Page 1 of 1

Saterdag "'n Eerste vir Boeta"

Posted: Tue Jun 26, 2012 12:37 pm
by Pikkie
Ek het Saterdag pelle uit gevat vir 'n jag.  Dag was bietjie sleg met reen en wind.  Toe ons die middag 'n worsie braai se my seun hy wil met die 270 skiet. Hy het nog net met die windbuks en .22 geskiet.  Een s? toe hulle gee hom R 50 as hy met eerste skoot die blik raak skiet.  Hy s? toe hy soek 2 skote op die blik.

[img width=244 height=480]http://i1196.photobucket.com/albums/aa4 ... to0111.jpg[/img]

Skoot op die wit in die middel is sy eerste skoot en die ander een die tweede.  Die blik op 30 meter gesit.

Later die middag kwes ons 'n bok en die bok staan toe so op 80m en ek s? hy moet kom skiet.

[img width=360 height=480]http://i1196.photobucket.com/albums/aa4 ... to0107.jpg[/img]

En hy moes toe maar sy decoration kry

[img width=360 height=480]http://i1196.photobucket.com/albums/aa4 ... to0109.jpg[/img]


Baie trots op hom.

Re: Saterdag "'n Eerste vir Boeta"

Posted: Tue Jun 26, 2012 12:48 pm
by Frederik
Netjies hoop hulle het hom R50 x 2 gegee vir al twee skotte wat in is ?

Re: Saterdag "'n Eerste vir Boeta"

Posted: Tue Jun 26, 2012 12:51 pm
by FHM
Pikkie my vriend, ek weet nie hoe kan jy so iets toelaat nie !!!...se vir my daai blik was leeg... ;)
Lyk my daar gaan pa se bonus einde van die jaar vir n geweer vir boeta ;D

Ek sou ook BAIE trots gewees het - mooi man - ons moet hulle vroeg al laat fein knyp met gewere - Vader alleen weet waarnatoe die land oppad is nie ???

Re: Saterdag "'n Eerste vir Boeta"

Posted: Tue Jun 26, 2012 12:55 pm
by Vlakvark
Geluk aan die man goed gedoen hoop ook hy het 'n R100.00 ontvang. En toe moes hy die manne nog kom leer hoe om nie te kwes op 80m ook. Mooi en geluk

Re: Saterdag "'n Eerste vir Boeta"

Posted: Tue Jun 26, 2012 1:20 pm
by vlakvark1
Geluk aan die man met daai bok . Ek dink hy moet 3xR50de kry een vir die bok ook of los die geld en skaf vir hom n geweer aan dan kan hy volgende
keer self jag

Re: Saterdag "'n Eerste vir Boeta"

Posted: Tue Jul 10, 2012 9:40 am
by johnny
Baie geluk, pa en seun , duidelik het pa jou reg geleer met windbuks en . 22 hou so voort.

Re: Saterdag "'n Eerste vir Boeta"

Posted: Wed Jul 11, 2012 4:00 pm
by Boerie
Baie geluk, ek hoop julle het baie van die jag dae wat voorle! Betaal daai R100 met 'n groot smile!