Page 1 of 1
Fluit en skiet
Posted: Tue Jun 19, 2012 10:01 am
by FHM
Manne,
ek het nou die afgelope naweek weer met die Springies gefluit as hulle draf of wegloop van my af dan loop staan hulle sommer mooi plank-dwars en kyk terug. Vir interressantheid - watter algemene jag-bokke is nog geneig om te gaan staan en terug te kyk as mens n skerp fluit gooi?
Re: Fluit en skiet
Posted: Tue Jun 19, 2012 10:05 am
by Marc
Blesbokke hier in die Vrystaat maak ook soms so, maar nie altyd nie

Re: Fluit en skiet
Posted: Tue Jun 19, 2012 10:35 am
by Vlakvark
Fallow, Rusa en Red Deer doen dit ook as hy die fluit hoor gaan staan hy gewoonlik en kyk terug
Re: Fluit en skiet
Posted: Tue Jun 19, 2012 10:41 am
by Piet Pille
Dit werk met meeste wild (wat ek al gejag het... *) solank hulle nie jou reuk gekry het nie. Ek dink as hy jou nognie positief geidentifiseer het as gevaar nie, is die fluit 'n ongewone klank wat hom onmiddelik laat wonder wat hy gesien het, en dan nog 'n kans gee. Maar as hy eers weet jy is 'n mens (gevaar), kan jy maar jou lippe in 'n koorsblaar in fluit, hy maak spore!
(* koedoe, gemsbok,springbok,hartbees)
Re: Fluit en skiet
Posted: Tue Jun 19, 2012 11:17 am
by Greyghost
Het al gebruik op Kudu en rooibok , sommer a "hey" (want ek kan nie fluit nie

dan het jy so 3 seconds max om te skiet.
Re: Fluit en skiet
Posted: Wed Jun 20, 2012 6:24 am
by 22-250 Sniper
Met rooibok werk dit uitstekend met voorsit jag jy le plat en fluit omdat dit bebos is kyk hulle onder deur die bome vir beweging perfekte skoot.
Re: Fluit en skiet
Posted: Wed Jun 20, 2012 6:29 am
by vlakvark1
Koedoe stop ook partykeer maar as ek vir vlakkie fluit dan lyk dit of hy nog n rat by

kry en sy spoed verdubbel, sien hom nie gou weer nie

Re: Fluit en skiet
Posted: Wed Jun 20, 2012 9:01 am
by FHM
vlakvark1 wrote:
Koedoe stop ook partykeer maar as ek vir vlakkie fluit dan lyk dit of hy nog n rat by

kry en sy spoed verdubbel, sien hom nie gou weer nie
Lekker smile ek nou, ja ek het dit al gesien - as man fluit op sy draf dan skop sy supercharger in!
Re: Fluit en skiet
Posted: Fri Jun 22, 2012 9:41 pm
by theedge
Het al gebruik gemaak van die gebruik by verskei wild soorte Kudu, Bosbok takbok,
Re: Fluit en skiet
Posted: Sat Jun 23, 2012 7:25 am
by Frederik
Fluit en ander geluide werk maar as die wild wild is dan kan jy maar vergeet.
Een van die beste is Hartbees en Tsesebe wat so nuuskierieg is in die bosveld as jy in lang gras bekruip. Steek net jou kop so af en toe bo die gras en hulle sal eintlik nader kom om te sien wat jy is dit is nou as die wind reg is.
Re: Fluit en skiet
Posted: Sun Jun 24, 2012 12:21 am
by visstok
Ons het al vir Rooiribbok ook so gefluit en het gewerk, maar nie elke keur nie. Groete Alex
Re: Fluit en skiet
Posted: Sun Jun 24, 2012 8:56 am
by Frikkie Coetzee
visstok wrote:
Ons het al vir Rooiribbok ook so gefluit en het gewerk, maar nie elke keur nie. Groete Alex
Werk goed vir ribbok mits hulle nie reeds volspoed hardloop nie, net so wil draf
Frikkie
Re: Fluit en skiet
Posted: Mon Jun 25, 2012 7:14 am
by gillie
O julle praat van DAAAI tipe fluit...
Nou die dag blouwildebees gejag wat ons amper "bestorm" het van nuuskierigheid... Was darem nie SO erg nie, maar nie nodig gehad om vir hom te fluit nie.
Het dit al met ander bokke ook gedoen, moes eenkeer op 'n springbok "hey!" skreeu om hom te maak staan.... was sy laasste fout wat hy gemaak het...
Re: Fluit en skiet
Posted: Mon Jun 25, 2012 8:25 am
by Foxhound
die oesbokke wat ons hier in die vrystaat skiet, bles en springbok het jy n 50/50 kans op die fluit, of hy stop, of jy sit hom on top gear!!
lekker dag manne
Re: Fluit en skiet
Posted: Mon Jun 25, 2012 10:33 am
by FHM
Foxhound wrote:
die oesbokke wat ons hier in die vrystaat skiet, bles en springbok het jy n 50/50 kans op die fluit, of hy stop, of jy sit hom on top gear!!
lekker dag manne
Ja Foxhound ek het dit al self beleef - het so paar jaar terug saam my broer gaan trekbokke skiet op een van sy vriende se plaas. Daai bokkies wei mos teen 80 Km/h en die Namkind gooi toe n fluit...boeta toe skop daai superchargers in...
Hang seker maar af waar n ou jag en hoe wild / mak die bokke is. Soos Gillie se BWB's wat aanhardloop en hom kom soen...
Re: Fluit en skiet
Posted: Mon Jun 25, 2012 11:13 am
by Musketeer
In my ondervinding werk dit of baie goed of glad nie. Party plekke het ek al op enige bok denkbaar gefluit/ skree en dan staan hulle stil, op and plekke lyk dit weer of daar terpentyn onder daai sterte geval het.
Eending wat ek wil moet bieg is dat ek dit nog nooit met 'n vlakvark reg gekry het nie. Hulle is maar al te lief vir 'n stukkie hardloop as jy fluit.
Re: Fluit en skiet
Posted: Sat Jul 07, 2012 6:54 pm
by Fanie
Jy moet dalk net die regte deuntjie vir hulle fluit
Ek is amper seker sekere klanke sal sekere diere aanlok... dit moet net vir hulle aantreklik klink.
Re: Fluit en skiet
Posted: Sun Jul 08, 2012 4:29 pm
by Bosmeerkat
Ribbok kan ek be-aam. Suid Vrystaat dit baie gedoen en meestal gewerk. Hulle moet nou nie reeds oopketel wees nie. Enigste bok wat ek die ondervinding van het.
Re: Fluit en skiet
Posted: Mon Jul 09, 2012 7:36 pm
by johnny
rooi ribbokke maak defnitief so as jy fluit staan hy vir so paar sekondes en dan moet jy skiet anders is hy weg. en hier in die berge sien jy hom nie weer nie.
Re: Fluit en skiet
Posted: Mon Jul 09, 2012 7:43 pm
by tokjak
ek stop maar liewer ,fluit klaar ,en skiet dan.
Re: Fluit en skiet
Posted: Tue Jul 10, 2012 9:45 am
by johnny
he he party manne moet maar by pi pie fluit bly want sulke vinnige skote uit skouer is nie vir sissies nie
Re: Fluit en skiet
Posted: Tue Jul 10, 2012 11:29 am
by Dewie
Het al met 'n Rooibok gewerk
Groete
Dewie