Page 1 of 2

Instel op 25m?

Posted: Thu Jun 14, 2012 10:46 pm
by Trevor
Was vanmiddag gou saam 'n vriend van my by die skiet baan om sy .300 se lynx scope in te stel. Ek mag verkeerd wees en dis hoekom ek hier tussen die slim manne vra. Ek skiet my gewere op 50m maar meestal op 100m in, en so ek my vriend(e).
Nou vandag was daar 'n ou wat sy .270 en 30-06 ook kom instel het, MAAR hy stel op 25m in dan is hy blykbar op 150m tot 200m spot on in die middel?
Soos elke man maar sy eie ego wil beskerm het dit in 'n stry ontaard...

Ek stry nie met hom om op 25m in te stel nie, mens kan seker,(ek stel nie eers die seuns se .22 op 25m nie maar wel 50m), maar glo nie jy gaan dan op 150m-200m spot on wees nie? Of het ek my naam met 'n lekker duk stuk plank geslaan?

Re: Instel op 25m?

Posted: Thu Jun 14, 2012 11:10 pm
by molopohunter
Mens "boresight" op 25 meter, dan zero jy hom op die afstand wat jy soek. Daar is ook tabelle wat vir jou se hoeveel die kalibers klim en sak op watse afstande, maar die 25 meter is nie vir finale instel nie. Volgens die manne wat gewere vervaardig moet gewere op 200 meter (eintlik yards) ge-zero word om by hulle tabelle uit te kom.

Daai man wat se as jy op 25 meter instel is hy "spot on"...uit my ondervinding met die jagters hier...nee.

Re: Instel op 25m?

Posted: Thu Jun 14, 2012 11:11 pm
by .::Alwyn-U::.
Hi boskind

Ek het nou eerguster my nuwe howa 308 ingestel. toevallig ook die 25m eerste gedoen. Ek het hom op die kol gestel vir 25m en toe print hy so 1" hoog op 100m. Ek het nog fotos van die groupings as jy sou belangstel (foto van die 25m en 100m). So wat dit vir my gese het is dat as hy 1" hoog skiet op 100m sal hy zero op 200m soos ek dit verstaan.

Het begin reen toe kon ek nie op 200m kyk wat maak hy nie maar gan more oggend gou weer net om seker te maak alles is reg vir my jag volgende week.

Groete
Alwyn

Re: Instel op 25m?

Posted: Thu Jun 14, 2012 11:20 pm
by wlm
Stel in op watter afstand jy wil maar skiet daarna asb. tog op 100m,200m, ens. om te kyk waar jou trefpunt is op daardie afstande.

Re: Instel op 25m?

Posted: Thu Jun 14, 2012 11:42 pm
by Armand Steenkamp
  Myne is so 2en n half duim hoog op 100m dan zero hy op 200m.  Dink nie jy gan op 200m zero as jy n duim hoog op 100m is nie.


Groetnis

Re: Instel op 25m?

Posted: Fri Jun 15, 2012 5:11 am
by Piet Breedt
Bullet Flight program s? dat as jy n .270 met n 130gr koe?l teen 3060ft/sek zero op 25m, dan lyk sy trajek as volg:

25m = zero
50m = 1.2" hoog
100m = 2.7" hoog
150m = 2.9" hoog
200m = 1.6" hoog
225m = 0.4" hoog
250m = 1.3" laag

Re: Instel op 25m?

Posted: Fri Jun 15, 2012 8:00 am
by tau
My .308 op 25m Zero dan so 2 duim hoog op 100m
Ek skiet "toevallig" saam met 'n groep vriende?/familie met 4 x 7mm Rem Mag en 3 x 7x 64 Brenneke's tussen ons die gevoel is dood op 28m is naby aan zero op 200m. tenminste gaan jy op 28m jou lyn reg kry en kyk of die patrone groepeer. Ek doen al my lading ontwikkeling op 25-28 m.

Maar dit is alles maar soos ek geleer is so miskien is ek ook verkeerd.

Re: Instel op 25m?

Posted: Fri Jun 15, 2012 8:27 am
by Wouter Roets
Hallo Manne

Luddie om by te voeg op wat jy gese het is dit bitter belangrik om ook te weet hoe hoog jou teleskoop bo jou loop gemonteer is met hierdie berekeninge. Net n paar mm's uit en dit kan jou som nogal redelik ver uitgooi.

Tau, ladingontwikkeling moet op niks minder as 100m gedoen word nie en verkieslik op 200m. Om ladingontwikkeling op daai afstande te doen wat jy genoem het mors jy jou tyd.

Groetnis
Wouter

Re: Instel op 25m?

Posted: Fri Jun 15, 2012 9:00 am
by tripodmvr
Eenvoudige rekenkunde s? vir jou dat 3mm fout op 25m = 8x3 = 24mm op 200m. As dit 5mm is dan 40mm. Ek het nog altyd die ballistiese tabelle aanvaar en nog nie eintlik op 200m geskiet nie - 100m is gewoonlik waar ek instel en ladings ontwikkel. Het my 223 nou die dag ingestel op 100m en het heel skaflik die kakkals op 300m raakgeskiet. Dit was nie perfek nie en ek wil nog meer met die geweer speel op daardie afstand. My jagrekord wys darem vir my dat ek oor 25 jaar nie 'n groot fout gemaak het deur op 100m in te stel nie.

Re: Instel op 25m?

Posted: Fri Jun 15, 2012 9:05 am
by tau
Wouter Roets wrote: Hallo Manne

Luddie om by te voeg op wat jy gese het is dit bitter belangrik om ook te weet hoe hoog jou teleskoop bo jou loop gemonteer is met hierdie berekeninge. Net n paar mm's uit en dit kan jou som nogal redelik ver uitgooi.

Tau, ladingontwikkeling moet op niks minder as 100m gedoen word nie en verkieslik op 200m. Om ladingontwikkeling op daai afstande te doen wat jy genoem het mors jy jou tyd.

Groetnis
Wouter
Dankie Wouter.

Soos ek se mens word die goed geleer as jy begin deur ander mense wat jy glo reg is want hulle weet baie meer as jy. En mens moet aanpas by wat jy aanleer, dankie ek sal julle raad volg.

Re: Instel op 25m?

Posted: Fri Jun 15, 2012 9:18 am
by Wouter Roets
Tau

Was ook maar in die begin daar. Kan vandag maar net my kop skud as ek terug dink aan wat ek alles soos soetkoek opgevreet het van die "experts" van daai tyd. Dis wat hierdie Forum so great maak deurdat ons met mekaar kan praat om sodoende ons kennis te verbreed.

Driepoot jy is reg die verskille is nie so groot tot op 300m nie veral as daar op die blad geskiet word. Gooi vir die brein op daai afstand kan dit n mens nogal rooi in die gesig laat.

Groetnis
Wouter

Re: Instel op 25m?

Posted: Fri Jun 15, 2012 10:15 am
by Carl
tripodmvr wrote: 100m en het heel skaflik die kakkals op 300m raakgeskiet.
Wa is die  :police: of  :angel: hierdie man hou nie van jakkelse nie. LMGA ek het nou lekker gelag, Freudian slip soos die Engelse s

Re: Instel op 25m?

Posted: Fri Jun 15, 2012 10:19 am
by tripodmvr
Kyk maar hoeveel kere druk jy die sleutel langsaan die een wat jy wou druk en jy lees nie alles weer deur nie. Dit is ook verdomp koud hier in die Vuildriehoek en die vingers is styf.

Re: Instel op 25m?

Posted: Fri Jun 15, 2012 10:25 am
by Ponkie
More Manne

Maklik 10jr terug toe ek nog laerskool was het my Pa altyd ons gewere op 27m gezero. Ek kan nou nie se of hulle dan op 150/180/220m weer gezero het nie, maar vir algemene jagtoetstande by ons in die karoo was dit perfek. Vir naby skote het jy op die keelafsnybeen gevat en jy sal nie bo-oor skiet nie, en verder weer bietjie op. Dit was die dae toe biltong op die draad die enigste belang was. Die kalibers was 308,30-06 en 7x57. Vandag weet ons baie meer soos tegnologie ons ingelig het, en besef ons dit verskil van kaliber tot kaliber en verder is daar ander faktore soos hoe hoog jou scope gemonteer is wat ook 'n effek het.

My 22-250 skiet ek bv ook met 'n 200m zero, maar daarvoor is my trajek .258" laag op 25m met 'n 50m zero, .98" hoog op 100m en dan die 200m zero. So julle kan sien dat dit sal verskil van kaliber tot kaliber, en baie ander faktore. Ek sal die kans vat om te se dat indien iemand wat 1/2 keer 'n jaar jag sy geweer zero op 25-28m hy nie sy bok sal mis skiet nie, want so ou skiet meeste van sy skote <180m en sal nie mis agv hierdie klein verskil in trajek nie.

Groetnis
Ponkie 

Re: Instel op 25m?

Posted: Sat Jun 16, 2012 4:32 pm
by .::Alwyn-U::.
+1 ponkie, elke geweer sal maar sy eie "zero afstand" he.

groete

Re: Instel op 25m?

Posted: Sun Jun 17, 2012 12:36 am
by Johnnie De Wet
Hiers n lekker ballistic programmetjie om te download, bereken trajekte, stoor ook al jou ladings en groeperings op hom.

http://huntingnut.com/index.php?name=pointblank

Re: Instel op 25m?

Posted: Sun Jun 17, 2012 8:29 am
by DWB
Om my scope te check skiet ek op 25m en stel hom dan reg in so bietjie minder as 'n duim onder op 25m, dan weet ek as ek op 100 of 200m gaan toets ek redelik naby is op daai afstande en dat ek nie die teiken misskiet nie ;D, maar ja 'n aanvaarvare groepering op 25m moet 1 baie klein gat wees ;D

Re: Instel op 25m?

Posted: Sun Jun 17, 2012 8:44 am
by Kruger
Die zero afstand is minder krities, solank jy jou geweer se trajek ken. Wat meer belangrik is, is paralaks op jou teleskoop. Teleskope sonder eksterne paralaks verstelling word gewoonlik rondom 100m paralaks vry gestel en om so 'n teleskoop op 25m te probeer zero is 'n mors van tyd,

Re: Instel op 25m?

Posted: Sun Jun 17, 2012 3:04 pm
by tafjak
Kruger

Stem saam!

Mooiloop

Re: Instel op 25m?

Posted: Tue Jun 19, 2012 6:58 pm
by muismaree
Kyk by JBM Ballistics, daar is 'n verskeidenheid vernuftige calculators, bitter lekker vir speel.

Re: Instel op 25m?

Posted: Sun Jul 01, 2012 1:06 pm
by tau
Kruger wrote: Die zero afstand is minder krities, solank jy jou geweer se trajek ken. Wat meer belangrik is, is paralaks op jou teleskoop. Teleskope sonder eksterne paralaks verstelling word gewoonlik rondom 100m paralaks vry gestel en om so 'n teleskoop op 25m te probeer zero is 'n mors van tyd,
Dnk vir julle raad kerels. So ek skiet nou vir die eerstekeer  my .308 gister met my 7.5 x Leupold wat vanaf my 7mm kom en ek weet die scope hou sy zero 100% al vir solank ek hom het. Elkgeval skiet met 4 skote die scope in op 25m en beweeg na 100m om te check. 168 gr Hornady Sst met 41.5 gr S 341 8 duim hoog!!!!! Ek het my ander scope blameer vir my mis skiet twee weke terug, nadat my vriend waar ek gejag het my verseker het die wapen op 25 m ingestel sal klein bietjie skiet op 100 m. Blameer ek hom? Nee ek moes hier eers gevra het.

Hoe meer ek hier leer hoe meer vind ek VREESLIK baie boere raad daar buite is maartoevallig reg soms.

So geweerskietmii alles nou beter, ek nog nader aan 'n beterskut.

Re: Instel op 25m?

Posted: Sun Jul 01, 2012 2:55 pm
by Koos Barnard
Ook my 2c (dis eintlik al klaar genoem dink ek)
Afhangend van die hoogte waarop die scope gemonteer is sal dit enigiets van 1-duim tot 2.5 (of 2.7/3-duim) hoog skiet op 100m as dit iewers van 23 tot 28m ingestel word. Die groot probleem met naby instel is die parallaksfout wat jy dalk kan maak. Volgens die slimjanne is die parallaksfout nader as 50m veel groter as oor 100m vir scopes warvan die parallaks op 100 of 150 yards/of meter gestel is. Stel jy dus op 25m in, is daar 'n moontlikheid dat jy nie presies op 12-uur een of tweeduim hoog op 100m gaan skiet nie. Let wel, soms is die instelling wel spot-on maar soms nie.

Ek weet selfs van manne wat op 'n ander plek skiet op 100m wanneer hulle hul gewere van die bank af ingestel het en daarna van 'n veldposisie skiet. Dis altyd beter om dubbel seker te maak.
Mooi loop

Re: Instel op 25m?

Posted: Sun Jul 01, 2012 6:31 pm
by Frederik
Lank terug is ek geleer jy stel in op 25 meter met nuwe scope of geweer net om seker te maak jy gaan die teiken raak skiet op 100 meter. En sover het ek geen klagtes nie.

Re: Instel op 25m?

Posted: Tue Oct 09, 2012 5:01 am
by James Wickens
Ludwig wrote: Wout, jy is heeltemal reg, maar meeste ballistiese programme neem "sight height" darm in ag en 'n ou moet dit maar presies meet as jy akurate data van die program af soek.

Stem saam, as jy lading ontwikkeling op enige afstand korter as 100m doen mors jy jou tyd en geld.
Hoe kan ek my sight height meet

Re: Instel op 25m?

Posted: Tue Oct 09, 2012 8:25 am
by Nickvn
Ja ek wil ook graag weet.