onderwerp. Vergelyk met hierdie een. Hoekom? Omdat daai 'n jakkals was, en hierdie 'n springbok? So, wil julle manne regtig vir my s?, dat as 'n Godgeskape wese, die springbok meer werd is as die jakkals, en die jakkals nie dieselfde respek verdien nie? Hoekom vind niemand fout daarmee as jakkals of bobejane oor verskriklike afstande geskiet word nie, maar die oomblik as dit 'n bok is maak almal groot lawaai? Is dit maar reg as 'n jakkals of bobejaan gekwes word?
Dankie vir die waarheid!
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 1:52 pm
by tokjak
ek wonder hoeveel manne gaan nou die naweek sulke "shots" try vat .ek ken manne wat n coke blikkie op 500 meter hou vir hou kan raakskiet ,maar toe daar n dag later n kudu op 250m staan toes dit voorbeen af .manne moet ook kan besef dat dit party maal net so lekker is om n bok te kan los .......vir n volgende keer .
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 1:59 pm
by Zack Benade
Ludwig
Ek stem saam met jou stelling. Daar is geen verskil om 'n kraai, bobbejaan, jakkels
of bok te skiet op ver afstande nie. Self met 'n windgeweer 'n duif op 70m. Dis alles dieselfde in my oe.
Ek is seker maar 'n ander dam se eend.

:oEk staan by my punt.
As ek vir 'n bok betaal dan is hy myne. Ek alleen (nie die boer of dat ek eerder s? " vorige eienaar) sal besluit waarmee en hoe ek die dier jag nie. Anders hou jou bok en laat my gaan.
Of ek nou bakkie jag of te voet, dis my besluit. As ek 'n gemsbok wil skiet met my klein kaliber---dis my keuse, Nie die boer of regering se keuse nie. As ek kwes is die vorige eienaar of boer 100% ten volle vergoed teen die bedrag soos ooreengekom.
Soos ek ges? het ---ek is seker maar so gemaak en so laat staan. Dis ek en glo my ek kan skiet en ek is 'n etiese jagter in my en my skiet vriende se oe.
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 2:35 pm
by Beretta
Zack
Stem saam as ek die regte kit het wat sover kan skiet en ek kan sien sal ek ook so skoot skiet.Daardie skote en nog langer gaan nog baie geskiet word.
Beretta
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 10, 2012 2:47 pm
by Zack Benade
Beretta, Hallo my vriend
Ek hou nogal van hierdie onderwerp. Dankie aan almal wat hulle insette gee. Dis nogal verfrissend om te sien hoe verskil mense en jagters. Elke jagter se eie jagmetode en tegniek is volgens hom reg en niemand sal hom anders oortuig nie.
Lang afstand skiet gaan beslis oor kennis, goeie toerusting en 'n super geweer.
Baie tyd en navorsing gaan hier in voor jy die eerste skoot skiet op 'n skietbaan.
Ek stem saam met Ludwig dat hierdie manne soek na perfeksie in hulle self en hulle toerusting.
Ek haal my hoed af vir hierdie manne wat dit met die regte gesingheid en perfeksie kan doen.