Page 1 of 1
Kan jakkalse spring?
Posted: Mon Apr 12, 2010 5:55 am
by Pieter
Dags? Julle
Wil weet of jakkalse kan spring soos 'n hond of rooikat, of "klim" hy draad, ek wil elektrifiseer, en om daai onkoste aan te gaan indien hy bo-oor kan spring gaan mos nie die moeite werd wees nie. Die manne hierrond span so 12 tot 16 drade op 4vt met 1 draad 30cm weg, weerskant van die heining (krag). Hulle s? dit werk.
Boesmanland Groete
Pieter
Re: Kan jakkalse spring?
Posted: Mon Apr 12, 2010 9:46 am
by Raven
Pieter,
Jakkals sal spring met voorpote net net oor gewone 1.2m proefdraad en klouter dan verder oor.
Dit het ek al self gesien, veral by die hoek van 'n kamp as jy hom jaag met die Landy.

Of jak dit elke dag doen dink ek nie.
Raven
Re: Kan jakkalse spring?
Posted: Mon Apr 12, 2010 10:37 am
by Caller
Pieter
Ek beaam wat Raven se. Het ook al gesien dat jakkie los oor 1.2 m. spring.
Caller
Re: Kan jakkalse spring?
Posted: Mon Apr 12, 2010 10:43 am
by Theo E
Pieter
never seen one jump over a fence, but seen one jump through the fence about 4 strands up !
Theo
Re: Kan jakkalse spring?
Posted: Mon Apr 12, 2010 2:25 pm
by Gernie
Middag manne
Het al gesien dat daai ou "wonderlike" rooi hond lelik kan draad klim in die hoek, veral as daar iets agter hom is wat bietjie aanjaag.....
lekker dag
Re: Kan jakkalse spring?
Posted: Mon Apr 12, 2010 5:43 pm
by Robert
Pieter
Die lekkerste wat ek 'n rooihond sien spring het was die slag toe ek hom 'n oordosis lood deur die long gegee het

Die ou sou los oor die bakkie en my agter op gespring het. Sy laaste spring want sy landing was indrklwekkend. Net 'n stof wolk en 'n dowwe blop , toe le die ou DOODstil
Voer die brakke lood
Robert
Re: Kan jakkalse spring?
Posted: Tue Apr 13, 2010 12:40 am
by Francois Marais
Pieter
Spring kan n Jakkals baie goed, my mak tefie was nog nie eers gewissel nie, toe spring sy bo-oor die onderdeur van die agterdeur en bo-op die kombuistafel, sonder moeite.
Soos Raven se, ek glo nie hy doen dit elke dag in die natuur nie, maar hy kan as hy moet.
Mooi loop
Francois
Re: Kan jakkalse spring?
Posted: Tue Apr 13, 2010 7:55 am
by MEERKAT
Pieter
My eerste hans jakkals het 7 voet teen hok se net opgeklim en tussen die dak en net uitgekruip en ontsnap. Die jakkals reuntjie wat ons nou het spring maklik 4 voet regop in die lug van stilstaan en daarna klim hy 'n verdere 3 voet teen die net op.
Dat hulle gewis kan spring is nie te betwyfel. Met toegepakte lyn maak jy dit net vir hom bietjie moeiliker maar as hy wil deurgaan sal dit so wees.
Het al gesien dat rooijakkals en kat in die 30cm spasie tussen netting en elektriese draad heen en weer
stap. Dit wil voorkom asof vernaamlik die jakkals na tydjie gou gou agterkom hoe die dinge werk.
Toegepakte heining en elektriese draad het ook hul plek in beheer metodes , maar tot dusver is daar nog niks wat 100% effektief is nie (van die nie dodelike metodes)
Knou goggas af
MEERKAT
Re: Kan jakkalse spring?
Posted: Sun Apr 25, 2010 12:41 pm
by Biker
Onthou julle die storie van die boesman wat wakker word onder die boom van sy na-ete slapie met die opgekrulde geelslang op sy bors ? "Siena !! skreeu hy , vat weg die kinders en die honde , ek wil SPRING !!!"
Nou - as n dier of mens MOET spring dan sal daar gespring word.
BIKER
Re: Kan jakkalse spring?
Posted: Sun Apr 25, 2010 7:22 pm
by GREYHOUND
Pel van my het twee jakkalse, reun en teef in so n vierkantige graan silo op sy plaas. Die eerste seker 3 meter is n 9 duim muur en daarna is dit n 4.5 duim, so hy maak so n luisie en op die luisie se hoogte is daar n oopening of gat in die muur. op n dag roep sy mense hom en se dat een van jakkalse uit is en daar naby staan maar hy hardloop nie weg nie, kry toe jakkals met hond gevang maar voor hy hom seer kon maak kry hulle hom gevang en gooi hom weer in die silo. Al manier wat hy uit kon kom was deur daardie gat. Hy het toe later uitgevind hoe hy daar uitgekom het, as hy iemand daar insit om skoon te maak hardloop daai jakkals so n draai spring in die hoek teen die een muur en skop hom op en hak op die luisie en trek hom op, daar staan hy tot almal weer uit is dan spring hy weer af. Hulle het daar groot geword en dis seker hoekom hy nie geweet het waar om heen te hardloop, hulle kry elke jaar kleintjies daar binne. Hulle skreeu ook die laaste tyd kwaai en dit is sy teken dat hulle een van die dae weer gaan beginne paar.
Jakkals kan verseker baie hoer spring as wat ons besef.
Greyhound
Re: Kan jakkalse spring?
Posted: Mon Apr 26, 2010 5:54 am
by Pieter
Dag s? almal
Baie dankie vir die terugvoering, lyk my die elektrifisering gaan ook net 'n tyd lank hou, dan gaan ta begin oorspring, met die nege plase rondom my wat leeg l? sal die goed begin uit honger en niks sal hul keer nie, sal ma my boerdery verkoop, sodat die bankbestuurder beter kan slaap!
Boes Groete
Pieter
Re: Kan jakkalse spring?
Posted: Mon Apr 26, 2010 7:19 pm
by Biker
GREYHOUND
Lekker storie. Jy was lank stil.
BIKER
Re: Kan jakkalse spring?
Posted: Mon Apr 26, 2010 8:56 pm
by GREYHOUND
Yes DRIES,
Gaan dit goed met jou en Nonnie. Dit word seker lekker koud daar by julle, die liggie verander ook vinnig hier by ons. Ek het gedink hier is baie jakkalse maar ek het laas naweek daar tuussen greylingstad en standerton gaan skiet, dis n belewenis, met die eerste jakkals roep toe klink dit of die hele wereld om my aan die skreeu gaan, dis net jakkalse rondom my. ek skiet 5 binne 10 minute op die eerste staanplek, van hulle is ou jakkalse met min tande oor, kon duidelik sien hulle weet van niks.
Het toe agt op drie roep plekke geskiet. Die volgende aand is ons na n ander plek toe en ek skiet toe 6 op die eerste roep plek toe is my patrone op want wie het nou gedink ons gaan so baie kry en ek kon nie punte kry om te laai voor ek gery het. anyway oppad terug na die boer se huis wat so 1.5km van waar ek die 6 geskiet het sien ons sommer nog 6 so in die ry. hy gaan haal toe sy 308 met optrent tien verskillende make patrone en toe beginne die sports, ons kry nog net een vir die aand geskiet eintlik het ek gese ons moet ophou want ons maak hulle net slim. Ek het darem 14 uit 15 met my geweer geskiet.
ek wonder hoeveel loop daar op sy plaas rond maar een ding is verseker jy sal nie daar met n skaap boer nie.
groete en sterkte
LOUIS
Re: Kan jakkalse spring?
Posted: Wed Apr 28, 2010 7:27 pm
by Biker
GREYHOUND
Dankie vir daai stukkie en dit gaan goed en ons het al -5*c gehad. Was daai boer n klient of net n vriend?
BIKER
Re: Kan jakkalse spring?
Posted: Wed Apr 28, 2010 7:51 pm
by Ambessa
Hallo Greyhound
GREYHOUND wrote:...darem 14 uit 15 met my geweer geskiet... ...ek wonder hoeveel loop daar op sy plaas rond maar een ding is verseker jy sal nie daar met n skaap boer nie.
...daar was darem seker 'n tapetjie en 'n skaaltjie byderhand met die bootie?
Ambessa
Re: Kan jakkalse spring?
Posted: Sun Jul 11, 2010 5:56 pm
by Chris101
Pieter
Eletrivisering het al daie reaksies uitgelok.
Ken jy Nico Srauss Onseepkans net oor die grens.
Praat met hom moenie die bankbestuuder laat rus skaap gaan nog bitter duur word
en die wat moeite gedoen het skatryk.