Page 1 of 3

S & O Prys verandering?

Posted: Tue Jun 19, 2012 7:44 am
by Chrisjan
Ek wou so 1000x 70gr Nosler BT vir my 243AI gekoop het.

Wat my byval is dat die prys vanaf R600 vir 250 na R770 verhoog het.

Groete

Re: S & O Prys verandering?

Posted: Tue Jun 19, 2012 7:46 am
by VdWalt
Jip - exchange rate byt ons waar dit seer maak!

Re: S & O Prys verandering?

Posted: Tue Jun 19, 2012 7:50 am
by Gerhard
Verseker...

Die wisselkoers bogger ons lekker rond.

Re: S & O Prys verandering?

Posted: Tue Jun 19, 2012 7:56 am
by Beretta
Manne ken nie die ekonomie so goed nie maar sover ek weet het die rand dollar nie met R 170.00 verswak nie miskien is my koerant vandag klaar oud.
Beretta

Re: S & O Prys verandering?

Posted: Tue Jun 19, 2012 7:58 am
by Coenie (Swift)
Crisjan indien jy in Pta is ry om die draai na Zimbi Books toe, hulle was al op 'n paar goed goedkoper en hulle is Nosler se agente ook. Vra vir Marco hy is baie behulpsaam.

Groete

Re: S & O Prys verandering?

Posted: Tue Jun 19, 2012 8:01 am
by Chrisjan
Dankie, ek sal by zimbi gaan draai, alles onder een dak is gerieflik maar dit hap jou beursie as jy nie rond shop nie.

Re: S & O Prys verandering?

Posted: Tue Jun 19, 2012 8:26 am
by Ru 270
Ek sal graag wil aansluit, iets moet verkeerd wees met hul prys sisteem, of die pryse word nie oral opgedateer nie, hier is my voorbeeld:

MTM 50 RM ammo kissie R150 op website, maar kom toe naweek in S'Bos winkel en die prys is R250??? Kyk, ek is groot S&O man en die ouens is ALTYD tegemoedkomend met hul prys en 'n afslag as jou inkopielys lank is, maar R100 prysverskil is net nie aanvaarbaar nie.

Ek hoor graag nog kommentaar. Hier is link na website prys:

http://www.safariandoutdoor.co.za/item/ ... r_50_round

Re: S & O Prys verandering?

Posted: Tue Jun 19, 2012 8:48 am
by Gerhard
Beretta wrote: Manne ken nie die ekonomie so goed nie maar sover ek weet het die rand dollar nie met R 170.00 verswak nie miskien is my koerant vandag klaar oud.
Beretta
Ek neem aan S&O moet alles wat hulle in die VSA aan koop in US$ betaal.

Ex Factory prys vir n produk moet betaal word.

Freight en Freight Handeling en clearance moet betaal word.

Vir alles moet daar in $ betaal word + S&O is n besigheid so ek neem aan hulle moet ook n wins maak op die produk.

Al koop hulle in bulk aan en kry afslag gaan n 10cent verswakking in die Rand vs $ beslus in impak maak op wat goed uit eindelik op die rak gaan kos.

Sterker Rand of Swakker $ betekin op die einde van die dag n goed koper prys vir ons as verbruiker.

Die winkels wat dalk nog goed koper pryse het op die stadium het dalk nog ou stock.

Maar sodra die nuwe voorraad inkom sal jy verseker in prys verskil sien...

Re: S & O Prys verandering?

Posted: Tue Jun 19, 2012 9:05 am
by Beretta
Ja dan sal die ou stock ook teen die nuwe prys verkoop word.Maar R 170.00 ek weet nie so mooi nie soos ek reeds gese het verstaan nie die ekonomie nie maar somtyds is perde drolle ook nie vye nie maar net my mening
Beretta

Re: S & O Prys verandering?

Posted: Tue Jun 19, 2012 11:03 am
by Chrisjan
Zimbi books het van die Noslers. Al koop jy nie 'n pak van 250 nie en pakkies van 100 is hulle goedkooper. VLT is nog goedkooper. En dit is nuwe stock. Nie oud nie. So ander invlasie en exchange rates is nie 'n antwoord nie.

Ek soek ook 'n baie nice ramrod, ek sien nie goeies by ander shops nie, so ek sal dit by S&O moet gaan koop.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek soek niks verniet nie. Maar mens wil darm met 'n glimlag en sak vol inkoopies uit stap. Nie lee hande en 'n frons nie.

Groete

Re: S & O Prys verandering?

Posted: Tue Jun 19, 2012 12:21 pm
by LUAN
Ek glo nie al die ou stock is heeltemal uitverkoop nie maar dan word hulle prys ook dieselfde gemaak as die nuwe stock, dis wat my pla en dit gebeur orals.

Re: S & O Prys verandering?

Posted: Tue Jun 19, 2012 8:27 pm
by Biltongjagter
Indien 'n produk se aankoopprys styg vir die handelaar, is hy, die handelaar, genoodsaak om die vervangende produk teen die ho?r prys weer aan te koop en op die rak te plaas.

Dit noodsaak die handelaar dus om sy bestaande voorraad teen die ho?r pryse te verkoop, om hom sodoende in staat te stel om weer die ou voorraad te kan vervang teen die nou ho?r pryse.

Sou dit nie so gedoen word nie, beteken dit eenvoudig dat die handelaar al meer en meer kapitaal uit sy eie sak in die besigheid moet steek, om net die rakke teen die ho?r pryse vol te kan hou met die nodige produkte.

Watter handelaar kan dit onbepaald bly doen?

Dit bly maar 'n moeilike saak di? dat pryse bly styg, maar die oorgrote meerderheid handelaars - glo ek - doen reeds baie om gedeeltes van die prysstygings te absorbeer en sodoende hul voortbestaan te verseker, deurdat di? optrede dit moontlik maak vir hul kli?nte om steeds, teen selfs die ho?r pryse, hulle te ondersteun.

Groete,
Koos.

Re: S & O Prys verandering?

Posted: Tue Jun 19, 2012 8:30 pm
by Pvdw
Manne face it, S$O is nie goedkoop nie!!! Ek koop wel ook by hulle maar baie selektief. Dis amper meer die ervaring wat my daarheen trek en ek gee nie om as ek so paar rand meer daar betaal as elders nie maar dan moet dit binne perke wees.

Ek koop so 6 maande terug 'n pakkie interlocks bu hulle en die prys is R420/100. Ek noem toe vir hulle dat ek dit elders teen R260/100 kan koop. Hulle tokkel die rekenaar so bietjie en siedaar, daar loop ek met 2 pakkies by hulle uit teen R260/100.

R/$ kan nie vir als blameer word nie ;)

Peet

Re: S & O Prys verandering?

Posted: Tue Jun 19, 2012 8:42 pm
by ablm468
Pvdw wrote: Manne face it, S$O is nie goedkoop nie!!! Ek koop wel ook by hulle maar baie selektief. Dis amper meer die ervaring wat my daarheen trek en ek gee nie om as ek so paar rand meer daar betaal as elders nie maar dan moet dit binne perke wees.

Ek koop so 6 maande terug 'n pakkie interlocks bu hulle en die prys is R420/100. Ek noem toe vir hulle dat ek dit elders teen R260/100 kan koop. Hulle tokkel die rekenaar so bietjie en siedaar, daar loop ek met 2 pakkies by hulle uit teen R260/100.

R/$ kan nie vir als blameer word nie ;)

Peet
Stem saam, het al al die pad van die \oosrand af soontoe gery om iets te koop en dan omgedraai, ondersteun maar die plaaslike ou in die dorp, wat ek nie dadelik kan kry nie bestel hy vir my teen dieselfde prys as S&O en ek spaar nog R150 se petrol ook.

Nice winkel en hulle dra voorraad wat jy nie sommer by ander shops kry nie maar soos ek dit sien, draai ek my sente om en as dit nie regtig 'n bargain is nie, is "local" shop lekker...

Re: S & O Prys verandering?

Posted: Tue Jun 19, 2012 8:44 pm
by Zack Benade
Watter ander winkels is ook die moeite werd om na te kyk?

Re: S & O Prys verandering?

Posted: Tue Jun 19, 2012 8:49 pm
by Pvdw
Zack waar bly jy???

Re: S & O Prys verandering?

Posted: Tue Jun 19, 2012 8:50 pm
by Zack Benade
Ek is in Bloem maar ondersteun S&O nogal baie

Re: S & O Prys verandering?

Posted: Tue Jun 19, 2012 8:54 pm
by Pvdw
Sorry daar sal iemand anders jou moet help. Hier in Pta is nogal paar ander nice winkels om na te gaan as alternatief. As jy wil kan ek hul nommer vir jou PM en dan hoor jy of hulle vir jou sal pos.

Peet

Re: S & O Prys verandering?

Posted: Wed Jun 20, 2012 6:40 am
by BRNO (Pierre)
Zimbi en VLT is verseker ook hoog op my lys. Maar Safari het darrem net daai nice atmosfeer, en olifant trofee, en laat ons nou maar nie doekies omdraai nie, Willem en Stefan se diens is uitmuntund. As daar fout is, staan die manne vinnig reg om te help.

Re: S & O Prys verandering?

Posted: Wed Jun 20, 2012 6:58 am
by ablm468
Pierre heeltemal waar, die manne gee goeie diens ek wil net graag gesoen word voordat ek gespyker word. ;)

Re: S & O Prys verandering?

Posted: Wed Jun 20, 2012 7:00 am
by BRNO (Pierre)
Hansman wrote: Pierre heeltemal waar, die manne gee goeie diens ek wil net graag gesoen word voordat ek gespyker word.
Of dit alles moet darrem met n nice "back drop" afspeel. ;D

Moet nie n fout maak nie, die manne by Zimbi se diens is verseker ook puik, en dan het VLT in my opinie net so bietjie n anders aan hom, wat hom ook spesiaal maak.

Re: S & O Prys verandering?

Posted: Wed Jun 20, 2012 9:10 am
by FCLoretz
Ek koop al my goed by VLT of Camdix

Re: S & O Prys verandering?

Posted: Wed Jun 20, 2012 9:13 am
by cjgerber
Sommer net 'n vraag aan die kenners van die gebied: watse effek het die verbruikerswet op so prys verandering? ek sal dink as dit adverteer word op die website vir 'n laer prys moet dit vir daardie prys aan jou verkoop word  ???

Re: S & O Prys verandering?

Posted: Wed Jun 20, 2012 12:20 pm
by Coenie (Swift)
CJGerber, jy is reg as dit so geadverteer word, moet hulle. Jy is geregtig daarop indien hul weier, kan jy tot en met R1miljoen eis teen betrokke maatskappy.
SA se verbruikerswet is een van die sterkste w?reldwyd. Net die verbruikers wat so bietjie agter as rakende hulle regte en maatskappy buit dit uit of is self nog nie bewus van implikasies nie.

Baie geweerwinkels se internet pryse is nog nie aangepas met rak nie, en wanneer koper hulle daarop wys sal die meeste dit gou teen die goedkoper een bied.

Re: S & O Prys verandering?

Posted: Wed Jun 20, 2012 3:04 pm
by Piet Breedt
Manne, S & O het nog nooit ges? hulle is die goedkoopste op alle items nie. Hulle is direk verantwoordelik dat ander geweerwinkels wat ons vir baie jare bloots gery het, ook nou hul produkte goedkoper aanbied, en in sommige gevalle heelwat goedkoper as S & O.
Was dit nie vir hulle, het heelwat winkels wat ons in die verlede gespyker het, nog steeds voort gegaan daarmee. Ek weet van ten minste een winkel wat nou daarop uitgaan om S & O se pryse te klop, en dit is direk agv S & O se lae pryse sommer vanuit die staanspoor.

Hulle is ook die winkel in die land as jy soek na gespesialiseerde herlaai toerusting, wat die ander nie eers van weet nie. n Mens betaal tog immers vir goeie diens.

Het een van julle al ooit sit en dink hoeveel admin dit moet vat om so n winkel se voorrade te beheer en aan te koop, en meestal daarvan oorsee en dan nog te moet wag daarvoor voor dit deur die hele proses gegaan het voor dit op die rak kan verskyn, en dan nog tred te moet hou met al die belastings en doeane vooie?

Baie van die ander winkels voer nie self in nie, en koop by die groothandelaars wat dit baie makliker maak om voorraad aan te koop, as om dit self oorsee te doen.

Elkeen kan maar koop waar hy wil, en dit is reg so, maar voor mens kritiseer moet ons onthou wat hul vir ons sport doen. Daar is geen winkel, insluitend die groothandelaars wat nog ooit so baie teruggeploeg het in ons skietsport as juis S & O nie. Inteendeel die res gee omtrent boggerol terug aan die kopers.

Sonder die Provinsiale skiete van SAJSV wat S & O ook borg, het hulle net by die SA Ope in 2 jaar se tyd bykans R800,000.00 se prys en borg geld terug geploeg in slegs een skiet dissipline waarvan ek weet, wat nog te praat van die ander wat ook almal aanklop vir hulp.

S & O se manne gee in elk geval afslag as jy vra. Ek weet waar my lojaliteid l? en waar my geld heen gaan as ek iets nodig het.