Page 1 of 1
rooikat nie 'n man se maat
Posted: Sat Jun 16, 2012 5:52 pm
by johann
Dagse manne, kom vandag op die koper springbok ooi af wat die rooikat geskraap het. Dit 'n groot ooi moet nogals 'n bielie van 'n kat wees
Re: rooikat nie 'n man se maat
Posted: Sat Jun 16, 2012 10:09 pm
by Gerhard
Nee wat springbok is klein vir n kat...
Groot rooibok ooi kry maklik pakslae
Re: rooikat nie 'n man se maat
Posted: Sun Jun 17, 2012 2:52 pm
by johann
Ek het nog nie gesien van die rooibokke nie, maar die kietsies het maar die talent om groot goed plat te trek.
Groete Johann
Re: rooikat nie 'n man se maat
Posted: Sun Jun 17, 2012 6:31 pm
by quintin
so kieterkat kort net een ding en dis hom loot pilletjie
Re: rooikat nie 'n man se maat
Posted: Sun Jun 17, 2012 8:07 pm
by ruger
As kat se kind 'n groot sa vleismerino ooi kan plat trek kan hy seker maklik 'n springbok ooi vang?
Re: rooikat nie 'n man se maat
Posted: Mon Jun 18, 2012 10:10 am
by stan man
daai njalas wat nou hier by ons gevang is ,is darem al groter as die springbok. ek persoonlik dink ons onderskat n rooikat se vermoens.kyk net hoe taai is dit om hulle te kry om te skiet.die een oomblik sien jy hom nogĀ ,en dan is hy weg. as jy dan gelukkig is tel jy hom weer so 100m verder op. ek hoop julle kry die skuldige gou.n koper springbokkie is darem maar groot skade.
Re: rooikat nie 'n man se maat
Posted: Mon Jun 18, 2012 10:49 am
by johann
Stan jy is helemal reg! Hier by ons raak die jakkalse nie meer die probleem nie, moet my nie verkeerd verstaan nie daar is nog maar persoontlik dink ek ook die rooikatte neem nou bietjie oor ( dit wat ek by ons self sien). Die jagter het nou 3 katte in die laaste week en 'n half in een area gvang.
Dit raak 'n groot probleem want hul is nie so effektief soos die jakkalse met die roep nie. En hul het ook nie so konstante loop patroon nie, kieter loop ver!
Groete Johann
Re: rooikat nie 'n man se maat
Posted: Mon Jun 18, 2012 10:54 am
by Dippies
Ek wil graag n foto van die kietsie sien as hy raak geloop word met n loodkar.
Dit moet een masse ding wees.