Page 1 of 1

Re: hawk sidewinder 30 op 243?

Posted: Mon Jul 09, 2012 12:11 pm
by Koos Barnard
Piet
As jy lus voel vir sukkel koop liewer 'n tweedehandse petrol grassnyer
mooi loop

Re: hawk sidewinder 30 op 243?

Posted: Mon Jul 09, 2012 12:25 pm
by Geno
Piet-Skiet wrote: Het iemand al so scope op 'n senterslag geweer gesit?
Superdup het een op sy plankgeweer, en Vincehond het een op sy .270.

Re: hawk sidewinder 30 op 243?

Posted: Mon Jul 09, 2012 3:01 pm
by Lourens
Bly ver weg van daai goed op 'n geweer wat recoil al is dit net 'n 243 - Made in China keep in fridge...

Re: hawk sidewinder 30 op 243?

Posted: Mon Jul 09, 2012 3:19 pm
by Zack Benade
Ek is nogal beindruk met die Hawke.  Sy lense is baie mooi en die turrets verstel positief.  Hulle waarborge is ook goed.
Ek sal eerder die Hawke vat voor die Redfield en Roedolf.

Die Hawke is waarde vir geld vir die man wat nie baie skiet nie.  As jy geld het is daar beter opsies.

Re: hawk sidewinder 30 op 243?

Posted: Mon Jul 09, 2012 4:12 pm
by Superdup
Ek het daardie hawke afgehaal en op my 243 gesit, hy werk lekker op die roer en hou POI mooi, daar het al so paar springbokkies geval onder hom met die scope op.

Al wat my pla is sy duidelikheid op groot vergroting en as ek s? dit pla my bedoel ek dit, het gesukkel om op langer afstande op groot vergroting duidelik te kan identifiseer.

Groete

Re: hawk sidewinder 30 op 243?

Posted: Tue Jul 10, 2012 3:28 pm
by Superdup
Hy is ja

Re: hawk sidewinder 30 op 243?

Posted: Sun Aug 19, 2012 8:09 pm
by vergund
Wil net se, ek het n Hawke 3-12 x 44sf op my 303 en het nou al meer as 200 rontes deur die geweer met die scope op en het nog nie n dag se probleme gehad nie!

Ek weet dat dit nou wel nie kan saam praat met die groot manne nie , tot ek by die minister van finansies kan verby kom sal dit maar moet doen :o

Re: hawk sidewinder 30 op 243?

Posted: Mon Aug 20, 2012 9:18 am
by Gideon@1
Hola

Ek het self die 6.5-20x42 Sidewinder TAC op my 300 win mag.
( Was lank op my 270 win)
Tot dusver nog geen probleme gehad nie. Scope hou sy POI baie goed.

Persoonlik dink ek dat daar min ander teleskope is met dieselfde specs as die Hawke Sidewinder in die R3300.00 prysklas.

Almal kan ongelukkig nie 'n $$$$$$$ premium teleskoop bekostig nie.

Groete

Gideon@1

Re: hawk sidewinder 30 op 243?

Posted: Thu Aug 23, 2012 10:25 am
by Stefan764
Koos Barnard wrote: Piet
As jy lus voel vir sukkel koop liewer 'n tweedehandse petrol grassnyer
mooi loop
;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D ;D amper wetter ek van my stoel af soos ek lag. Beste een wat ek in n lang ruk gehoor het  ;D ;D