Page 1 of 1

Hulp met FN Sauer .270

Posted: Mon Jul 02, 2012 2:53 pm
by HenreH
Goeie Middag alle Forum Lede

Indien moontlik kan iemand my bietjie raad gee. Ek het 'n FN Sauer .270 en gebruik tans PMP proamm 150gr. patrone maar sukkel om groepering te skiet.

Ek het al baie "experts" gehad wat gese het om kleiner gr te probeer of dalk die geweer laat bed?

Kan iemand my dalk raad gee of opinie lig?

Dankie
Henre

Re: Hulp met FN Sauer .270

Posted: Mon Jul 02, 2012 3:08 pm
by BLOK
HenreH wrote: Ek het 'n FN Sauer .270 en gebruik tans PMP proamm 150gr. patrone maar sukkel om groepering te skiet.
Jy het volgens my sommer klaar jou probleem opgelos. Probeer ander fabrikate amunisie en as jy dan nog nie groeperings kry nie kan jy na die ander manne se raad beginne luister.

Re: Hulp met FN Sauer .270

Posted: Fri Jul 06, 2012 11:40 am
by kierriie
Henre.
Ek het ook n 270 fn. Kry geen groepering met fabrikaat ammunisie nie. Probeer maar self herlaai dit gaan dan beter. Maar n 270 fn wil nie groepeer nie het dit al by baie ouens gehoor. Bly weg van 150gr 140 of 130gr werk vir my.

Re: Hulp met FN Sauer .270

Posted: Fri Jul 06, 2012 11:44 am
by kierriie
Het jy ook die yster gedeelte onder jou aksie. Het jy n geweer belt aan. Kyk jou geweer belt maak met n skroefie aan jou loop vas. Haal hom af sodat niks aan jou loop raak nie. Dit help ook n bietjie.

Re: Hulp met FN Sauer .270

Posted: Tue Jul 10, 2012 8:43 am
by HenreH
Dankie vir die Hulp Kierrie.

Ja ek het ook die ystergedeelte in die middel. Ek het wel gevind met die Winchester 150gr patrone kry ek 'n redelike groepering maar die amminusie is baie skaars en duur.

Ek het ook al probeer herlaai met 150gr maar sonder sukses. EK dink ek gaan nou maar aanbeweeg na 135gr en 140gr om rede ek nou vir my 'n 308 aangeskaf het.

Ek het al baie gehoor ouens se jy moet jou geweer tenvolle bed....maar ek weet nie of dit gaan werk?

Groete
Henre

Re: Hulp met FN Sauer .270

Posted: Tue Jul 10, 2012 10:37 am
by jacojrdn
Henre

Kyk of jou kolf behoorlik vas is, het al gekry dat  die kolf los is en die geweer "knak" as jy skiet.

Jaco

Re: Hulp met FN Sauer .270

Posted: Thu Jul 19, 2012 8:24 pm
by Morg
Goeie naand Julle, ek het vandag geregistreer op die website. Ek besit n Sako 375 en ZN Sauer 30.06. Ek gaan more na n ZN Sauer 270 kyk. Die verkoper soek R 15k. Is dit teveel of redelik? Ek wil die Wapen aanskaf vir vlakte jag en Kalahari.
Is dit n goeie keuse of nie?

Re: Hulp met FN Sauer .270

Posted: Thu Jul 19, 2012 10:48 pm
by Gerard
Twee Savage gewere kos R15k.  Akkuraat is meer belangrik as mooi.

Re: Hulp met FN Sauer .270

Posted: Fri Jul 20, 2012 6:46 am
by Morg
More Gerard, ek stem saam! My 30.06 skiet dood, ek sal verseker eers die akkuraatheid Mo?t gaan toets op die skietbaan.

Re: Hulp met FN Sauer .270

Posted: Fri Jul 20, 2012 3:50 pm
by stan man
as alles op jou geweer reg is ,probeer dan herlaaide ammo. dit was my oplossing.