Page 1 of 1

22 BR

Posted: Fri Mar 26, 2010 12:54 pm
by Francois Marais
Hi

Bietjie opgelees oor die kalibertjie, is n 6mm BR dop afgenek na 22 toe.

Doen blykbaar 22-250 spoed met minder kruit en langer loop leeftyd, sien daar is n man wat Custom gewere bou in die kaliber en hulle waarborg vir .250" 3skoot groepe op 100. hy oet redelik seker wees van sy saak.

Weet iemand dalk van iemand wat een het, lyk vi my na die gun om die bonzai 243's bietjie aan te vat.

Laat weet gerus.

Mooi loop
Francois

Re: 22 BR

Posted: Fri Mar 26, 2010 3:20 pm
by Janjak
Francois,
ek dink Heinrich het een, of iets wat naby is????
Ek onthou net die loop lewe was treurig -minder as 1000.

Re: 22 BR

Posted: Fri Mar 26, 2010 4:10 pm
by DSBW
francois

Ek wou verlede jaar met alle mag vir my een bou, Oom Chris het 'n "reamer" vir die .22 BR. Hy beveel my toe aan om met 'n vriend van hom te gesels, wat een gebou het het met die einste "reamer". Ek het die ou gekontak, en daarna daarteen besluit, vir die eenvoudige rede dat die BR dop glad nie wil laai uit 'n magasyn uit in daardie kaliber nie, en ek wou bloot my Remington Sendero 22-250 'n nuwe loop opsit, dus wil ek die magasyn gebruik.

Verder was die ou vreeslik vol lof vir die mannetjie, loop leeftyd is goed, nie verskriklik beter as 22-250 nie (volgens die yanks), maar tog beter, hierdie ou het toe al baie skote (dink 3500) deur syne gehad, en die ding het volgens hom nog baie goed geskiet. Alles klink dus reg, uiters akkuraat, goeie spoed ens., maar net vir enkelskoot.

Ek sal Dirk se besonderhede soek, dan kan jy met die man praat.

Groete

Dawie

Re: 22 BR

Posted: Fri Mar 26, 2010 6:48 pm
by Francois Marais
DAWIE

Dankie, sal waardeer, ek is nogal lus vi so n enetjie, siende dat ek nou so gelukkig is met my 6mm BR.

Mooi loop
Francois

Re: 22 BR

Posted: Sat Mar 27, 2010 7:59 pm
by Janjak
Dankie, sal waardeer, ek is nogal lus vi so n enetjie, siende dat ek nou so gelukkig is met my 6mm BR.
Wat pla met jou 6BR.
Jy kan hom hier na my toe stuur as hy pla. ;D

Re: 22 BR

Posted: Sat Mar 27, 2010 8:42 pm
by Francois Marais
Jannie

Nee man, se dan juis ek is gelukkig, so die kleiner weergawe behoort net so mooi te gooi.

Mooi loop
Francois

Re: 22 BR

Posted: Sat Mar 27, 2010 10:53 pm
by Janjak
Francois,
grap sommer.

daai BR's pla mos nie maklik nie en as mens kyk na daai 6mm van jou weet mens sommer hy werk hard.