Page 1 of 1
Stabilisering van projektiel
Posted: Fri Jan 23, 2009 10:25 pm
by Dawie
Ek het my 30-kwes se lading verander omdat as hy warm geskiet raak tekens van druk degin wys het en my skouer onnodig pak moes vat. My groeprings op 100m was OK met die vorige lading. Ek toets toe die ligter lading vamore en kom agter dat hy
baie beter groepeer op 200m as 100m 
, sommer sleg op 100m. Het al baie gehoor van "Hy's nog nie gestabiliseer op 100m nie ens." Na ek 'n p?llie geb?l het wat benchrest skiet, en nog nie tevrede was met sy antwoorde nie, soek ek toe bietjie rond en kom op hierdie oulike verduideliking af op die onderstaande link...
http://yarchive.net/gun/ammo/bullet_helical_path.html
Bitter interesant behalwe die middelste stuk wat te sommietjierig raak.
Daar leer ek weer iets!!
Dawie
Net vir interesantheid my vorige lading was 59gr S365 met Interlock 165grBT @ 3080fps
nou's hy 57,5gr S365
Re: Stabilisering van projektiel
Posted: Sat Jan 24, 2009 12:10 pm
by tafjak
Dawie
Ek is nie 'n kenner nie, maar darie lading lyk rof. Somchem gee rofweg 56g S365 op 168g koeel , 57g S365 op 150g koeel as max.
lyk na 'n roer wat jy het.
Taffie
Re: Stabilisering van projektiel
Posted: Sat Jan 24, 2009 5:03 pm
by Dawie
Taffie geluk met daai jakkalse,
Ek hoop jy't die link interesant gevind? Die roer is niks spesiaals nie ou K98 Musgrave. Die doppe is ma Highland wat ek dink darem meer spasie het as PMP doppe. En jy's reg dis 'n rowwe lading maar ek hou die spul dop vir te veel druk.
Dawie
Ps Andr?(Swarofski) sal laat weet as die spul in my gevreet gebars het.
Re: Stabilisering van projektiel
Posted: Sun Jan 25, 2009 8:21 am
by tafjak
Dawie
Jong ek sien die Boere is nie bang nie, vir herlaai in elk geval nie. Daar is een kaliber waar ek wegbly as dit by eksperimente kom en dit is 'n pel van my se 6x45, ek wonder hoekom ou Gregor Woods so van die roer hou.
Taffie
Re: Stabilisering van projektiel
Posted: Sun Jan 25, 2009 10:07 am
by raychell
Taffie
Dit lyk my Dawie het iets beet,Somchem se laaidata kom nie eers vir 'n .300 win Mag by Dawie se spoed nie.Is dit dalk 'n boere ACKLEY!

Raynie
Re: Stabilisering van projektiel
Posted: Sun Jan 25, 2009 10:48 am
by Dawie
Raynie
Ek het nou self in die Somchem boekie gaan kyk, en wragtie. Waarom sou mens dan 'n 300 win mag koop as jy vir baie goedkoper, en onveiliger, dit met 'n 30-06 kan doen???

Dawie
Re: Stabilisering van projektiel
Posted: Sun Jan 25, 2009 12:26 pm
by johan
Kerels
ASSEBLIEF alle eienaars van 30-06 gewere moet besef dat die lading van Dawie net veilig is in sy geweer se kamer,kopspasie,loop demensies.En dan net met sy dop,punt,slagdop en lading kombinasie.
Dit moet onder geen omstandighede in enige ander 30-06 geweer geskiet word nie !!!!!!!!!!!!!!
Ek vra weer mooi ASB MOET NIE DIE LADING GEBRUIK NIE
johan...QBE
Re: Stabilisering van projektiel
Posted: Sun Jan 25, 2009 2:23 pm
by Dawie
Ja Johan
Die Topic gaan oor die LINK wat handel oor die spiraal pad wat die ongestabileseerde punt volg voor hy stabiliseer wat ek graag wou deel.
Die topic was nou ongelukkig ge-sidetrack deur my
onverantwoordelike brokkie by-inligting. 
Die lading is na opgewerk en ek kan almal ook maar net vra om eers 'n studie te maak van herlaai en ladings van onder af op te werk met die nodige agting vir veiligheid en NOOIT LADINGS WAARVAN JY GEHOOR SOMMER NET TE LAAI NIE!!!!!!!!!!
Het iemand al die link gelees??? Dawie
Re: Stabilisering van projektiel
Posted: Sun Jan 25, 2009 2:36 pm
by Dawie
Terug na die bespreking, ek het gehoor dat boat-tail punte langer vat om te stabiliseer. Is dit omdat hulle "centre of gravity" verder vorentoe is agv die materiaal wat weggevat word op die stert. Ek het iewers gehoor 'n stabiele of akurate punt se "centre of gravity" probeer die vervaardigers so ver terug bring as moontlik deur bv gaaitjie voor in te boor ens???
Het die eksperts 'n antwoord of verduideliking? Dawie
Re: Stabilisering van projektiel
Posted: Sun Jan 25, 2009 3:09 pm
by johan
Dawie
Jammer dat ek jou skrywe ge hi-jack het.
Re: Stabilisering van projektiel
Posted: Sun Jan 25, 2009 3:15 pm
by Dawie
Roerder
Dis als in die haak....dit was nodig, Wat s? jy van die topic??
Dawie
Re: Stabilisering van projektiel
Posted: Sun Jan 25, 2009 3:34 pm
by tafjak
Dawie
Ek het dit toe darem gelees gekry en dit maak sin. Van flatbase en boattail koeels weet ek egter nie so baie nie, kom net agter dat die groeperings beter is met flatbase koeels. Ek skiet hierdie varmint koeels so vinnig ek kan om tot so 270 meter nie te veel te worry nie. My ou teleskopie het die # 8 kruisdraad en as die jakkals om die kruis moet loer om my te sien weet ek dat dit te ver is. Lekker om die jakkals in die teleskoop te sien val.
Taffie
Re: Stabilisering van projektiel
Posted: Sun Feb 15, 2009 4:51 pm
by rednat
Dawie
Het die antwoord nie met ballistiese koe?ffisient en sectional density te make nie.??
Speel dit werklik 'n rol nader as 250 meter???
By penetrasie op grootwild is die platgat nie so geneig om in die bok te dwaal nie.
Re: Stabilisering van projektiel
Posted: Sun Feb 15, 2009 5:13 pm
by Dawie
Ek pleit onnosel... is daar nie van die slim manne wat weet nie? Dawie
Re: Stabilisering van projektiel
Posted: Mon Feb 16, 2009 10:58 am
by rednat
Dawie
Stabilisering hou verband met die RPM van die projektiel. Die ideaal vir enige koe?l is tussen 180000 en 230000 rpm. Dus spoed en groeftwist is die belangrike dinge. Looplengte speel beslis ook 'n rol. Soos 'n koe?l trek sal sy spoed en sy rpm verander.
B.K. en S.D. bepaal hoe gou jou koe?l sy spoed sal verloor wat weer sy stabiliteit sal be?nvloed.
Hierdie dinge maak egter nie in die jagveld en op normale jagafstande veel verskil nie en is sommer net om sekere slim ouens se verstand aan die werk te hou.
Werk vir jou ladings uit en kyk watter lading pas jou geweer en geniet jou skiet.
Daar is geen twee gewere met dieselfde eienskappe en wat presies dieselfde skiet nie --- amper soos vry, elke meisie het haar eie dinge.
Re: Stabilisering van projektiel
Posted: Mon Feb 16, 2009 3:08 pm
by JACQUES BOTHA
rpm hoe vinnig moet n koelkie trek , of hoe vinnig kan hy spin voor hy van koers af spin of disintegreer of sommer homself uit shape uit spin en gaan tref waar hy wil...
Is dit moontlik dat n punt kan disintegreer voor hy by teiken kom?
Soou ek dan aflei hoe vinniger hy spin hoe beter moet die konstruksie wees....
Ek weet dit is neuskrap akkuraatheid waarvan ons nou praat , maar net lekker om te weet..
ek skiet my roer waa hy groeepeer en dis dit..
en hoe meet n mens jou revs op jou punt?
dalk net met n volume, maar ek vra ma net..
Re: Stabilisering van projektiel
Posted: Mon Feb 16, 2009 3:58 pm
by projag
Jy meet nie jou refs nie. Werk hulle uit. Daar is bewese optimum RPM as die ideaal om te gebruik met inagneem van verskeie by faktore.
Ek maak my egter nie moeg met al hierdie teorie nie en het nog altyd vleis in die pot gehad en ook nie te stukkend geskiet nie.
Ja die koeel kan disintegreer. Ken mos die storie van die eerste swift koe?ltjies wat soos vo?lhael op 20tree geskiet het.
'n Koe?l spin nie van koers nie behalwe met meer drukking of wrywing op een sy.
Re: Stabilisering van projektiel
Posted: Wed May 06, 2009 12:20 am
by Francois Marais
http://www.riflebarrels.com/articles/bullets_ballastics/bullet_imbalance_twist.htm
n Baie oulikke link vi die manne wat RERIG meer wil weet oor die stabilisering en twist storie, by LILJA LOPE se site.
Laka lees.
Francois
Re: Stabilisering van projektiel
Posted: Wed May 06, 2009 1:57 pm
by JACQUES BOTHA
FM.
dis nie dalk FM wat familie is van chris cotzee....nie (de wetsdorp)?
mooi loop (die sand maak mooi spore en mens ka ver skiet as jy n 30 hart het in daai suidwes afrika )
Re: Stabilisering van projektiel
Posted: Wed May 06, 2009 7:45 pm
by Mac
hierdie site kan ook dalk n' kersliggie by las op die onderwerp
http://www.nennstiel-ruprecht.de/bullfly/index.htm
Graham
Re: Stabilisering van projektiel
Posted: Tue May 12, 2009 12:51 am
by Francois Marais
Hi Jacques
Sorry, jou post misgekyk.
Nee man, ek het nie familie in daai wereld nie, in Pretoria se wereld wel, en dan maar hier by ons.
Mooi loop.
Francois