Page 1 of 4
Skiet kursus.
Posted: Wed Jul 04, 2012 4:31 pm
by Pvdw
Manne ek lees gereeld hier op die forum en hoor as manne by die skietbaan gesels oor hoe om nou regtig mooi raak te skiet. Ek self kort baie afronding en tegniek.
Ek het met Piet Breedt gesels en dit so aan hom genoem.
Hy is bereid om ons so 'n kursus aan ste bied mits daar genoeg belangstelling gaan wees.
Piet beplan om dit in die Delmas Nigel area te doen waar hy redelik toegang tot geskikte grond het.
Plaas asb. jou naam hier as jy sou belangstel en sit jou vrae ook hier dan antwoord Piet sommer self of ek vind by hom uit.
Ek plaas nou hierna die inligting soos by Piet self gekry.
Peet
Re: Skiet kursus.
Posted: Wed Jul 04, 2012 4:32 pm
by Pvdw
Ek begin weer kompetisie skiet na baie jare. Laaste keer kompeterend diensskiet gedoen in 1985 in Natal
2006 - Haal die SA Span Van SA Jaggeweer Skiet Vereniging in my eerste jaar van deelname met my .308 Krico en 4.5 -14 x 42 Burris FF II
2007 - Protea Spanlid en Kaptein van Luggeweer Veldteiken - 8ste plek by W?reld kampioenskap in Amerika
2007 - Laeveldjagters Top skut van die jaar
2007 - Champion of Champions wenner tussen al die luggeweer dissiplines (Benchrest, Silhouette, Veldteiken en groepering skiet)
2007 - SA Kampioen Benchrest Luggeweer afdeling met nuwe SA rekord (eerste keer ooit wat ek Bench Rest skiet)
2008 - Protea Spanlid en Kaptein na N/Ierland - Veldteiken
2009 - Protea Spanlid en Kaptein in SA - Veldteiken 12 de plek algeheel
2009 - SA Kampioen - Veldteiken
2010 - SA Jaggeweer Spanlid en skiet toets teen Czech Republiek wat SA wen.
2010 - Protea Span Lid en Kaptein in Hongarye 10de plek algeheel in W?reld Kampioenskappe 17 lande teenwoordig - Veldteiken
2010 - Laeveldjagters Top skut van die jaar
2011 - Protea Spanlid en Kaptein in Itali? en 4de plek algeheel uit 275 skuts van 22 lande teenwoordig by W?reld Kampioenskappe.
2011 - SA Jaggeweer Spanlid
2011 - Wenner van Champion Of Champions Luggeweer.
2012 - Protea spanlid en Kaptein wat in Noorwee gaan skiet in die W?reld Kampioenskappe in Augustus
Ek was ook bevoorreg om lid te wees van die Veldteiken span wat 5 agtereenvolgende Silwer medaljes kon wen by die W?reldkampioenskappe vanaf 2007.
Die kursus bestaan uit die volgende:
1. Die beginsels van skiet en skiet tegnieke soos ek dit toepas.
2. Afstand skat
3. Wind lees en afmik daarvoor
4. Mirage lees
5. Skiet posisies
6. Hartklop beheer
7. "Mental management"
8. Dieet
9. Opstel van geweer en teleskoop
10. Skiet teen skuins hellings
11. Skiet van gonge
12. Gebruik van n geweerband tot jou voordeel.
Ons Nasionale Jaggeweer span is genooi om te gaan deelneem teen die Czechiese Republiek in September, en soos julle reeds weet, gaan ek in Augustus in Noorwee skiet in die Veldteiken W?reldkampioenskappe, en kos dit my n klein fortein.
Ek deel al my skiet kennis en ervaring met julle en leer julle die feinere kunsies van skiet.
Die kursus neem een volle dag en elkeen moet sy eie geweer en ammo saambring, asook eet en drinkgoed sowel as n vleisie vir n braai na die tyd'
Die koste is as volg:
1 x volwassene = R 1000.00
1 x volwasene + 1 x skoolgaande kind = R 1500.00 (elke kind daarna is gratus)
Alle fondse word aangewend vir my skiete oorsee waar ek my land gaan verteenwoordig.
Re: Skiet kursus.
Posted: Wed Jul 04, 2012 5:37 pm
by Louwrens Nel
Ek stel belang. Laat weet vir wanneet dit beplan word.
Re: Skiet kursus.
Posted: Wed Jul 04, 2012 5:40 pm
by Cobus(Cobb)
Ek hou die post ook dop.......
Cheers
Re: Skiet kursus.
Posted: Wed Jul 04, 2012 5:49 pm
by Pvdw
Manne hier is Piet se beskikbare datums.
Sat 4 en Son 5 Augustus
Don 09 Augustus - Womens day
Sat 11 en Son 12 Augustus
Sat 25 en Son 26 Augustus
Sat 01 en Son 02 September
Ek persoonlik dink dat ons dit nie moet laat "inmeng" met die groot Jaracal uittog na die Westransvaal toe nie. Daar is oor die 70 manne op daai uitstappie vanaf die 9de -11de Aug.
Ek persoonlik sou stem vir Sat 25 Aug of Sat 1 Sept. Dis net my opinie. Ek sal probeer wegbly by enige Sondag uitstappie.
Laat weet gerus van hoe julle daaroor voel.
Peet
Re: Skiet kursus.
Posted: Wed Jul 04, 2012 5:54 pm
by LN (Louis)
Peet,
Ek en een van my vriende sal die kursus graag wil bywoon.
Einde Augustus begin September sal my ook beter pas as die begin van Augustus. Die familie kan maar sonder my verjaar vir 'n slag.
Groete,
Re: Skiet kursus.
Posted: Wed Jul 04, 2012 6:44 pm
by kopskoot
Peet
Count my in
Ronald
Re: Skiet kursus.
Posted: Wed Jul 04, 2012 7:37 pm
by Silent Hunting
Hou my ook op hoogte. So klein logistieke probleem, maar ons kyk wat gebeur.
Henk
Re: Skiet kursus.
Posted: Wed Jul 04, 2012 8:02 pm
by Louwrens Nel
Die datums vir 25 Aug en 1 Sep is reg met my.
Re: Skiet kursus.
Posted: Wed Jul 04, 2012 8:33 pm
by Cobus(Cobb)
Silent Hunting wrote:
Hou my ook op hoogte. So klein logistieke probleem, maar ons kyk wat gebeur.
Henk
Henk, sukkel jy weer met die streeptruie??
Cheers
Re: Skiet kursus.
Posted: Wed Jul 04, 2012 10:27 pm
by MichielC
Goeienaand Peet ,
Ek sal beslis belangstel ,
Groete,
Michiel
Re: Skiet kursus.
Posted: Thu Jul 05, 2012 8:02 am
by Jacques van Eeden
Goeie more
Ek sal graag wil bywoon indien moontlik.
Groete
Jacques
Re: Skiet kursus.
Posted: Thu Jul 05, 2012 9:53 am
by martinf
Ek sal ook belang stel.
Re: Skiet kursus.
Posted: Thu Jul 05, 2012 10:58 am
by Heinds
Laat weet maar as julle bietjie nader aan die kaap kom...
Re: Skiet kursus.
Posted: Thu Jul 05, 2012 11:45 am
by Flip Groenewald
Hein2506 wrote:
Laat weet maar as julle bietjie nader aan die kaap kom...
Ek sal ook belangstel as dit nader aan die kaap area is kan n mens nie die selle ding reel vir ons manne in die kaap distrik
Hier is seker n paar manne wat weet hoe om daai sneller te trek.
Sorry vir die Hijack
Groete
Flippie
Re: Skiet kursus.
Posted: Thu Jul 05, 2012 12:00 pm
by matewis
Stem ook vir 'n sessie in die Kaap, sal graag bywoon.. dis mos nou nie 8 dae te perd hiernatoe nie

Re: Skiet kursus.
Posted: Thu Jul 05, 2012 1:47 pm
by Eugene
Peet, dit klink lekker en leersaam!
Ongelukkig is al die datums wat hier bespreek is, reeds namens my geboek deur my pers heks...
Wat van dalk later weer so iets vir die manne wat nie nou kan bykom nie?
Ek is beskikbaar tussen 26 tot 30 Desember! (My vroutjie kan mos maar alleen saam met haar familie kuier, dan gee ek haar mosnou geleentheid om lekker intiem te kuier, of dink julle nie sy gaan dit so sien nie?

Re: Skiet kursus.
Posted: Thu Jul 05, 2012 2:29 pm
by nyati375
Ek sal definitief wil bywoon.
Sal julle laat weet as die datums vas is. Enige Saterdag in Aug en begin Sept pas my.
Re: Skiet kursus.
Posted: Thu Jul 05, 2012 4:08 pm
by tau
matewis wrote:
Stem ook vir 'n sessie in die Kaap, sal graag bywoon.. dis mos nou nie 8 dae te perd hiernatoe nie
Ja asb, anders al ons moet opvlieg of ry en sommer 'n bok in die bosveld loop platrek.
Re: Skiet kursus.
Posted: Thu Jul 05, 2012 4:19 pm
by Jean Marais
Hallo Manne
Kan die jaggeweer manne ook inskakel, of is dit hoofsaaklik vir die kompetiese geweer manne?
Ek stel definitief belang om saam te gaan, plus 2 vriende.
Einde Aug - begin Sep sal my pas.
Baie dankie vir die geleentheid.
Groete
Jean
Re: Skiet kursus.
Posted: Thu Jul 05, 2012 7:46 pm
by Pvdw
Kan die jaggeweer manne ook inskakel, of is dit hoofsaaklik vir die kompetiese geweer manne?
Jean dankie vir daai vraag. Dit het dalk nie mooi oorgekom nie maar die is vir ALLE persone wat wil leer beter skiet.
Ek het reeds Piet 'n boek/kursus gekoop so 'n ruk terug en hy behandel baie aspekte wat die algemene skut/jagter myle beter sal laat skiet. Bring daai jaggeweer saam want dit is wat meeste van ons gaan bring.
Manne ek wil net solank dankie s? vir die reaksie hier.
As julle manne nou mooi vasmaak lyk dit my Piet het werk vir die einde Augustus begin Sept
Peet
Re: Skiet kursus.
Posted: Thu Jul 05, 2012 8:10 pm
by Silent Hunting
Peet,
Watse boek en waar kan ek dit aanskaf?
Henk
Re: Skiet kursus.
Posted: Thu Jul 05, 2012 9:14 pm
by Piet Breedt
Silent Hunting wrote:
Peet,
Watse boek en waar kan ek dit aanskaf?
Henk
Elkeen wat die kursus bywoon kry die CD saam.
Die kursus wat ek aanbied is gemik op alle aspekte van skiet. Ek is n Jaggeweer skut, sowel as n Luggeweer Veldteiken skut. Jy gaan dit wat ek vir jou leer kan toepas op elke vlak van skiet, en beslis ook in die jagveld.
Re: Skiet kursus.
Posted: Thu Jul 05, 2012 9:50 pm
by JAGTERSREG-JRM
Dagse Peet,
Klink na n lekker kursus vir enige jagter of sportskut,ek sal graag wil deel uitmaak van die groep.Laat weet maar oor die datum
Groete'
Kobus
Re: Skiet kursus.
Posted: Fri Jul 06, 2012 3:50 am
by immelmanw
Manne, ek was al op so kursus, glo my, top skut of nie, JY GAAN BAIE LEER,
Laat weet die datum, ek sal ook graag weer bywoon.
Stefan, ek stel voor jy gaan ook!
Groete