Page 1 of 1

oops!!!

Posted: Wed Jun 20, 2012 11:13 am
by stan man
gisteraand op n nuwe plaas gaan skiet die jakkalse is so skelm soos wat ek nog nooit gesien het nie.ek kon dit nie verstaan nie. staan toe so n uur en n half op een spot en sien oe vir 3 sekondes. skiet toe niks. gaan staan toe op n ander plek en sien 2 steenbokke en n vlakhaas en n ystervark. skiet ook egter niks. daar het ons gestaan vir so uur. ry toe terug en sien jakkals hang aan die draad. hulle het laasweek self geskiet en 'vergeet' om my te se.

op pad terug deur die spruit tel ek oe op.whoop die bloody doodaa day!!! die kietie sit onder n boom ,so tussen die fyn takkies.ek le toe aan en ek sien dis nog n jongetjie. dit is so n bietjie deinserig en ek dog toe ek sal maar laat loop. die .270 blaf en ek weet dit is uit die boek uit.onder die ken en agter uit.dit is wat ek nou van hou.ek loop toe die 140meter deur die vleiland om my trofee te gaan haal. ek kry haar baie maklik.ou allie roep my op die radio en ek se toe ek het gekry .ek weier toe egter om verder te praat.  by die bakkie was allieman se oe toe nogal groot toe ek daar aankom.


EK HET NOG NOOIT SO N GROOT HUISKAT GESKIET NIE.  ek weet nie waarmee was daai kat met die wit bene gekruis nie.

Re: oops!!!

Posted: Wed Jun 20, 2012 11:19 am
by Gerhard
foto???

Re: oops!!!

Posted: Wed Jun 20, 2012 11:19 am
by NicoSmit
jy het moeilikheid en dis nie pampoen nie selle kleur  .hoop nie dis sussie se kat nie

Re: oops!!!

Posted: Wed Jun 20, 2012 11:35 am
by Francois Briedenhann
Foto sal gaaf wees

Re: oops!!!

Posted: Wed Jun 20, 2012 3:40 pm
by stan man
ek het ongelukkig nie n foto geneem nie,maar julle moes die klong wat saam gegaan het se gesig gesien het. ek hoop nie dit was sy kat nie.

Re: oops!!!

Posted: Wed Jun 20, 2012 7:16 pm
by Geno
Ludwig het een aand gesien hoe klop ek 'n gemmerkat in 'n beet land.
Daai kietsie het lekker backflips gegooi. Sal hom leer om by die huis te bly!

Re: oops!!!

Posted: Wed Jun 20, 2012 7:19 pm
by Gerhard
Geno wrote: Ludwig het een aand gesien hoe klop ek 'n gemmerkat in 'n beet land.
Daai kietsie het lekker backflips gegooi. Sal hom leer om by die huis te bly!
Daai aand toe die muskiete julle so geroer het?  ;D

Re: oops!!!

Posted: Wed Jun 20, 2012 7:25 pm
by Beretta
Geno
;D  ;D ;D het ook al daardie ding gedoen per ongeluk ;D
Beretta

Re: oops!!!

Posted: Wed Jun 20, 2012 7:55 pm
by Geno
Gerhard,
Daai einste aand ja!

Oom B,
Ek het daai een effens aspris geskiet!

Re: oops!!!

Posted: Wed Jun 20, 2012 8:14 pm
by Gerhard
Geno wrote: Gerhard,
Daai einste aand ja!

Oom B,
Ek het daai een effens aspris geskiet!
Net om te wys die 25-06 is vinniger as n gemmer kat...  lol


Die vaal bos katte het my al so besig gehou in Ellisras se wereld. Net as ek daai skoot wil stukkend knyp dan sien ek daai voorste bene met sy swart streep...