Page 1 of 6

Dit r??n bosvarke

Posted: Sat Jun 30, 2012 6:59 pm
by vlakvark1
Vrydag aand uitgegaan om n bosvark te soek en kyk nou net wat het ek gekry.  Eers een geskiet en uit die mielies gesleep en loop toe in die volgende een vas en so aangegaan tot ek vyf geskiet het.  Kon nie die laaste een drie uur Saterdag oggend opspoor in die mis en koue nie maar wel later toe dit lig word en bietjie warmer hom gekry opgevreet deur die bruin hi?na.  Varke geskiet met 303 - 180gr remington patrone.  Afstande het gewissel van tien meter tot veertig meter.  Het liggie op teleskoop gesit Ledlencer P7 met 'tacticle' skakellaar.Ek loop en skiet binne in die mielielande
Image

Re: Dit re?n bosvarke

Posted: Sat Jun 30, 2012 7:12 pm
by DWB
LIEWE OUERS!!!!

Baie geluk! Mooi varke!

Dis droog hier by ons....

Re: Dit re?n bosvarke

Posted: Sat Jun 30, 2012 8:46 pm
by Marc
Oooh lala, maar jy het hulle lekker bymekaar gemaak  8)

Wens ek kon self so enetjie skraap virrie pot  :'(

Re: Dit re?n bosvarke

Posted: Sat Jun 30, 2012 9:40 pm
by VdWalt
Netjies geskiet daar. Daai is darem die 303 se kos met sulke
lekker swaar koeels.

Re: Dit re?n bosvarke

Posted: Sun Jul 01, 2012 8:30 am
by Frederik
Maak jy my nou baie jaloers ek dink ek moet plan maak om ook bosvark se kind te skiet.
My planne dusver het nog nie uitgewerk nie.  :'(

Re: Dit re?n bosvarke

Posted: Mon Jul 02, 2012 9:07 am
by vlakvark1
Net vir interesantheid LETWEL nie in volgorde nie. Gewigte van 3 groot varke
Slaghuis skaal    1.56.6 kg
                        2. 52.2 kg
                        3. 47.0 kg

Re: Dit re?n bosvarke

Posted: Mon Jul 02, 2012 9:31 am
by Gerhard
Mooi Vlakkie...

Jy het hulle gedreun met die 303.

Re: Dit re?n bosvarke

Posted: Mon Jul 02, 2012 5:23 pm
by Swys14
sjoe daai goed is groot! so n groot vark, wat slag hy uit en hoe is sy vleis? Is dit n lekker dier om te jag?

Re: Dit re?n bosvarke

Posted: Mon Jul 02, 2012 6:10 pm
by DWB
Die lekkerste om te jag!!!!

Re: Dit re?n bosvarke

Posted: Mon Jul 02, 2012 6:41 pm
by vlakvark1
DWB wrote: Die lekkerste om te jag!!!!
Swys 14
Ek jag eerder bosvarke voor ek ander diere jag. Dit is kwaai lekker. Baie aksie en adrenalien veral as jy hulle so op 10meter skiet. Is ook taamlik moelik veral tussen die mielies. ;)

Re: Dit re?n bosvarke

Posted: Mon Jul 02, 2012 6:44 pm
by DWB
Watse ge 10m is dit met almal? Is julle bang? ;D

Altwee myne het op 2m gesneuwel ;D

Re: Dit re?n bosvarke

Posted: Mon Jul 02, 2012 9:05 pm
by FrancoisN
Goed gedoen VV1. Begin nou al wens ons het ook sulke lekker goete om te skiet.

Re: Dit re?n bosvarke

Posted: Mon Jul 02, 2012 10:43 pm
by Topcat
Lekker vlakvark.Ek gebruik ook my ledlencer so op my scope.Die T7.Probeer bietjie jou lig omswaai na links tot hy nie meer kan nie.Uit die pad uit en baie kompak.Kan ook nie so maklik uitstamp nie.Werk vir my.
Laat die vark val!!

Re: Dit re?n bosvarke

Posted: Mon Jul 02, 2012 11:00 pm
by Swys14
TC wrote: Lekker vlakvark.Ek gebruik ook my ledlencer so op my scope.Die T7.Probeer bietjie jou lig omswaai na links tot hy nie meer kan nie.Uit die pad uit en baie kompak.Kan ook nie so maklik uitstamp nie.Werk vir my.
Laat die vark val!!
daai ledlensers is yster

Re: Dit re?n bosvarke

Posted: Mon Jul 02, 2012 11:06 pm
by DWB
Hoe gaan julle manne te werk in die nag?

Ek ken net die varke saam honde.

Wil graag bietjie uitbrei...

Re: Dit re?n bosvarke

Posted: Tue Jul 03, 2012 6:21 am
by vlakvark1
DWB wrote: Hoe gaan julle manne te werk in die nag?

Ek ken net die varke saam honde.

Wil graag bietjie uitbrei...
As die maan so half is tot volmaan verby weer by half is die tye wat ek gebruik om te jag.Dit gee jou so 10dae van skiet tyd. Gaan soek hulle in mielielande wat nog staan of gestroop is.Gaan kyk deur die dag waar hulle meeste mors en waar hulle inkom.
In lande wat mielies nog staan beweeg ek op die spilpunt se wielspore na die plekke wat hulle mors.Sit maar vir so 15 of 20min en dan sal jy hulle
hoor hulle breek die mielies en kou beweeg dan stadig in daai rigting en staan gereeld stil beweeg slegs nader waneer hulle vreet

Jy sien hom sommer maklik-daai donker figuur wat staan en vreet. As ek seker is dit is sit ek liggie aan saam die skoot wat klap

As mielies gestroop is gaan ek vroeg uit en gaan wag vir hulle tot hulle inkom .Jy kan hulle sommer ver sien en skiet dan met liggie

As ek een geskiet het sit stil en moenie dadelik nader beweeg nie die trop beweeg nie ver as een raak geskiet is nie en hulle begin sommer
gou weer vreet wat jou kaans gee vir n 2de een ;)

Re: Dit re?n bosvarke

Posted: Tue Jul 03, 2012 2:09 pm
by NUNAB
netjiese roer ou maat. wel done.

Re: Dit re?n bosvarke

Posted: Sat Jul 07, 2012 11:37 am
by sako 30-06
Vlakvark,so wanneer kan ek kom saam skiet  ;D

Baie goed gedoen,jy maak n man darem maar jaloers.

Re: Dit re?n bosvarke

Posted: Sun Jul 15, 2012 11:32 pm
by quintin
ha ha ha mooi gedoen vlakkie. kan sien jy varstaan hoe om dai 303 te laat ooploop

Re: Dit re?n bosvarke

Posted: Mon Jul 16, 2012 7:38 am
by Cz_apie
DWB wrote: Watse ge 10m is dit met almal? Is julle bang? ;D

Altwee myne het op 2m gesneuwel ;D

;D ;D ;D Nie bang nie - Net versigtig  ;D ;D ;D - Onthou net  - wielneus het "Skerpkant Voorkant" - kan nogal lelike briekmerke los  ;D ;D ;D

Re: Dit re?n bosvarke

Posted: Mon Jul 16, 2012 12:28 pm
by Dweetster
As dit varke reen moet jy skep!
Mooi Vlakvark 1 daai is nou jag, jy praat my taal. Varksnoet is ook 'n 303 en glo my hy kan 'n vark trip.Well done. ;) :laugh:

Re: Dit re?n bosvarke

Posted: Fri Jul 20, 2012 4:33 pm
by stan man
ek is nou mal jaloers.
baie mooi.

Re: Dit re?n bosvarke

Posted: Sun Aug 05, 2012 7:42 pm
by vlakvark1
Die naweek het daar weer 4 bakkie gery. Het vrydagaand 3geskiet en 1saterdagaand of eerder 2uur sondag oggend
Ek het nou net n foto van sondagoggend sin ander fotos verloor vanaf kamera :P :P
Die 303 praat bosvarktaal ??? en ek kan nie verstaan wat die geweer vir die varke s? nie maar ek hou van die eind resultate ;D ;D ;D

Image

Re: Dit re?n bosvarke

Posted: Sun Aug 05, 2012 8:09 pm
by Pvdw
Vlakvark ek het ook 'n 303, waar meld ek aan???

Klink al te lekker, ek droom om een van hulle te kan skiet.

Peet

Re: Dit re?n bosvarke

Posted: Mon Aug 06, 2012 10:11 am
by Dweetster
Wat die 303 lekker maak is die baieeee ammo. Ek het nog 'n ekstra mag ook.Mooi  gegooi vlakvark. Ek was bietjie lui die week het net 2 gekry.