Page 1 of 1

Amper nonsens aan gejaag die naweek....

Posted: Mon Jun 18, 2012 10:23 am
by marno
So is ek Vrydag plaas toe om te kyk of daar nie nuwe intrekker brakke is nie aangesien ek so 2 maande terug die stel gekap het.

Ek skuif toe na my staanplek en werk so 40 min lank kossies.  Gooi toe jak alleen.  Was nie 10 minute nie toe hoor ek die kiewiete vlieg op en skree.  Daar kom jak se kjind lekker rustig aan gedraf, hy ruik hier en daar en weet nie van my nie.  Als mooi op video.  Die ideale omstandighede.  Ek stop hom toe met 'n wha wha en hy staan dood stil.  Skoot loop maar ek skiet hom heel mis.  EISH!!!!!!!  Gelukkig kon ek hom weer stop en toe mooi omgedop. 

Dit was die eerste keer in 'n baie lang ruk wat ek mis geskiet het, maar ek dink ek het te gemaklik geraak met die 22-250.  Was bietjie 'n reality check. 

Gelukkig kon ek die brak stop vir 'n tweede skoot.

Was toe 'n 1 jarige teef.

Ek dink as dinge te lank reg loop verloor mens bietjie konsentrasie, maar van nou af sal ek weer met elke jak konsentreer.

Re: Amper nonsens aan gejaag die naweek....

Posted: Mon Jun 18, 2012 10:50 am
by Cobus(Cobb)
Waars die video?

Re: Amper nonsens aan gejaag die naweek....

Posted: Mon Jun 18, 2012 10:53 am
by marno
Hahahhaa nee gits daai video is een wat sommer net op die kamera gaan bly.

Re: Amper nonsens aan gejaag die naweek....

Posted: Mon Jun 18, 2012 10:56 am
by johann
Marno, jy kan bly wees sy het gedraai vir daardie 2de skoot. Maar solank hy bakkie ry is dit goed.

Ek stem saam mens moet nie te gemaklik raak nie, konsentrasie moet maar altyd op 'n high wees as jy daai sneller af druk.

Groete Johann

Re: Amper nonsens aan gejaag die naweek....

Posted: Mon Jun 18, 2012 11:10 am
by marno
johann wrote: konsentrasie moet maar altyd op 'n high wees as jy daai sneller af druk.

Groete Johann
Daai is nou die waarheid. 

Re: Amper nonsens aan gejaag die naweek....

Posted: Mon Jun 18, 2012 12:10 pm
by stan man
ek is bly ek is nie al een wat partykeer grond toe geruk word nie.dieselfde het al met my gebeur,dan wonder jy eerste wat is fout met jou roer.
dan kom jy agter jy is alweer te windgat vir jouself. ek raak nogal gemaklik met myself, dan kry ek baie vinnig  op my dinges.

Re: Amper nonsens aan gejaag die naweek....

Posted: Mon Jun 18, 2012 12:13 pm
by cassie_calvinia
was sy dragtig?

Re: Amper nonsens aan gejaag die naweek....

Posted: Mon Jun 18, 2012 12:36 pm
by marno
Nee nie gekyk nie Cassie. 

Die ys het dik gele op die bakkie se dak 1:30 die oggend toe ek geskiet het toe is ek wraggies nie lus om oop te sny nie.