Page 1 of 1
Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Sat Jun 16, 2012 8:59 am
by Gerhard
Was met nie veel hartseer dat ek die tydskrif nie weer hernu het nie...
Het die tydskrif verslint sedert 05...
Laaste 6 maande as die poskantoor om af laai in die kantoor het ek basies net deur gelaai in 3 min niks gesien wat interesant is om te lees nie en op die rak gesit...
Ervaar julle dit dalk ook so?
Re: Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Sat Jun 16, 2012 10:02 am
by Boogjagter
Gerhard,ek koop vir 'n jaar lank nie meer die tydskrif nie, maar het voor dit nie 'n maand gemis nie. Ek stem saam, ek kry min waarde om dit te lees; selfs ou Piet Veldskoen se goed het afgesaag geraak...
Nou dat jy die topic noem het ek probeer dink wat hulle kan doen om dit weer beter te maak, maar kry nie so vinnig 'n idee raak gevat nie. Dalk kan die ander mense hier help met idees wat ons weer vir Rean-hulle kan aanstuur om weer hul tydskrif meer die moeite werd te maak.
Lees nog elke maand die Magnum en nou-en-dan een van die visvang tydskrifte. Dalk kan ou daar bietjie gaan leer...
Re: Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Sat Jun 16, 2012 10:34 am
by Frederik
Manne miskien moet julle begin skryf Gerhard jy het genoeg jagte agter jou rug om so paar artikels te doen.
Wat ek in so tydskrif sal wil sien meer jag artikels van jagte minder advertensie daar is hopeloos te veel en reviews oor nuwe toerusting.
Dalk moet iemand ook soos wat Koos Barnard altyd gedoen het plekke gaan besoek en bokkie of twee skiet ook.
Gerhard klink soos 'n job vir jou.
Ek lees ook net die tydskrif as hy iewers rond le nog nooit een gekoop nie maar ek lees graag enige iets wat met jag te doene het.
Re: Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Sat Jun 16, 2012 10:48 am
by Gerhard
Fred,
Ek het heelwat artikels vir die tydskrif geskryf.
Maar hulle beleid om nie te betaal vir jag artikels maak dit nie die moeite werd om te skryf spesiaal vir hulle nie.
Deel dan my storie en fotos heel wat eerder hier met julle op die forum...
Daar was n man wat dit probeer doen het soos jy voorstel om plase te besoek en dan artikels te skryf. Daar was egter bitter groot onmin agv n klomp goed.
No names - No Pack Drills...

Re: Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Sat Jun 16, 2012 5:04 pm
by VdWalt
Ek het seker 8 maande laas een gekoop. Daar is net niks in wat
dit vir my die moeite werd maak om te koop nie.
Re: Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Sat Jun 16, 2012 7:36 pm
by Skolla
Hoekom praat julle nou eers?
Ek het gedink dit is ek wat n persoonlikheids verandering ondergaan het.
Re: Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Sat Jun 16, 2012 9:15 pm
by Zack Benade
Gerhard ek stem 100% saam met jou.
Africas Bowhunter het vervelig begin raak en is daar is niks info wat die gemiddelde boogskut 'n beter skut kan maak nie. Ek het nogal van Archer Insight gehou want dit het baie tegniese artikels ingehad.
Africa Bowhunter is ook advertensie mal en is baie pro vir sekere winkels.
Hiermee stem ek nie saam nie.
Re: Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Sat Jun 16, 2012 10:13 pm
by Johan Viljoen
Ek koop al van die 3de uitgawe af in 2000 elke uitgawe en ek het nog nooit een gemis nie en ek het nog elke uitgawe wat ek ooit gekoop het in my boekrak, maar ek het ook na die laaste uitgawe vir myself gese dit was die laaste keer. Ek het die laaste 3 uitgawes net so hier en daar iets gelees, waar ek in die verlede in 'n dag se tyd die hele tydskrif deur gelees het.
Ek het al vir Rean gevra hoekom daar nie meer jagartikels in is nie en hy het gese dat 55% of meer van die tydskrif opgemaak moet word uit advertensies om hul onkostes te dek, maar deesdae voel dit meer soos 70%.
Die ergste is dat hulle artikels herhaal wat vroeer geplaas was, woord ver woord met dieselfde fotos by. Nou wonder ek watter uitgawes hulle moet dek as die artikels alreeds in die formaat is as wat dit vrooer was?
Ek is baie teleurgesteld dat hulle nie meer doen vir boogjag nie, die feit dat hulle 3 artikels maandeliks plaas wat feitlik niks met boogjag te doen het nie en meer tong in die kies is help nie as ek so na al die posts hier lees nie. Aan die begin was daar baie tegniese punte wat hulle verduidelik het en tot 7 jagartikels in 'n uitgawe, nie eers gepraat van die plaas evaluasies nie, maar al daai het doodgeloop. Daar is baie wat hulle kan doen om die tydskrif weer te kry op die standaard waaraan ons almal gewoond was, maar lyk my hulle het nou begin gemaklik raak van hulle in hulle nuwe perseel ingetrek het en daar nie meer kompitisie is vir hulle nie.
Dis hartseer want in die verlede kon ek nie wag vir die laaste Maandag van elke maand om die tydskrif te gaan koop nie.
Re: Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Mon Jun 18, 2012 9:14 am
by SV MAD (Henk)
ek lees ook nie meer die Bowhunter nie...
Re: Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Mon Jun 18, 2012 5:49 pm
by Johan Viljoen
Ek stem saam Kallie, Engee se artikels is orals. As dit nie die tydskrifte is nie, is dit op al die forums. Hy is ook nie te veel gepla om op mense se tone te trap wie hy glad nie ken nie. Ek het al te veel stories oor hom gehoor dat alles verkeerd kan wees.
Ek dink die groot probleem is dat Africas Bowhunter maar net nog 'n besigheid geword het en dat dit nou meer 'n passie na geld as 'n passie vir die boog en natuur geword het.
Re: Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Tue Jun 19, 2012 9:10 am
by juanjcbs
Ek deel almal se gevoel oor die onderwerp.
Ek koop hom maar nog elke maand maar soos Johan Viljoen se, se ek elke maand dit is die laaste.
Al wat ek regtig nog geniet is Fritz Rabe en Dr Adriaan De Villiers se leesstof.
Wat ek graag meer sou wil sien is jag stories, n paar boog jagte uit die verlede, en dan sal ek van meer briewe van die lesers hou. Dit is altyd lekker om mede jagters se opinies te hoor.
Groete
Re: Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Tue Jun 19, 2012 9:50 am
by Musketeer
Ek moet bieg ek koop nogsteeds op 'n maandelikse basis die tydskrif, maar bloot uit gewoonte uit seker.
Ek moet ook s? dat dit vir my as beginner so jaar of wat terug baie geleer het, maar nou voel dit soms asof dit elke maand net 'n herhaling is met artikels of stories hier en daar wat opspring.
Ek het met baie entoesiasme die artikels gelees oor hoe om jou eie tradisionele boog te maak aangesien ek van nature maar daarvan hou om my hand aan sulke projekkies te slaan en alhoewel dit baie interessant was, het ek meer oor die onderwerp geleer toe ek dit klaar gelees het en op Google gespring het.
Ek stem ook dat ek die jagstories verskriklik geniet. Ek hou ook van kook en ehet gesien dat van die ander tydskrifte veld resepte in het ens wat die Bowhunter ook nie aldag in het nie.
Re: Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Tue Jun 19, 2012 9:32 pm
by Dweetster
Ek weet ook nie hoekom ek die BH nog koop nie. Elke keer koop ek die boek omdat die voorste foto aantreklik lyk en jou nuuskierigheid prikkel.Ek het boeke van af 2002 en julle is reg die artikels is almal die selfde,so nou en dan is daar iets wat lekker lees. Ek weet net dat hulle baie afhanklik is van die jagter wat vir hulle die artikels gee. Rean het al herhaaldelik genoem dat dit vir hulle 'n amper onmoontlikke taak is om sonder die lesers se hulp 'n goei weergawe uittegee.
Dr Adriaan en Fritz stem ek saam het baie kennis en is van groot help vir die boogmark. Ek sou graag 'n bowhunting huisgenood wou sien." Miskien steek ek boude uit."
Re: Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Tue Jun 19, 2012 10:34 pm
by Johan Viljoen
Ek wonder hoeveel jag artikels word vir hulle gestuur en hoeveel word geplaas? Want ek is seker daar word nie net 2 of 3 artikels per maand ingestuur nie. Hulle kan gerus meer kompitisies loots of 'n artikel kies per maand wat iets wen al is dit hoe klein, maar daar word geen poging aangewend om die lesers te betrek of om die tydskrif 'n ander dimensie te gee nie. Dis altyd dieselfde mense met hulle selfde skryf styl wat se artikels geplaas word.
Re: Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Wed Jun 20, 2012 6:14 am
by DavidddeWet
More manne,
Ek stem saam met julle dat die tydskrif nie meer is wat hy was vir ons nie en sukkel om nuwe vuur in ons ou boog manne se are te pomp.
Daar gesels nou die dag met iemand wat nuut begin met boog skiet het en hy dink die Bowhunter is wonderlik en verskaf baie inligting.
Die tydskrif beteken tog goed vir iemand anders daar buite.
Wat ek nou doen is om maar die elektroniese weergawe te koop en hulle te bly ondersteun. Dink net hoe stil was dit gewees sonder Die Bowhunter en ons manne wat hom koop en die adverteerders moet maar help die tydskrif aan die lewe hou al is dit nie alles wat ons soek in 'n tydskrif nie.
Re: Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Thu Aug 30, 2012 11:08 pm
by morne smith
Ek kan nie meer saamstem nie. Die tydskif doen dit nie meer vir my nie. My skoonouers was so goed vir my dat hulle die afgelope twee jaar vir my ingeteken het en dit het nou verval hierdie maand. Die laaste 6 maande het ek my tydskrif ontvang teen die 4de of die 5de van elke maand. Ek se nie dit is BH se skuld nie. Die poskantoor se mos "We will deliver" Hulle se net nie "When" nie. Ek wik en weeg nou of ek dit moet hernu of nie. Die hoogtepunt vir my in die tydskrif is die jagartikels en Herman Jonker se "straight from the butt" Herman is sekerlik een van die mees etiese jagters in die bedryf en ons almal kan baie by hom leer. Geen jagter moet die jagveld betree voordat hy "kennis vir die jagter" van Herman Jonker gelees het nie. Oud of jonk Herman gaan jou 'n paar baie goeie lesse leer. Ek en my vrou jag met die geweer en met die boog. BH sit met tydskrif wat 'n baie vinnig groeiende mark bedien en moet miskien net weer hand in eie bors steek en vir die lesers gee wat hulle wil he. Dit is (ernstig) die huisgenoot se suksesverhaal Hulle gee vir ons nasie bloed, skande, skinderstories en sensasie.Dit is hoekom hulle lesertal van die hoogste is in SA en in die proses maak hulle geld ook. Miskien moet BH hul lesers die geleentheid gee om ons menings en behoeftes te lug. As verkope toeneem behoort die advertensie persentasies mos af te neem?
Re: Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Tue Sep 04, 2012 5:37 pm
by Dweetster
Kompetisie was nog nooit sleg nie. Dalk is dit tyd vir iemand anders om 'n nuwe tydskrif vir die BH uit te bring. Of ons moet aan 'n ander oplossing dink. Waar is die slim manne op die forum?
Ek het wragtie weer die S.A. B.H. gaan koop, en blaai hom sommer met die eerste "longdrop" sessie deur. As my vrou vir my se vanaand is die aand, het ek vir seker nie groente eet in gedagte nie, net so skep die tydskrif 'n verwagting by my elke keer en elke keer se ek ek koop nie weer nie.( Nee 'n mens maak nie so met 'n man nie.)
Re: Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Tue Sep 04, 2012 5:45 pm
by Gerhard
Dweetster wrote:
Kompetisie was nog nooit sleg nie. Dalk is dit tyd vir iemand anders om 'n nuwe tydskrif vir die BH uit te bring. Of ons moet aan 'n ander oplossing dink. Waar is die slim manne op die forum?
Ek het wragtie weer die S.A. B.H. gaan koop, en blaai hom sommer met die eerste "longdrop" sessie deur. As my vrou vir my se vanaand is die aand, het ek vir seker nie groente eet in gedagte nie, net so skep die tydskrif 'n verwagting by my elke keer en elke keer se ek ek koop nie weer nie.( Nee 'n mens maak nie so met 'n man nie.)
Wat kos die tydskrif nou al?
Re: Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Sat Sep 08, 2012 11:38 pm
by morne smith
R29.95 in SA en R26.27 belasting uitgesluit in ander lande
Re: Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Sun Sep 09, 2012 8:33 am
by Kerneels S.
Ek wil begin boog jag maar het geen kennis van boog jag nie. Ek het die laaste 3 uitgawes gekoop en kon niks kry wat my as 'n nuweling kan help nie.
Wat stel julle mannie voor waar kan ek die meeste kennis kry van boe? en boog jag? Is daar miskien 'n ander forum wat meer vir boog jag is?
Die tydskrif soos hy nou is kan my nie help nie. Terug rondom 2003 het ek gereeld my pel se tydskrifte geleen en dit was baie meer interesant as nou.
Groete
Kerneels S.
Re: Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Sun Sep 09, 2012 2:03 pm
by morne smith
Kerneels jy is by die regte forum Vra die manne enigiets wat jy wil en moet weet. Hulle sal mooi na jou kyk. Hier is protea boogskutters op die forum wat klaar skoolgeld betaal het en hulle sal nie snaaks wees om hul kennis en klein geheimpies met jou te deel nie. Stuur vir Zack Benade 'n pm en probeer hom vasvra.
Groete Morne
Re: Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Mon Sep 10, 2012 3:50 pm
by Musketeer
Ek stem.
Kerneels, ek het ook so rukkie terug begin boogskiet en as dit nie vir die raad van die manne hier was nie sou ek seker nou nog in die winkels rondegeloop het en nie geweet het waar om te begin nie. Die manne se raad is rerig uiters goed en help onsettend baie.
Groetnis,
Peet
Re: Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Tue Sep 11, 2012 8:27 am
by SV MAD (Henk)
Kerneels S. wrote:
Ek wil begin boog jag maar het geen kennis van boog jag nie. Ek het die laaste 3 uitgawes gekoop en kon niks kry wat my as 'n nuweling kan help nie.
Wat stel julle mannie voor waar kan ek die meeste kennis kry van boe? en boog jag? Is daar miskien 'n ander forum wat meer vir boog jag is?
Die tydskrif soos hy nou is kan my nie help nie. Terug rondom 2003 het ek gereeld my pel se tydskrifte geleen en dit was baie meer interesant as nou.
Groete
Kerneels S.
Hi Kerneels.
Welkom by die boogskiet wereld!
Hoop jy kry sommer vinnig jou boog, ons sal probeer bystaan waar ons kan. Gerhard en Oom Zack het baie baie kennis.
Terwyl ons op die topic is, ek het gister vir my 'n Vapor trial limb driver op my boog gesit. Nog nie geskiet nie, my pyle is effens gaar na die jag die jaar. Moet eers nuwes koop, maar dit sal seker eers aan die einde van diemaand wees. Dan kan ek weer begin tune. Nou moet ek se, ek het my ideale setup op my boog soos ek altyd wou gehad het

Re: Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Tue Sep 11, 2012 1:29 pm
by morne smith
High five HENK met jou "Oom Zack" Sorry Zack, maar dit was baie snaaks vir my
Morne
Re: Africas Bowhunter tydskrif
Posted: Tue Sep 11, 2012 1:39 pm
by G-force
Manne ek stem saam dat die tydskrif dalk nie meer is wat dit was nie maar onthou net dis n groot werk om so ding te dryf en vars materiaal te kan kry.SA is maar n klein land met min mense wat eintlik boodskiet.Met die internet en al die ander media soos blackberry groepe,twitter en al die ander twak glo ek dat mens sal sukkel om te kompeteer.Ek dink Rean en sy span doen goed as jy al die feite in ag neem.Dis soos meeste forums,dinge kom tot op punt dan raak hulle ook maar eentonig.
Dis maar net my meening.
Cheers.