Page 1 of 1

Foxpro Raad

Posted: Mon Mar 29, 2010 6:15 am
by Pieter
Dags? aan almal

Net gou 'n bietjie raad vra rondom die foxpro reeks, ek wil graag weet watter roepklanke op die goed is, ek lees daar is met verskillende aantal klanke, is die klanke dieselfde as die CD's wat beskikbaar is? Waar ek die Foxpro kan koop, is sy klank gehalte meer suiwerder en beter as die remote-caller sin. Ek het die remote-caller, maar het die geneigtheid om 'n ssssh klank te maak op 'n sekere posisie van die stoel, maar ook nie elke keer op dieselfde plek nie, wanneer ek in die ronte lig, as ek dit kan hoor, sal jak dit myle v?r kan hoor! Dan die belangrikste, die koste daarvan.

So vinnig raak gelees, waar daar gevra word of die jakkalsgetalle meer word, hier by ons definitief, die goed het AL MY LAMMERS WAT VANAF DESEMBER 2009 TOT NOU TOE AANGEKOM HET OPGEVANG, tussen ek en my buurman, het ons in 'n km raduis die afgelope maand 19 jakkalse geskiet, dan praat ek nie eers van die ander wat ek op my plaas geskiet het nie, die goed stroom in soos water, en het 'n b-com graad in ontwyking, het nie vaste loop patrone nie, so dit neuk maar om die 18 000ha skoon te hou.

Boesmanland Groete

Pieter

Re: Foxpro Raad

Posted: Mon Mar 29, 2010 7:45 am
by Kruger
Pieter
Foxpro's kom met 'n aantal klanke vooraf geprogrammeer, maar enige van hierdie klanke kan afgehaal en vervang word met ander klanke, solank die klank wat jy wil opsit in mp3 formaat is. Jy kan dus enige van die klanke wat op die roep cd's beskikbaar is op 'n foxpro sit en weer vervang met ander, soveel kere as wat jy wil.
Wat helderheid of skoonheid van klank betref is die foxpro beslis beter as tewis se remote roeper. Daar is geen suis-geluide nie, net kristal helder klank. Daar is verskeie foxpro modelle beskikbaar wat wissel tussen so R3000 tot seker R8000. Hoeveelheid klanke wat elkeen kan hanteer is die hoof prysbepaler. PM vir AllanT op die forum of bel hom by 0828226496 / 0419922079. Hy kan jou presiese detail en beste pryse op elkeen gee.
Groete
KL

Re: Foxpro Raad

Posted: Mon Mar 29, 2010 7:54 am
by Francois Marais
Pieter

Ek wou jou nou n lang storie vertel, gelukkig sien ek toe Kruger is my voor.

Ek dink ook Foxpro is die beter kwaliteit roeper. Soos Kruger voorgestel het, praat met Allan, hy sal al jou vrae kan antwoord, op die stadium dink ek die SPITFIRE is die nuwe CRAZE, baie goeie waarde vir geld, as jy meer klanke wil he (32) kyk na n FX3, en as jy meer funksies wil he, kyk na n FURY.

Mooi loop
Francois

Re: Foxpro Raad

Posted: Sun Apr 04, 2010 7:19 am
by Pieter
Kruger, Francois

Baie dankie vir die terugvoering, ek sal beslis die kontak werk doen, want ek het gister een nodig gehad. Wys hoe die noodlot werk, toe ek begin dink aan die Foxpro, toe gebeur dit met my.

Gaan Vrydag middag na lang protes klagte van my vrou, dat dit 'n sondag is, en nie gejag moet word nie, my verweer was dat die jakkalse dit nie weet nie, in veld toe. Met laaste lig begin ek te roep, toe dit donker was, begin jak te skree, weer van daai skree waarvan ek nie hou nie, maar ek antwoord maar, dit was nie lank nie, toe tel ek die o? daar v?r op, waar daar geskree was, soos 'n stoom trein kom sy in, ek het haar nie gestop gekry, toe sy in my oorlogs gebied inbeweeg nie, as ek 'n lang knop kierrie gehad het, het ek haar sommer so in die verby hardloop by die bakkie, vrek geslaan, reguit caller toe, net gestop om te sien dis dan glad nie wat sy verwag het nie, het het verder begin hardloop, toe klop ek haar maar van agter, sy begin toe aan skree gaan, ek wag en lig rond, Toe nog twee o? van verskillende rigtings storm in. Skiet altwee met die inkom in die slagveld, nou is die adrenalien baie hoog. Met die val van die laaste een, lig ek weer in die ronte, tel weer o? op en laat loop, daai klap daar voor was nie daai nat sak klap nie, onmiddelik het ek geweet my caller is in sy moer. Die 1ste een moes die caller geskuif het, want ek sit dit juis so neer dat ek net 1 reflekter kan sien.

Nou ja, soos ek ges? het, ek het nou 'n foxpro of iets wat op aanbeveling is dringend nodig. Nou ja, vrou lief se opmerking was, "het mos ges? 'n mens jag nie op 'n sondag nie!"

Boesmanland Groete
Pieter

Re: Foxpro Raad

Posted: Sun Apr 04, 2010 9:53 am
by Biker
PIETER
Waar het jy gevat op die FOXPRO  ??? ??? ??? Dit lyk my op daai stadium was dit oop visier ;D ;D ;D ;D

BIKER

Re: Foxpro Raad

Posted: Sun Apr 04, 2010 10:00 am
by Freddie101
Pieter
Jy is nie die eerste een wat een van daardie ongediertes doodskiet nie.
Freddie

Re: Foxpro Raad

Posted: Sun Apr 04, 2010 8:36 pm
by Christo
Pieter wrote: tel weer o? op en laat loop, daai klap daar voor was nie daai nat sak klap nie, onmiddelik het ek geweet my caller is in sy moer.
Moet nie vergeet om die foto te plaas nie. Ook nie om die data deur te gee na Ambessa nie. Ek dink hy kan nou begin om 'n apate tipe Roofdier(of prooidier) in te bring by die data. Lyk my daar groet heelparty roepers so onwetend in die verloop van tyd.  ;)

Ek soek nog die plaas van 5 uur kan uitval en weer Maandag oggend 8 uur oopmaak. Kleinboere het hulle reeds probeer en die bewyse is landswyd beskikbaar.

Christo

Re: Foxpro Raad

Posted: Mon Apr 05, 2010 10:03 am
by Pieter
'lo Julle

Ek het gegaan vir tussen die o?, aangesien hy so stil gestaan het, lig was "gedim" ek wou die foto's stuur maar ek weet nie hoe om dit hier in te kry nie.

Mooi Loop

Pieter

Re: Foxpro Raad

Posted: Mon Apr 05, 2010 12:43 pm
by KSV
Pieter,

Kyk by voorportaal dan onder fotoplaas tutorial. Dit verduidelik baie mooi die stappe.

KSV

Re: Foxpro Raad

Posted: Sat Apr 17, 2010 7:27 am
by Pieter
Dag s?

Hier is die foto's van die jakkies wat my bestorm het, ouma, ma en dogter volgens die tande, en dan die nuwe spesie wat saam met hul was.

Boesmanland groete

Pieter

Image

Image

Re: Foxpro Raad

Posted: Sat Apr 17, 2010 9:00 am
by Robert
Pieter

Mooi man :D ;) ;D Veral op die nuwe spesie?????

Ek moet se dit kos fyn skiet as jy die lugdraad  en die speaker saam kon tref. Ek dink daar speaker is bietjie erg dood maar kan seker herstel word?? Hou die stel dan as back up.

Kontak vir Tewis en vra kwotasie vir herstel. 0836309419.

Lyk of ons bietjie water kan kry vandag.

Groete vanaf jou voorstoep

Robert