Page 1 of 1
19 Jakkalse snewel
Posted: Mon Jul 09, 2012 10:42 pm
by Piet Breedt
Ek het Saterdag aand gaan jakkalse jag en was gelukkig om 19 te kry. Dit was bewolk en dus het die 3/4 maan nie gepla nie. Ek het eers vanaf 8uur geskiet nadat ons eers so skaap tjoppie gebraai het , en net tot so 01 45 aangehou. Daar was 14 reuns en 5 tewe. Ek het lanklaas sulke groot jakkalse geskiet. Dit was opvallend in hoe goeie kondisie hulle almal was. Gn wonder die boere loop so swaar deur onder die Jakkalse. Ek het slegs 12 gekry die aand omdat die gras nog redelik lank is op plekke, en het darm die volgende dag die res gekry.
Ek plaas later die fotos.
Re: 19 Jakkalse snewel
Posted: Mon Jul 09, 2012 11:13 pm
by JPS
Mooi so Oom Piet.
Weer daar in Delmas , Devon omgewing?
Mooiloop
JP
Re: 19 Jakkalse snewel
Posted: Tue Jul 10, 2012 6:50 am
by Marc
Liewe land, dit was 'n produktiewe aandtjie
Seker die boere in daai omgewing is ewig dankbaar
Mooiloop
Marc
Re: 19 Jakkalse snewel
Posted: Tue Jul 10, 2012 7:31 am
by DanieDegenaar
Marc,
Wil net hoor watse roepe was die mees suksesvolste?
Min dat mens so baie kry! Geluk.
Groete
Degenad
Re: 19 Jakkalse snewel
Posted: Tue Jul 10, 2012 10:09 am
by stan man
lucky fish!! het gisteraand net een jakkals en n ironpig gekry.
jy het mooi gemaak.
Re: 19 Jakkalse snewel
Posted: Tue Jul 10, 2012 11:41 am
by tau
Piet Breedt wrote:
Ek het Saterdag aand gaan jakkalse jag en was gelukkig om 19 te kry. Dit was bewolk en dus het die 3/4 maan nie gepla nie. Ek het eers vanaf 8uur geskiet nadat ons eers so skaap tjoppie gebraai het , en net tot so 01 45 aangehou. Daar was 14 reuns en 5 tewe. Ek het lanklaas sulke groot jakkalse geskiet. Dit was opvallend in hoe goeie kondisie hulle almal was. Gn wonder die boere loop so swaar deur onder die Jakkalse. Ek het slegs 12 gekry die aand omdat die gras nog redelik lank is op plekke, en het darm die volgende dag die res gekry.
Ek plaas later die fotos.
Liewe ouers jy mag maar. Ek dink enige iets na 3 is baie. Was Saterdag aand op bachelors in die veld geen wapens of voertuie toegelaat natuurlik, die jakkies het om ons geskreeu of hulle geweet het ons is sonder geweer en 'n kar.
Re: 19 Jakkalse snewel
Posted: Tue Jul 10, 2012 11:47 am
by Henry 7
Ag nee hel-ek vat nie soveel patrone saam nie-netjies!
Re: 19 Jakkalse snewel
Posted: Tue Jul 10, 2012 7:45 pm
by Pvdw
Piet waar boek ons vir 'n kursus
Mooi Piet, was dit op daai plaas waar Hein se kursus was?
Watse roep roetiene het jy gevolg? Nog steeds moielikke tyd?
Peet
Re: 19 Jakkalse snewel
Posted: Tue Jul 10, 2012 11:16 pm
by Piet Breedt
Ja Peet, dit is op diesefde plaas waar ek nou al 102 jakkalse sonder hierdie 19 in net meer as n jaar geskiet het. Die plaas het n voerkraal op en daar is ongeveer 22000 beeste waarvan sowat 15 000 in die voerkraal is en die res op background en n 2500 Beefmaster stoet.
Ek het aanvanklik die moeilikke tyd roepmetode gebruik, maar was deurentyd geantwoord met redelik agresiewe jakkals roepe. Ek het toe oorgeslaan na jakkals roepe en maar weer my troefkaart nl: jakkals baklei 1 en 4 gebruik met groot sukses, asook so 2 of 3 ander jakkals roepe. Vlekkie 3A en Jakkals antwoord en jakkals roep 1. Op een roepplek het Rooi D van Louis 102 ook mooi ge werk
Dit was werklik een van daardie aande wat die hele veld gelewe het. Ek moet ook darm noem dat dit tot my voordeel was dat meeste landerye nou al geoes was en kaal was en dat ek hulle baie v?r kon sien. My skote was ook baie verder as normaal met n hele paar van oor die 400m.
Ek het so ruk terug bietjie huiswerk gedoen op n jakkals teiken en gesien hoe groot hy vertoon in my kruishare op verskillende afstande op 12 x vergroting met my Nightforce. Die Nightforce is nie eintlik my jakkals scope nie, maar vandat ek die .22 250 met sy 1/8 twist loop op gebruik vir my kompetisie geweer, en die Nightforce op hom het, moet hy maar diens doen in die nag ook. Nou dat ek hom gewoond is in die nag, werk hy eintlik baie goed. Ek het ook met die 75gr Hornady A Maxe geskiet aangesien die wind so bietjie erg gewaai het deur die dag.
Ek dink hierdie jakkalse by ons het nog nie Heinrich se kursus bygewoon om te leer dat dit eintlik moeilikke tyd moet wees.
Re: 19 Jakkalse snewel
Posted: Sun Jul 15, 2012 11:47 pm
by quintin
mooi piet
klink of dai jakkies al lekke besig was da, en ek glo jy sal nog so paar da ka piets.
stoot loot en mak hul dood
Re: 19 Jakkalse snewel
Posted: Tue Jul 17, 2012 8:41 pm
by theedge
Baie netjies geluk