Page 1 of 2

Tips vir Julie

Posted: Fri Jun 29, 2012 7:11 am
by Gerhard
Kom manne...

Dit is die einde van Junie.

Julie is nou die tyd om effektiewe Predasie bestuur toe te pas.

Gee bietjie tips om die stelle die maand pakslae te kan gee.

Gebruik julle nog die moeilike tyd se roep resep?

Re: Tips vir Julie

Posted: Fri Jun 29, 2012 9:02 am
by Rambo
Gerhard... Die moeilike tyd het nog net moeiliker geraak aangesien die kwik in ons geweste nog so paar grade geval het! Maar ja... nog die moeilike tyd!

Re: Tips vir Julie

Posted: Fri Jun 29, 2012 9:10 am
by Smirre
More
my tip vir myself is
SKIET RAAK

ek skiet gisteraand 'n jakkals op 100m so mis ek dink nie eers hy weet ek het op hom geskiet nie!
SIES

smirre

Re: Tips vir Julie

Posted: Fri Jun 29, 2012 9:45 am
by Louis102
Smirre wrote: ... More
my tip vir myself is
SKIET RAAK ...
Smirre, ek hou van jou tip hierbo.  Om egter net te s?: "SKIET RAAK", gaan ons tog nie minder laat mis skiet nie?  Nie een van ons beplan om mis te skiet nie, maar tog gebeur dit.  Wat kan ons doen om foute te voorkom?  M.a.w. het jy dalk 'n paar goeie praktiese wenke hoe ons jou "SKIET RAAK"-tip, 'n werklikheid kan maak?

Mooiloop
Louis

Re: Tips vir Julie

Posted: Fri Jun 29, 2012 9:50 am
by Smirre
Louis
Oefen met die geweer op verskillende afstande is seker maar die antwoord

Ek is gepla om die gewwer op 200m te groep en het skoon vergeeet om na die 100m te kyk. Sal later vandag kyk hoe hoog hy op 100m skiet
bygese dis die eerste aand wat ek met die nuwe geweer (rem 700 223)gaan jakke skiet het so ek het my kop ook nog opgetel.

Smirre

Re: Tips vir Julie

Posted: Fri Jun 29, 2012 10:06 am
by Louis102
Gerhard, my 3 tips vir stelle in Julie sal wees:
  1. 1. Kerngebied
  2. 2. Kerngebied
  3. 3. Kerngebied
Lees maar Heinrich se E Boek na, vir die opsporing van kerngebiede. 

Vangplekke is volgens my, is nie noodwendig die kerngebied van jakkalse nie.  In my w?reld kan die stel maklik 3-4km van hul kerngebied af vang. (verskil dalk in die ho?r reenvalstreke, ek weet nie)  Om dus in my w?reld, al die troefkaart-roepe by die vangplekke te gebruik, is nie noodwendig baie wys nie.

Sterkte
Louis

Re: Tips vir Julie

Posted: Fri Jun 29, 2012 10:15 am
by Louis102
Smirre wrote: ... Ek is gepla om die gewwer op 200m te groep en het skoon vergeeet om na die 100m te kyk ...
Smirre, as jy skietbaan toe gaan, kyk sommer waar die roer op 130m skiet ook.  Baie keer is daardie die gevaarlike afstand as 'n mens op 200m zero (geneig om bo-oor te skiet op +- 130m).  Ek het nie regtig 'n idee van 223 se trajekte nie, maar moenie net op 100m en 200m skiet nie, gewoonlik is die trajek op sy hoogste hier rondom 130m, as ek dalk voorbarig bietjie raad kan gee.

Groete
Louis

Re: Tips vir Julie

Posted: Fri Jun 29, 2012 2:26 pm
by cassie_calvinia
dinge begin hier ook verander. waarna toe het ek nog nie uitgevind nie :-\
maar, dink die moeilike tyd sal darm heelwat verlig word oor so 2weeke.
staanplek, en geduld... 2 plekke die week waar ek jakkals spoor oor die bakkie spoor le...
hoe se oom taffie, waar 'n jakkals is, is daar 'n staanplek. sit maar 4x4 en ry oor 'n berg of 2 in die veld.

Re: Tips vir Julie

Posted: Sat Jun 30, 2012 9:46 am
by stan man
ek het hierdie week agter gekom dat my roep formaat moet aanpas.ek het op verskeie plekke verskeie roepe probeer en het my pit af gesukkel.ek kon net 2 omdop die twee keer wat ek uit gegaan het. saterdag aand het ek my eie tipe van lusious lips gesit en oefen toe kom daar 2 rooikatte in. dinsdag aand nadat ek vir omtrent 2 ure niks gekry het nie sit ek weer en rond toffie met my eie weergawe en so wrintie daar kom toe n stel in met spoed.ek kon egter net die reen piets. 8.95 kg ,so 3 jaar oud en het vere van n poelpetater in sy pens gehad.(polisie hoender,gespikkelde raser,tarentaal) ek dink egter dit was meer uit nuskierigheid uit. maar wat ek wel agtergekom het is dat alleen roep op hierdie stadium by ons n jakkals se handrem laat los in die algemene rigting weg van my af.

Re: Tips vir Julie

Posted: Sun Jul 01, 2012 9:25 pm
by johann
Naand manne, wat ek laas week en weer gister aand agter gekom ht is omtrent diesele as stan met aleen jak klanke. Ek het altwee kere na 2ure op staanplek geen antwoord of reaksie gekry nie, speel toe jakbaklei 1 se begin en jak baklei 4 saam jakkies worstel en 3 antwoord in die buurman se grond. Ongelukkig was daardie deel omhein met krag. Kon dam toe die eintlike skuldige, groot rooikat wyfie omdop wat die boer se lammers vang, na so 45min se springhaas combo en springhaas GK gemeng.

Dink jul nie dit raak jakkalshuil tyd nie?

Groete Johann

Re: Tips vir Julie

Posted: Mon Jul 02, 2012 10:24 am
by stan man
ek dink ek gaan n bietjie baklei gooi na springhaas,en kyk wat gebeur. hierdie jaar is die seisoen maar moeilik. alles is omgekrap. in ons omgewing hoor jy selde n jakkals in die dag,maar die laaste 2 weke bler die lot soos homesick bokke. ewe skielik loop hulle vrek baie in die dag rond.baie meer as in die verlede. ons gaan maar moet geduld gebruik om regtig n impak te kan maak.
op n ligter trant.  ek het nou die aand gaan roep ,na die tyd gaan loop ek soos gewoonlik n draai in die veld. probleem is toe net my bakkie se nuwe camos is toe beter as wat ek gedink het. loop toe seker vir 5 min en soek na my eie persoonlike lift huistoe..  gelukkig het ek so 150m vanaf n bloekom bos af gestaan en kon ek naby die bos soek.
he he he :o

Re: Tips vir Julie

Posted: Mon Jul 02, 2012 10:57 am
by Rambo
Manne...

Elke ou skiet seker jakkals vir sy eie rede! Jakkalese is net nog altyd vir my 'n "awesome" dier waar voor ek baie respek het... Ek jag hom graag omdat dit vir my 'n uitoorle speletjie is... wat gaan dit vat vir die Jakkals om soo nuuskierig te raak dat hy alle vrese agterlos en hardloop om by die roeper uit te kom!

Daar is seker nie ' n verkeerde klank nie... net klanke wat jou in die tyd nie die gemiddelde jakkals gaan inkry nie! Maar al die jakkalse gaan nie dieselfde reageer nie... Ek voel 'n jagter wil nie onnodig sy tyd mors nie, maar moet ook weet wanneer hy 'n kans met iets anders kan vat om daai een nuuskierige jakkals in te lok...

Is die jakkalsie onvoorspelbaar gewees? Of was ek nou te voorspelbaar en het die reaksie my net verbaas?

Die moeilike tyd... Dalk omdat ons langer moet wag om die voorspelbare jakkalsies eers kans moet gee om in te kom voor ons net nog so bietjie moet roep vir die onvoorspelbares... as hulle in die omtrek is?...

Maar dit maak dit vir my lekker...

Re: Tips vir Julie

Posted: Mon Jul 02, 2012 6:42 pm
by iceman1982
Manne,
Nadat ons nou al die basiese goed genoem het, en ons al weet dat staanplek belangrikste is, moet ons ook onthou dat die regte klanke vir die regte tyd van die jaar ook die hele storie makliker maak. Dit help jou geensins om die perfekte staanplek te he, maar jy gebruik aggressiewe klanke in die heel verkeerde tyd nie.
Rambo, wat jy hier se is baie waar. Ek voel daar is versekerlik verkeerde klanke vir sekere tye van die jaar.
So, kan ons vra dat die manne bietjie deel watter klanke werk vir die maand van Julie, en watter klanke maar eerder by die huis gelos moet word.

Mooiloop,

Re: Tips vir Julie

Posted: Mon Jul 02, 2012 6:47 pm
by johans
stan man jy kla oor 2 n aand?hier by ons kry jy dalk 2 met elke 4 jagte as jy gelukkig is :-[

Re: Tips vir Julie

Posted: Tue Jul 03, 2012 7:56 am
by cassie_calvinia
gister aand, na 2 en 'n kwart uur kom draf hul aan(nog geen jakkals roep gespeel nie). die jakkalsproef so 300m van my af....maar hul deurgaan plek daar. ek hou die 2 goed dop hoe spring en woel hul om deur draad te kom. toe draai hul om en draf weg. dit was 100m van hul deurgan plek! hel man, hul kon mos netsowel gekom het! en die twee vang my lammers. ek weet mens staan nie teen draad, maar, dis waar hul elke aand loop.
so gaan dit maar >:(

Re: Tips vir Julie

Posted: Tue Jul 03, 2012 8:13 am
by Gerhard
cassie_calvinia wrote: gister aand, na 2 en 'n kwart uur kom draf hul aan(nog geen jakkals roep gespeel nie). die jakkalsproef so 300m van my af....maar hul deurgaan plek daar. ek hou die 2 goed dop hoe spring en woel hul om deur draad te kom. toe draai hul om en draf weg. dit was 100m van hul deurgan plek! hel man, hul kon mos netsowel gekom het! en die twee vang my lammers. ek weet mens staan nie teen draad, maar, dis waar hul elke aand loop.
so gaan dit maar >:(
Hoekom staan jy nie teen draad nie?

Ek is lief vir draad hoeke by lande of kampe.

Draad is baie keer die grens gebied van n jakkals wat hy gereeld patroleer...

Re: Tips vir Julie

Posted: Tue Jul 03, 2012 8:28 am
by Smirre
Gerhard
ek het ook 'n liefde vir drade veral waar 4 bymekaar kom.
Wat ek vind is dat dit die jakkals natuurlik stop sonder dat jy dit hoef te doen, wat jou beter kans gee om die tweede een te stop met wha wha

smirre

Re: Tips vir Julie

Posted: Tue Jul 03, 2012 8:42 am
by cassie_calvinia
dit so ideaal gewees het, ek weet. maar die landie was klaas driekwart teen die berg uit. daar 'n klip muur, so dis was die naaste punt aan hul deurgaan plek. ek gaan nou nou ysters stel.

Re: Tips vir Julie

Posted: Tue Jul 03, 2012 8:44 am
by Gerhard
cassie_calvinia wrote: dit so ideaal gewees het, ek weet. maar die landie was klaas driekwart teen die berg uit. daar 'n klip muur, so dis was die naaste punt aan hul deurgaan plek. ek gaan nou nou ysters stel.
Ja Cassie,

n Berg is n ander storie...

Sterkte met daai twee honne

Re: Tips vir Julie

Posted: Tue Jul 03, 2012 9:15 am
by johann
Ek hou self ook baie van teen 'n draad staan.

CaSsie, jy sal maar met die buurman moet praat en omgan. Sterkte met hulle.

Groete Johann

Re: Tips vir Julie

Posted: Tue Jul 03, 2012 9:47 am
by stan man
ek het al gekry dat draad hulle grensgebied is,en dan kry jy meer teelpare as wat jy op gebagen het. gaan vanaand in n droe spruit kyk vir jakkalse. ek hoop ek kry daai jakkals met die blou overall wat so koper steel.
die plaas waar ek vanaand gaan was n paar jaar laas op geskiet.maar die jakkatese begin nou om die skaapkraal boer. dit is nou hoeka lamtyd daar.
ek het vir my louis se pikante klanke bestel. kan nie wag nie.ek wil graag sien wat maak sy suid wes klanke.

Re: Tips vir Julie

Posted: Tue Jul 03, 2012 10:11 am
by johann
Stan daai suid-wes klankies werk wonderlik, veral hier in Mei maand.

Groete Johann

Re: Tips vir Julie

Posted: Fri Jul 13, 2012 11:42 am
by cassie_calvinia
dit is mos nou middel julie. gebruik jul al jak huil?
buurman het teef in yster gevang. sy nog nie dragtig nie. kan mos helper ook wees, ek weet nie. maar dink nie daar is 'n helper nie.
so hier sal ek nog bietjie wqg met die agresiewe goed.

Re: Tips vir Julie

Posted: Fri Jul 13, 2012 11:54 am
by Arno Pienaar
Ek het al Jak huil gegooi maar geen reaksie nie. Ek weet van manne wat lekker skiet op Jak huil.

Re: Tips vir Julie

Posted: Fri Jul 13, 2012 1:24 pm
by C.J.
Manne,

By my ook Maandag teef geskiet wat saam met reun ingekom het, was nog nie dragtig nie. Ek gaan ook maar wag tot die einde van die maand voor ek Jak huil ens gaan begin gebruik.

Groete,
C.J.