Page 1 of 1

hey kietsie; kietsie?? voertsek!!!!

Posted: Wed Jun 20, 2012 9:54 am
by stan man
ek het raad gevra oor die plaas met die njalas. wel ek het een keer uit gegaan en ek en allieman het 4 jakkatese daar gepiets. gisteraand sou ons gaan opvolg,maar kry toe n oproep van die grond eienaar af wat my tor van my prop af laat neuk het.

ons moet asb nie die moeite doen nie want hulle wil nie die jakkaslse minder maak nie want hulle sal nooit aan bokke eet nie.dit is nie in hulle natuur nie. hulle bou nou hulle eie vang hokke,hulle sal self die probleem aanspreek. volgens my is dit nou weer n stadsknapie wat sy aanstaande skoonpa wil 'impress' met sy eie vindingreikheid.tog snaaks as jy ander mense se toerusting gesien het is jy ewe skielik die ou vir die werk.

dit maak my nou mooi DIE MOER IN. sorry!!!
ek sit 2 tot 4 aande in n week in die veld en doen probleemdier beheer. en ek dink nie ek doen te sleg nie.  dit beteken vir die boer baie en ek vermoor hulle nie met pryse nie.
ek hoop net ek is die enigste aap wat die ander ouens so slim maak dat ek nie meer die werk goed genoeg kan doen nie.

nou wil ek net weet het iemand vir my n call wat rooikat roep en jakkals verjaag??

Re: hey kietsie; kietsie?? voertsek!!!!

Posted: Wed Jun 20, 2012 9:57 am
by Naas
Janee Jong,Dit is sleg

Maar tenminste kon jy dam 4 van sy teel diere skiet.dit help weer die grooter prentjie.


Naas

Re: hey kietsie; kietsie?? voertsek!!!!

Posted: Wed Jun 20, 2012 7:24 pm
by Gerhard
Los hom dat die goed sy nyalas vang...

Re: hey kietsie; kietsie?? voertsek!!!!

Posted: Wed Jun 20, 2012 11:30 pm
by Johnnie De Wet
Volgende jaar is daar lekker baie om te skiet, hy het mos jou nommer...

Re: hey kietsie; kietsie?? voertsek!!!!

Posted: Thu Jun 21, 2012 6:47 am
by Wayne
Stan man, same thing happens this side, was called to a farm last year where farmer had lost a calf, shot a pair of jackals, now I year his mates go out calling over wk ends. Have told him when shit hits the fan not to call me as those jakkies are now going to get a masters degree in the calling method. Good luck that side.

Re: hey kietsie; kietsie?? voertsek!!!!

Posted: Thu Jun 21, 2012 9:10 am
by Cz_apie
Gerhard wrote: Los hom dat die goed sy nyalas vang...
;D ;D +1  Los hom, Klink vir my asof die ou "SLIM" genoeg is om op sy eie te kan opsnork

Re: hey kietsie; kietsie?? voertsek!!!!

Posted: Thu Jun 21, 2012 6:23 pm
by sakkievanheerden
Stan man
Nou weet jy watter vinger om vir hom te wys as hy jou weer bel.
Groete
Sakkie van Heerden

Re: hey kietsie; kietsie?? voertsek!!!!

Posted: Thu Jun 21, 2012 7:28 pm
by vlakvark1
Stan man
As hy jou weer bel dan vra jy hom n stewige bedrag :o per jakkals, want hy gaan jou weer nodig kry sodra hy sien hy kry nie die jakkies gevang nie