Page 1 of 1
plaas koop raad
Posted: Tue Jun 19, 2012 1:39 pm
by Theuns0611
Middag manne,
Ek wil graag n wildsplaas in die Nylstroom, Vaalwater distrik koop, het reeds n moontlike plaas waarna ek kyk maar het nie veel ondervinding met die soort ding nie. Kan jul dalk vir my raad gee oor waarvoor op di uitkyk t wees, watse tipe vrae om aan die eienaaar te vra en of dit ooit n goeie distrik is om in te koop, wat n goeie grootte vir n plaas sal wees in daardie omgweing ens!!? Asb manne sal baie waardeur word!
Groete,
Theuns
Re: plaas koop raad
Posted: Tue Jun 19, 2012 1:50 pm
by Coenie (Swift)
Theuns,
Daar is baie antwoorde, ek dink jy moet eers meer inligting gee bv. waarvoor wil jy dit gebruik, wat is jou doel ens. Daarna sal mens meer inligting kan gee. bv as jy wil teel het jy nie groot grond nodig nie, jag groter en infrastruktuur wat is ingesluit en nie ens.
Nylstroom is goeie area, is dit op berg en rante?
Re: plaas koop raad
Posted: Tue Jun 19, 2012 2:26 pm
by Danie01
Soos Piet se water maar ek wil ook drade bylas, asook die toestand van die veld, was dit oorbewei of dalk uitgetrap?
Dan moet jy kyk wat die drakrag is, watter diere daar aard en besluit of dit wat jy daar wil doen gaan werk met soort weiding beskikbaar, bv n buffel gaan nie in die karoo aanpas nie, net n voorbeeld.
Groete
Re: plaas koop raad
Posted: Tue Jun 19, 2012 2:40 pm
by Verkenner
Goue reel is "location, Location,Location!!!!"
And yes watch out for the location.. 
Grondeise sal my baie pla

Re: plaas koop raad
Posted: Tue Jun 19, 2012 2:43 pm
by Wouter Roets
Hallo Theuns
Daar is soveel om in ag te neem as jy plaas koop dat ek nie in drie dae klaar geskryf sal kan kry nie. Bel my op 083 378 4147 dan sal ek probeer help met my beperkte kennis oor die wildbedryf.
Groetnis
Wouter
Re: plaas koop raad
Posted: Tue Jun 19, 2012 3:15 pm
by Cobus(Cobb)
Water, dienste en grondeise....ek het annedag gehoor as daar iets is wat soos 'n klipkraal of grafsteen lyk, wil hulle net vat.
Cheers
Re: plaas koop raad
Posted: Tue Jun 19, 2012 8:19 pm
by 22-250 Sniper
Bly so ver weg van groot paaie as wat jy kan as jy n gps nodig het om die plaas te kry so veel te beter en pasop vir serwatiete dit is net moeilikheid
Re: plaas koop raad
Posted: Tue Jun 19, 2012 8:36 pm
by junglejulian
bel vir renita prinsloo(015 491 3300) by die distrik landbou unie.as jy n plaasnaam of nommer het kan sy kyk of daar enige grondeise op die grond is.goeie idee om jou aanstaande bure ook te ontmoet.veral vir as jy later grond wil by koop of hulp nodig het met veld brande.in daai distrik is dit die bergbobbejane se wintersport.
Re: plaas koop raad
Posted: Tue Jun 19, 2012 8:42 pm
by Zack Benade
Grondeise---spandeer maar geld en tyd om seker te maak.
Water
Reenval vir die plaas. Perty plase kry baie reen en die plaas langs hom min. Jaar vir Jaar
Re: plaas koop raad
Posted: Tue Jun 19, 2012 8:50 pm
by ablm468
Ai manne, (jammer vir die boere) ons weet almal vloek, drink en belasting ontduiking is verkeerd maar ons doen dit nog steeds, selfde met boerdery.
Ek het lank op 'n plaas gebly en het my tyd geniet maar is vandag 'n dorpjapie, gaan jag lekker op plase en sien al die frustrasies waarmee die boere sukkel, betaal vir my trip en kom huis toe.
As mens nie weet van boerdery nie is dit soos om letterlik 'n groot bonfire met geld voor jou agterdeur te maak en te sien hoe die wind die as wegwaai.
Doen maar goed jou huiswerk my vriend voor jy daarby betrokke wil raak, van die manne het reeds genoem van al die slaggate.
Re: plaas koop raad
Posted: Wed Jun 20, 2012 9:01 am
by Nickvn
Toe ek hierdie plaas gekoop het, het n ou omie vir my die volgende gese. " Boerdery is soos hoerery, jy weet dit is verkeerd, maar dit is lekker."
Re: plaas koop raad
Posted: Wed Jun 20, 2012 11:00 am
by heinmarkram
daar is net net 3 belangrike goed, water,water, water en kyk na duur goed om reg te maak, heinings, damme huis en hoeveel bos is op die plaas.
Re: plaas koop raad
Posted: Sat Jun 23, 2012 12:23 pm
by iceman1982
Theuns,
Water, grondeise en squaters en grafte. Het hierdie week gesien hoe n ou sukkel met n man wat op die grond gebly het toe hy die plaas gekoop het. Eenvoudig net niks wat hy kan doen om ontslae te raak van die man nie.
Mooiloop,
Re: plaas koop raad
Posted: Sun Jun 24, 2012 7:50 am
by Wayne
Iceman, you are correct. When buying a farm you do not know, you do not want the staff to stay there as they will know more than you about the farm - bad Idea. Owner must make provision for them to leave or you must move them to another farm where you can watch them.