Page 1 of 1

Garmin etrex 10 vir jagveld

Posted: Thu Jun 14, 2012 4:09 pm
by ablm468
Manne ek het vandag vir my 'n Garmin Etrex 10 gekoop vir die jag, het nog nooit met 'n Gps gejag nie, sal graag tip wil verneem van die manne wat een gebruik in die jagveld hoe hy werk en wanneer jy hom gebruik?

Re: Garmin etrex 10 vir jagveld

Posted: Thu Jun 14, 2012 4:34 pm
by JK
Merk die bok waar hy le sodat jy hom weer kry as jy met die bakkie kom.  Dis te se as jy geloop het ;) 

Ek gebruik een op die plaas om selfs pyp lyne ui te sit waar hoogtes kritiek is, om die nodig val te versker. Kan hoogte ook meet, afstande ens.

Re: Garmin etrex 10 vir jagveld

Posted: Thu Jun 14, 2012 4:55 pm
by BoogJagter111p
As ek op 'n plaas kom wat ek nog nooit van te vore gejag het nie, sal ek met die bakkie ry en al die plekke merk waar suipings/soutplekke is en dan ook die hoekpunte van die plaas merk.

Volgende dag, vat ek die voete en kan myself enige tyd orienteer ten opsigte van die bakens wat ek die vorige dag opgesit het. Werk ook lekker om bok te merk, as jy hom nie dadelik kan laai nie en later moet terug kom, net soo JK gese het.

Maak ook dat jy na die tyd al jou roetes op die rekenaar kan aflaai en jy sal verbaas wees hoe ver jy partykeer stap op n dag.

Groete
Manie

Re: Garmin etrex 10 vir jagveld

Posted: Thu Jun 14, 2012 5:12 pm
by Cobus(Cobb)
Hansman, s? gou waar het jy gekoop en hoeveel het hy gekos?

Re: Garmin etrex 10 vir jagveld

Posted: Thu Jun 14, 2012 7:25 pm
by ablm468
Het hom in Brakpan by Mall @ Carnival gekoop by Nexfied (Trappers Trading) R1100