Page 1 of 2
Ook nuut.
Posted: Sat Jun 16, 2012 12:55 pm
by Johan Nel
Hallo aan almal op hierdie forum. Ek is versot op jag. My begrooting is egter die groot beperking. Ek herlaai ook graag en lees graag oor enige van die twee onderwerpe. Ek sien uit na al die inligting beskikbaar op hierdie forum.
Groete,
JHN
Re: Ook nuut.
Posted: Sat Jun 16, 2012 2:23 pm
by BoogJagter111p
Baie welkom Johan,
Glo jy gaan dit baie hier geniet!!
Groete
Manie
Re: Ook nuut.
Posted: Sat Jun 16, 2012 2:26 pm
by ruger
Welkom Johan,dit is 'n baie interressante forum hierdie.Hoop jy sal dit ook so geniet en leersaam vind soos ek!
Re: Ook nuut.
Posted: Sat Jun 16, 2012 10:12 pm
by theedge
Johan Hi baie welkom - bly om kennis te maak - weet jy gaan dit geniet
Re: Ook nuut.
Posted: Sun Jun 17, 2012 10:31 am
by Dweetster
Welkom -welkom Johan.
Re: Ook nuut.
Posted: Sun Jun 17, 2012 6:09 pm
by wez
Welkom johan!
Re: Ook nuut.
Posted: Mon Jun 18, 2012 4:56 pm
by MichielC
Goeiedag Johan,
Welkom hier !!
Groete,
Michiel
Re: Ook nuut.
Posted: Mon Jun 18, 2012 4:56 pm
by Johan Reyneke
Hi Johan
Geniet dit hier saam met die res van ons
Groete
Van Nog 'n Johan
Re: Ook nuut.
Posted: Mon Jun 18, 2012 5:04 pm
by Cornelius
Johan,
Welkom - ek is self nog nuut maar geniet dit baie. Nogals verslawend en die manne weet van..
Groete,
Cornelius
Re: Ook nuut.
Posted: Wed Jun 20, 2012 2:47 am
by visstok
Welkom Johan, hoop jy geniet dit hier saam ons! Groete Alex
Re: Ook nuut.
Posted: Sun Jun 24, 2012 12:38 pm
by Johan Nel
Hallo Manne,
Dankie vir al die verwelkomings. Ek glo ek sal tuis wees hier, ja. En ek vermoed hier gaan baie nuttige inligting op die forum beskikbaar wees ook.
Groete,
JHN
Re: Ook nuut.
Posted: Sun Jun 24, 2012 4:22 pm
by Johan Nel
Net 'n vraag rakende lidmaatskap. Ek het by hierdie forum geregistreer en het waargeneem dat daar 'n verskeidenheid vlakke van lidmaatskap blyk te wees. Ek sien egter nerens waar die proses van lidmaatskap uiteengesit word nie. Kan iemand my asseblief net in die regte rigting stuur asseblief.
Groete,
JHN
Re: Ook nuut.
Posted: Sun Jun 24, 2012 4:53 pm
by Herman Venter
Johan,
Dit hang maar af oor hoeveel "posts" jy plaas op die forum..!
Bv. Om van "newbie" na "junior member" toe te gaan kort jy 50 posts en so voorts.. Dit word ergter meer posts om hoor te gaan in die rang lys! Maar soos die manne hier al gese het, dit wys net hoe aktief jy is op die forum!
Hoop dit help
Groete
Herman
Re: Ook nuut.
Posted: Sun Jun 24, 2012 6:22 pm
by Johan Nel
Hallo Herman,
Dankie vir die inligting.
Groete,
JHN
Re: Ook nuut.
Posted: Sun Jun 24, 2012 6:44 pm
by Pvdw
Net 'n vraag rakende lidmaatskap. Ek het by hierdie forum geregistreer en het waargeneem dat daar 'n verskeidenheid vlakke van lidmaatskap blyk te wees. Ek sien egter nerens waar die proses van lidmaatskap uiteengesit word nie. Kan iemand my asseblief net in die regte rigting stuur asseblief.
Groete,
Johan as jy vinniger deur die stappe wil gaan kan dit in kg's biltong en salami bepal word. Ek ken die regte mense maar hulle sal ook so ietsie nodig kry om jou te bevorder
Welkom hier en geniet dit, daai post klim so vinnig jy kan dit nie glo nie.
Peet
Re: Ook nuut.
Posted: Sun Jun 24, 2012 7:28 pm
by Johan Nel
Pvdw wrote:

Hallo Peet,
Man dit is nou 'n gawe plan. Ek het mos nou hierdie zebra biltong wat ek graag sal aanstuur, stuur maar net die name en hoeveel kilogram nodig is vir watter kategorie van lidmaatskap,.... he he he he!!!
Ek sal maar begin skryf ok.
Groete,
JHN
Re: Ook nuut.
Posted: Mon Jun 25, 2012 5:22 pm
by Pvdw
Ek het mos nou hierdie zebra biltong
Kan sommer sien jy gaan tuis voel op die forum
Peet
Eens nuut, nou groet ek eers.
Posted: Mon Mar 16, 2015 7:54 am
by Johan Nel
Manne,
Hierdie is die post waarmee ek op die Jaracal betrokke geraak het. Ek het dus gedink dis dalk die mees gepaste post om ook mee te groet ook.
Jaracal is 'n great website met wonderlike onderwerpe, mense, en ongelooflike advies, boonop in Afrikaans en ek het baie tyd al hier spandeer. Dis presies hier waar die probleem lê. Ek spandeer te veel tyd hier. Dit raak 'n groot klomp passiewe tyd wat veroorsaak dat ek ander belangrike sake afskeep. Ek het besef dat ek vir eers totaal moet onttrek en my prioriteite regkry. Ek sal enkele sakies nog afhandel waarna ek nie meer sal kom kuier nie. Later, wanneer alles in plek is, wie weet, dalk sien ons mekaar weer.
Dankie vir al die manne met wie ek om hierdie vuurtjie mee kon kommunikeer het, soms mee verskil het, maar oor die algemeen lekker mee gekuier het.
Wederom. Tot volgende keer...
Re: Ook nuut.
Posted: Mon Mar 16, 2015 11:09 am
by Boesman10
Baie welkom op die forum Johan. Ek sien jy is sommer van die begin af lekker aktief wat great is om te sien.
Re: Eens nuut, nou groet ek eers.
Posted: Mon Mar 16, 2015 11:16 am
by vriell
Johan Nel wrote:Manne,
Hierdie is die post waarmee ek op die Jaracal betrokke geraak het. Ek het dus gedink dis dalk die mees gepaste post om ook mee te groet ook.
Jaracal is 'n great website met wonderlike onderwerpe, mense, en ongelooflike advies, boonop in Afrikaans en ek het baie tyd al hier spandeer. Dis presies hier waar die probleem lê. Ek spandeer te veel tyd hier. Dit raak 'n groot klomp passiewe tyd wat veroorsaak dat ek ander belangrike sake afskeep. Ek het besef dat ek vir eers totaal moet onttrek en my prioriteite regkry. Ek sal enkele sakies nog afhandel waarna ek nie meer sal kom kuier nie. Later, wanneer alles in plek is, wie weet, dalk sien ons mekaar weer.
Dankie vir al die manne met wie ek om hierdie vuurtjie mee kon kommunikeer het, soms mee verskil het, maar oor die algemeen lekker mee gekuier het.
Wederom. Tot volgende keer...
Johan,Spandeer jou kleinhuisie tyd "multi-tasking" en jy hoef nie weg te bly nie.....

Sterkte...dit gaan maar moeilik wees...
Re: Ook nuut.
Posted: Mon Mar 16, 2015 12:36 pm
by DawieKotze
Boesman10 wrote:Baie welkom op die forum Johan. Ek sien jy is sommer van die begin af lekker aktief wat great is om te sien.
Boesman - die man sê "Totsiens" - nie "Hallo" nie
Johan - ek stem, mens kan altyd maar so tydjie afknyp hier en daar om te kom loer.
Re: Ook nuut.
Posted: Mon Mar 16, 2015 12:39 pm
by DWB
Aggenee! Gaan Oom Mis!
Re: Ook nuut.
Posted: Mon Mar 16, 2015 1:43 pm
by Jacquesb
Johan
Sterkte en voorspoed.
Hoop om jou sommer gou weer terug te sien.
Groetnis
Jacques
Re: Ook nuut.
Posted: Mon Mar 16, 2015 8:39 pm
by Gawie(13mm)
Die ou lewe loop maar sy draaie. Ek glo jy sal weer hierlangs verby wandel. Ons hou jou plekkie by die hardekool vuurtjie.
Groetnis.
Re: Ook nuut.
Posted: Mon Mar 16, 2015 8:54 pm
by PWV
Johan
Alle sterkte en voorspoed met dit wat jy ook al wil aanpak.
Ek glo jy gaan seker darem nie jou gewere wegpak nie!
Groetnis