Page 1 of 8
Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls
Posted: Wed Jun 27, 2012 9:03 pm
by Biltongjagter
Onlangse terugvoering wat ek van jagters ontvang het wat GSC se HV jagkoe?ls in hul jagte gebruik het.
Net so bietjie terugvoer oor die 150 HV . Ons was verlede week in Namibi? en het 'n klomp groot koedoes en gemsbokke geskiet. Ek kon net een koe?l herwin en dit was uit n vlakvark uit. Hy het so plus minus 50 meter van my af in lang gras gestaan en ek moes maar skat waar om die kruis neer te sit.
Ek het hom net agter die blad geskiet waar hy skuins na my gestaan en kyk het. Die koe?l het drie ribbebene gebreek en reg deur die vark gepenetreer tot in die teenoorgestelde boud van die dier en daar die boudbeen gebreek. Die koe?l het daar gaan vassteek. Hy weeg na al daardie werk 142gr en die vleisskade was minimaal. Die persepsie dat die spoed van 3000 vps op kort afstande 'n karkas verwoes, is effens ver verwyder van die waarheid.
Ek raak nog elke keer opgewonde as ek 'n koe?l herwin, want dit gebeur nie dikwels nie. Dit is slegs die tweede een. Die goed skiet eenvoudig deur enige ding en morsdood.
Dankie, DF ~ 12 Junie 2012.
Daar is 'n foto van die herwinde koe?l by wat met 'n selfoon geneem was, ongelukkig is die kwaliteit baie swak en kan mens net sien dat een vlerkie van die paddastoel gevorm tydens ontplooiing van die koe?l, steeds aan die koe?l vas is na dit so te s? deur die vlakvark gevlieg het.
'n Verdere onlangse stukkie terugvoering -
Nog 'n interessante gebeurtenis het die naweek plaasgevind op die skietbaan:
My goeie vriend sukkel met sy 30-06 Musgrave en fabrieks ammunisie.
Ek het hom 'n paar van my ou handgelaaide Noslers gegee wat nie te sleg geskiet het nie, maar natuurlik het hy ges? hy sal eerder met die GSC skiet aangesien dit so mooi uit my geweer skiet.
Die meneer wat langs ons geskiet het, het vir ons beduie dat ons patroontjies (150gr GSC HV) te lig is en die wind gaan dit rondgooi.
Hy reken hy is 'n PH en 'n Meganiese Ingineur en hy skiet net 220gr uit sy 30-06, want die wind maak sy patrone niks.
Byges?, was daar n taamlike dwarswind wat oor die baan gewaai het.
My vriend vat toe een van my gelaaide GSC HV patrone en skiet 'n skoot op n 300m valpaat, sonder om te korrigeer vir die wind.
Hy tref die middel van plaat en die man langs ons is doodstil...
Dit wys net dat die platter trajek, ho? spoed en korter vlugtyd die effek van n dwarswind verminder.
Weereens dankie vir jou puik diens, goeie raad en wonderlike produk !!
Ek het jou SMS ontvang rondom die bestelling.
Groete,
WE ~ 12 Junie 2012.
Dan nog iets van so bietjie minder as 2 jaar gelede, spesiaal vir die manne wat graag fotos van karkasse geskiet met GSC HV koe?ls asook herwinde koe?ls wat in die betrokke jagte gebruik is, wil sien.
Volg hierdie koppeling -
http://www.techfund.co.za/gscgalJacoZeeman1.asp
Groete,
Koos.
NOTA: Wysiging in Onderwerp aangebring deur moderator, sonder my toestemming.
Onderwerp deur myself gewysig op 1 Julie 2012, na die volgende:
Uit die jagter se mond - ervarings met en feite oor GSC koe?ls
Koos.
Re: Uit die jagter se mond -
Posted: Wed Jun 27, 2012 11:29 pm
by Coenie (Swift)
Ruik ek 'n rot?
Net 3 ouens wat gelukkig is en dan het 2 op dieselfde dag ook nog terugvoer gegee......en hulle skryf styl ens is vir my te eenders?
Re: Uit die jagter se mond -
Posted: Thu Jun 28, 2012 7:25 am
by Biltongjagter
Swift,
Volg hierdie koppeling as jy heelwat meer as 2 of 3 wil sien -
http://www.techfund.co.za/GSCTFDistrGallery.asp
Dat daardie twee op dieselfde datum hulle onlangse e-posse gestuur het, is maar heel toevallig.
En nou raak hierdie groot waarheid nog meer waar !!!
Die verskil tussen feite, bemarking en raad hang af van die manier waarop die ontvanger van die feite, bemarking of raad dit sien. ~ Gerard Schultz.
Groete,
Koos.
Re: Uit die jagter se mond -
Posted: Thu Jun 28, 2012 12:42 pm
by BRNO (Pierre)
Swift wrote:
Ruik ek 'n rot?
Net 3 ouens wat gelukkig is en dan het 2 op dieselfde dag ook nog terugvoer gegee......en hulle skryf styl ens is vir my te eenders?
Dalk, dalk nie. Koos het nou sy eie draad oopgemaak vir bespreking van die koeels, en ek voel dit is regverdig dat die koeels dan hier bespreek word. Niks hierbo wys of seggureer eers dat deur dieselfde persoon geskryf is nie.
Ek sou graag meer van die GSC wil weet, aangesien ek dit baie sterk oorweeg om uit my 243 wat nog oppad is te gebruik vir baanskiet, sowel as jag.
Ek sal dit ook waardeer dat enige iemand wat reeds GSC gebruik ook hulle komentare en ondervindinge hier lewer.
Re: Uit die jagter se mond -
Posted: Thu Jun 28, 2012 1:02 pm
by Geno
Pierre,
Ek het verlede jagseisoen die 85gr HV's in my .25-06 gebruik.
Hier is die report:
http://jaracal.com/index.php/topic,4250.0.html
Re: Uit die jagter se mond -
Posted: Thu Jun 28, 2012 1:39 pm
by BRNO (Pierre)
Dankie Geno. Gebruik jy nog steeds die koeels? Indien nie, hoekom nie as ek mag vra.
Re: Uit die jagter se mond -
Posted: Thu Jun 28, 2012 3:34 pm
by Spanner
Ek het ?n hele paar uiters nare ervarings met PMP en Pro-Amm gehad, en het oorgeskakel na die HV koeels in my Musgrave .30-06. Die koeels werk vir my. Hulle is dodelik akkuraat, mors min vleis, en funksioneer uitstekend. Gebruik hulle gerus, ek is seker jy sal tevrede wees. Maar soos met alles, hou matigheid voor o? : gebruik jou gesonde oordeel en benut die koeels oordeelkundig (moenie deur miershope of denneplantasies probeer skiet nie), fokus op korrekte skootplasing en jou bok sal val. As hulle nie so duur was nie sou ek graag net met hulle wou skiet, vir jag en skietbaan, maar dan raak dit bietjie duur. Die koeels klink pragtig om en penetreer diep. Dis selde dat ek enige koeels herwin.
Moenie die produk beoordeel na aanleiding van, of jy van die verkoopsagent hou of nie. Die produk is uitstekend, ek het vir my ?n hele klomp pakke HV 130gr gekoop, genoeg om my 10 jaar se jagte te hou. As hulle eendag klaar is, sal ek Barnes se produk ook probeer, maar vir nou geld die spreekwoord vir my : ?Don?t fix it if it not broken?
Re: Uit die jagter se mond -
Posted: Thu Jun 28, 2012 3:43 pm
by Geno
Pierre - BRNO .30-06 wrote:
Dankie Geno. Gebruik jy nog steeds die koeels? Indien nie, hoekom nie as ek mag vra.
Pierre,
Ek sal hulle in 'n oogwink weer gebruik vir my eie jagte. Tot dusver het ek nog net ge-oes hierdie jaar, waar brein skote vereis word. Daarvoor gebruik ek V-Max en Matchking koe?ls.
Re: Uit die jagter se mond -
Posted: Thu Jun 28, 2012 4:56 pm
by BRNO (Pierre)
Thanks Geno. Waardeer.
Re: Uit die jagter se mond -
Posted: Thu Jun 28, 2012 5:22 pm
by Chevvy SS
Ek het verlede week 'n groot gemsbokbul met 'n 120g HV uit my 7x64 op so 150m geskiet. Ek was baie lugtig, aangesien ek nog net met my 300WM (180g Sako Super Hammerhead) vantevore gemsies op die kop geskiet het.
Skoot was tussen die oor en oog geskiet (so 2 duim ho?r )terwyl die bok plankdwars voor my gestaan en nie vir my gekyk het nie. Hy het net daar neergeslaan, en wat my verbaas het is dat die koe?l dwarsdeur gegaan het.
Re: Uit die jagter se mond -
Posted: Thu Jun 28, 2012 8:03 pm
by LUAN
Chevvy SS wrote:
Ek het verlede week 'n groot gemsbokbul met 'n 120g HV uit my 7x64 op so 150m geskiet. Ek was baie lugtig, aangesien ek nog net met my 300WM (180g Sako Super Hammerhead) vantevore gemsies op die kop geskiet het.
Skoot was tussen die oor en oog geskiet (so 2 duim ho?r )terwyl die bok plankdwars voor my gestaan en nie vir my gekyk het nie. Hy het net daar neergeslaan, en wat my verbaas het is dat die koe?l dwarsdeur gegaan het.
Wat het jy verwag jy het hom dan in die kop geskiet?
Re: Uit die jagter se mond -
Posted: Fri Jun 29, 2012 8:22 am
by Chevvy SS
Ek het al 'n gemsbokbul 4x voor die kop geskiet met PMP's en hy het nie geval nie 303.
Re: Uit die jagter se mond -
Posted: Fri Jun 29, 2012 9:28 am
by vlakvark1
Chevvy SS wrote:
Ek het al 'n gemsbokbul 4x voor die kop geskiet met PMP's en hy het nie geval nie 303.
Hoop nie jy dink dit is die geweer se skuld nie

303 mag maar skiet. Het so ruk terug koedoe geskiet met 30-06 PMP en hy wou nie val nie. Vat altyd ander maak ammunisie saam en kon hom toe skiet met n Remington180gr
Re: Uit die jagter se mond -
Posted: Fri Jun 29, 2012 9:56 am
by Nico Harris
Het laasweek n vlakvark beer op 50m geskiet. Het 69gr gsc gebruik teen 3550ft/s. koeel is langs die linker oog in en het agter die regter skouer gaan sit!!! Koeel herwin het 83% gewig retensie gehaad!!!! n tweede vark is net off centre in die voorkop geskiet en die koeel het net voor die regter boud uitgekom....... vir n 69gr 6mm koeel is dit ongelooflikke penatrasie!!!!
groete
Nico Harris
Re: Uit die jagter se mond -
Posted: Fri Jun 29, 2012 10:30 am
by BRNO (Pierre)
Harris, wat is jou lading op daai spoed, en hoe maklik of moeilik was dit om 'n patroon te kry wat werk? Is die patroon kort genoeg dat hy in jou magasyn pas?
Re: Uit die jagter se mond -
Posted: Fri Jun 29, 2012 11:20 am
by Biltongjagter
Pierre,
Elke geweer het sy eie unieke lading waarmee hy die aanbevole spoed behaal/nie behaal sonder enige tekens van oormatige druk teenwoordig.
Loop lengte is hier die grootste faktor - maar steeds is dit ook so in gewere met dieselfde loop lengtes ook.
My vriend en my .222 gewere het albei 24" lope en ons ladings verskil heelwat, nogtans kry ons albei baie goeie groeperings en jag resultate met dieselfde GSCHV koe?l wat ons gebruik. So verskil ons ammunisie se TPL ook heelwat.
Daarom is dit belangrik om die ladingontwikkelingsmetode wat GSC aanbeveel te gebruik en jou geweer se unieke lading en TPL sodoende vas te stel en dan te gebruik.
Kyk hier -
http://www.techfund.co.za/gscloaddev.asp - wat die baie maklike manier van doen is met die gebruik van GSC koe?ls.
Groete,
Koos.
Re: Uit die jagter se mond -
Posted: Fri Jun 29, 2012 11:44 am
by BRNO (Pierre)
Dankie Koos. Ek sal tog wil hoor of die ouens wat die koeels gebruik ook probleme met TPL het, wat nie in magasyne pas nie, soos in die geval van byv. Barnes.
Re: Uit die jagter se mond -
Posted: Fri Jun 29, 2012 11:59 am
by Vlakvark
Pierre
Hoekom het Barnes 'n probleem met TPL wat nie in Magasyn pas nie
Re: Uit die jagter se mond -
Posted: Fri Jun 29, 2012 2:25 pm
by Gerard
Die doplengte, afgetrek van die TPL spesifikasie, vir die 222 en die 223 verskil na aan 2mm. Dit laat vir die 222 'n puntlengte van 1.91 kaliber en vir die 223 'n puntlengte van 2.23 kaliber. In die praktyk is daar dan te min spasie omdat dit vir die 222 slegs 10.9mm toelaat. Op die 223 is daar 12.7mm spasie. So, indien die punt langer is as 10.9mm sal dit nie werk in 'n 222 nie en langer as 12.7mm werk nie in 'n 223 nie.
Dit skep probleme vir die swaarder koe?ls (oor die algemeen bo 60gr in loodkern en bo 45gr in mono) en daar is min wat dimensioneel uitwerk. Hulle moet een vir een gelaai word. Sierra maak 'n 90gr en Hornady 'n 80gr koe?l wat egter uit die magasyn sal werk. Nosler se 55gr Ballistic Tip is net net reg vir 'n 223 maar werk in baie 222 gewere nie uit nie. So ook Barnes se 55gr TSX, CT se 50gr Silvertip, GSC se 40gr HV en so aan.
Re: Uit die jagter se mond -
Posted: Fri Jun 29, 2012 6:32 pm
by BRNO (Pierre)
Vlakvark wrote:
Pierre
Hoekom het Barnes 'n probleem met TPL wat nie in Magasyn pas nie
Vra sommer vir Marc. Hy is maar een voorbeeld van baie waar die ideale TPL nie in die magasyn pas nie. Dit is een van die onderwerpe wat al meenigmaal hier bespreek is, vernam in die Barns TSX onderwerp.
Skuus Vlakvark. Dit is nou die ideale TPL, en nie die aangepaste TPL sodat die patroon kan werk nie.
Re: Uit die jagter se mond -
Posted: Fri Jun 29, 2012 6:35 pm
by BRNO (Pierre)
Gerard wrote:
Die doplengte, afgetrek van die TPL spesifikasie, vir die 222 en die 223 verskil na aan 2mm. Dit laat vir die 222 'n puntlengte van 1.91 kaliber en vir die 223 'n puntlengte van 2.23 kaliber. In die praktyk is daar dan te min spasie omdat dit vir die 222 slegs 10.9mm toelaat. Op die 223 is daar 12.7mm spasie. So, indien die punt langer is as 10.9mm sal dit nie werk in 'n 222 nie en langer as 12.7mm werk nie in 'n 223 nie.
Dit skep probleme vir die swaarder koe?ls (oor die algemeen bo 60gr in loodkern en bo 45gr in mono) en daar is min wat dimensioneel uitwerk. Hulle moet een vir een gelaai word. Sierra maak 'n 90gr en Hornady 'n 80gr koe?l wat egter uit die magasyn sal werk. Nosler se 55gr Ballistic Tip is net net reg vir 'n 223 maar werk in baie 222 gewere nie uit nie. So ook Barnes se 55gr TSX, CT se 50gr Silvertip, GSC se 40gr HV en so aan.
Dankie Gerard. Dit beantwoord nou nie eindlik my vraag aan Harris nie. My 243 is nog nie eers in Pta nie (tans in Dana Baai) dus kan ek nog nie werklik die mates vir myself neem nie. Ek weet net dat meeste van die ouens wat met Barnes experimenteer, n probleem met die ideale TPL vir hulle geweer het.
Re: Uit die jagter se mond -
Posted: Fri Jun 29, 2012 10:59 pm
by Gerard
Ek verstaan. Dit is ideale TPL en nie TPL wat te lank is nie. Ek het gesien Koos G praat van die 222 en dit is een van die kort TPL patrone wat dikwels opduik en ek het summier aanvaar dat dit van toepassing is.
Re: Uit die jagter se mond -
Posted: Sun Jul 01, 2012 9:42 am
by Marc
Pierre - BRNO .30-06 wrote:
Vlakvark wrote:
Pierre
Hoekom het Barnes 'n probleem met TPL wat nie in Magasyn pas nie
Vra sommer vir Marc. Hy is maar een voorbeeld van baie waar die ideale TPL nie in die magasyn pas nie. Dit is een van die onderwerpe wat al meenigmaal hier bespreek is, vernam in die Barns TSX onderwerp.
Skuus Vlakvark. Dit is nou die ideale TPL, en nie die aangepaste TPL sodat die patroon kan werk nie.
Dankie Pierre
Oom Gerard
Die TTSX punte van Barnes meet 'n TPL van 88.8mm maar die magasyn laat net 86.0mm toe

Al dus, as ek die magasyn wil gebruik moet ek 'n jump van 2.8mm gebruik. Of ek wil of nie

Wat ek nou gaan toets is 'n .3 jump want die akuraatheid met daai 2.8mm jump is nie wat wonders nie. Probleem is net dat ek dan van my jag geweer 'n skyfskiet geweer gaan maak, want hy kan net een skoot op 'n slag skiet
Mooiloop
Marc
Re: Uit die jagter se mond - menings oor GSC koe?ls
Posted: Sun Jul 01, 2012 10:41 am
by Gerard
Met watter patroon het jy die probleem?
Re: Uit die jagter se mond - menings oor GSC koe?ls
Posted: Sun Jul 01, 2012 4:56 pm
by Marc
Gerard wrote:
Met watter patroon het jy die probleem?
Dis die 150 grein TTSX in my 30.06. Ek sal eers verder komintaar nadat ek die ladings/groepe beproef het
