Page 1 of 2
Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 9:11 am
by FHM
Manne hier het ek hulp nodig asb.
Ek is genooi om die naweek op n pel se plaas te loop kyk of ek van sy horison-springbokke en blesbokke kan laat bakkie ry. Die BB is glo nie so wild 150-250 m afstande. Maar daai S/bokke...hy se ek sal op minimum 350 m + moet knyp - en die wind waai daar met die weer wat ons nou het - maak dit n moeilike affere.
Die 30-06 met 180 gr sal werk in die wind - maar die afstande...eish.
Die .270 met 130 sal werk, maar die wind...eish
Nou sit ek verdeeld tussen my 30-06 en my .270 - wat vat ek saam?
Ek het gedink om maar altwee gewere saam te vat - 130 gr op die .270 en op die 30-06 het ek die volgende patrone beskikbaar om te kan koop. Wat stel julle voor sal die beste werk hier onder, in 30-06 vir S/Bok op daai afstande? Ahrens Guns se eienaar stel voor ek gebruik Blazer CDP in 165 gr?
Sako Gamehead - 123 gr
Blazer CDP - 165 gr
Norma Ball Tip - 150 gr
S&Bellot SP - 150 gr
PMP Match HPBT - 155 gr
Geco / RWS - 11 gramm
Sal julle raad waardeer ouens.
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 9:49 am
by Piet Pille
jag jy in duine of bos?
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 10:02 am
by Gerhard
My 3006 met 150gr Nosler BT's gee vir my 3050fps redelik gemaklik.
Hulle behoort die wind mooi te klop met die combo van spoed en gewig. Maar n springbok se kill area op 350m is maar woes klein.
Jy moet maar eers kyk wat werk die beste in jou geweer.
Maak nie saak wat se kaliber nie.
Geniet die jag,
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 10:04 am
by FHM
Pieter Vorster wrote:
jag jy in duine of bos?
Piet dis ope veld - min bos, maar grasbedek en heuwel-agtig met egalige koppies en droe rivier-lope hier en daar.
Definetief nie bos-wereld nie.
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 10:14 am
by Chevvy SS
As jy enigsins 'n probleem met die wind gaan h?, sal 30-06 met 'n swaarder punt die beste werk.
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 10:16 am
by FHM
Gerhard wrote:
My 3006 met 150gr Nosler BT's gee vir my 3050fps redelik gemaklik.
Hulle behoort die wind mooi te klop met die combo van spoed en gewig. Maar n springbok se kill area op 350m is maar woes klein.
Jy moet maar eers kyk wat werk die beste in jou geweer.
Maak nie saak wat se kaliber nie.
Geniet die jag,
Dankie Gerhard.
Ek het so 3 weke terug baie sukesesvol S/bok en G/bok gejag met African Elites 180 gr.
Aan die .270 se kant kry ek benydenswaardige groeperings met die Pro-Ams 150 gr en het laasjaar regtig geroei onder s/bokke.
Ek dink ek gaan maar altwee gewere saamvat met 30-06 180 gr en .270 150 gr - die dag / afstand en weer sal bepaal watter een gaan praat. Ek dink nie ek moet nou met ander patrone begin speel 2 dae voor die jag nie - ek weet wat dit wat ek gereeld mee skiet doen en ek is gemaklik met die kennis.
Groete daaikant van die draad
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 10:17 am
by FHM
Chevvy SS wrote:
As jy enigsins 'n probleem met die wind gaan h?, sal 30-06 met 'n swaarder punt die beste werk.
Presies wat ek ook dink Chevvy SS. Dis hoekom ek maar die nul-kwes en 180 gr saamvat - back-up!
Dankie.
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 10:18 am
by matewis
Soos Gerhard noem is spoed ook baie belangrik. Ek sal amper dink spoed die bepalende faktor vir jou gaan wees.
Ek sou s?, gegewe die feit dat dit al die naweek is, fokus op die kaliber wat jy die beste ken en met vertroue kan skiet, veral op 350m+ SB'e.
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 10:47 am
by Gerhard
Francois,
Ek sou as ek jy was die 3006 gezero het op 250m met die 180gr.
Dan net seker gemaak het wat die trajek doen op 300 en 350m.
Dan behoort jy redelik mooi te doen selfd met die 180grs.
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 11:18 am
by FHM
Ek is op 200 m gezero (0kwes) met 180 gr en het 3 weke terug springbokkies in lang gras waar net nek en kop uisteek almal nekskote op 250/300 m geskiet. Ek en die 0kwes gesels lekker saam en dus sal ek haar saamvat. Is op n myn site in die dag en het nie tyd voor die naweek om 0kwes te re-zero op 250 m - maar ek weet presies waar sy gooi op 300m.
Sal agter die .270 inklim met 150 gr as die bokkies hou by hulle berugtheid en 350m + staan
Dankie vir die insette manne - lekker om gedagtes te ruil so voor n 'weetihoeditgaanwesi' jag
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 11:50 am
by Gerhard
FHM wrote:

Lekker jag en onthou die fotos!!!
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 11:52 am
by Piet Pille
FHM wrote:
Pieter Vorster wrote:
jag jy in duine of bos?
Piet dis ope veld - min bos, maar grasbedek en heuwel-agtig met egalige koppies en droe rivier-lope hier en daar.
Definetief nie bos-wereld nie.
Gedog jy jag miskien in die rooi duine. Ek het laasjaar so gejag reg oos van kalkrand waar die bokkkies ook maar woes ver gestaan het. Maar die duine was redelik oop en die strate nie te wyd nie. Ek se toe vir die manne hulle moet my in 'n kamp aflaai, ek wil loop..... hulle het gese ek is mal en gaan my vrek stap. Lang storie kort, ek het my bokke lekker bekruip deur met die verkyker vanaf die duin te kyk waar hulle staan in 'n straat en dan te bekruip aan die agterkant van die duin tot regoor hulle. Le dan soos 'n wafferse sniper bo-op die duin agter 'n graspol en skiet hulle hier onder jou- my verste skoot was seker so 180m en ek het 7 so kon skiet. hulle is so ingestel op die bakkie se geluid, dat hulle lankal begin roer nog voor hulle die bakkie sien. Ek het dit gesien terwyl ek wag dat die bakkie my moes kom haal- hulle raak skielik onrustig en begin drawwe, dan kan jy maar weet 'n minuut of wat later hoor ek die kar aankom.
Maar hulle het nie clue wat aangaan as jy hulle so te voet skiet nie en weet nie vanwaar die skoot kom nie - hulle maal-maal op een plek en soek na die bakkie en enjin-geluid....... ek het 3 bymekaar so kon skiet.
So, om terug te kom na jou vraag- daars nie 'n manier wat ek op 350m+ mooi skote sal kan skiet met die .270 nie, maar hierdie het vir my gewerk en die afstande baie gekrimp. Dit was egter in die duine, so ek weetnie of dit noodwendig sal werk daar waar jy gaan jag nie- miskien is daar te veel gras of die vlaktes te groot om naby te kan kom.
Geniet hom. Die week van die 23ste is my beurt daar in die Stampriet kontrei..!!!

Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 11:55 am
by Gerhard
Pieter,
Daai klink mos nou na n lekker manier om in die duine te jag...
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 12:56 pm
by FHM
Ja Pieter ek weet persies waarvan jy praat as jy se Duine jag. Het laasjaar in Gochas se wereld so gemsbokke bekruip agter die duine en op die kruine agter bufflegras mooi my op die kruin ingewurm en 4 gemsbokke so geskiet op 100 - 150 m onder my in die strate - soos jy se, die ouens maal soos skape en kyk wraggies die aarde stukkend maar as hulle niks sien, hoor of ruik nie is hulle geneig om net daar te staan - dan klap ons mos maar nog een en so aan totdat een se spanning breek en windrigting vat met almal in gelid.
Die area waar ons heengaan die naweek het zero duine maar is ook nie oop vlakte nie. Daar is bultjies en ou rivierlope - klipperige wereld, en ek is 100 % met jou, my aanvanklike idee is om ook myself te laat aflaai onder die wind erens - nadat ek weet waar die bokke is - en dan die donn...ers te bekruip agter heuwels en groot klip beskutting. Hier gaan werk kom met tyd, sweet en bloed elmboe en knie en sonbrand en n paar grys area woorde - min skaduwee bome daarso - gaan nie maklik wees nie, maar ek en daai bokke gaan mekaar vind voor sononder - hoor my lied.
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 1:13 pm
by VdWalt
FHM wrote:
my aanvanklike idee is om ook myself te laat aflaai onder die wind erens - nadat ek weet waar die bokke is - en dan die donn...ers te bekruip agter heuwels en groot klip beskutting. Hier gaan werk kom met tyd, sweet en bloed elmboe en knie en sonbrand en n paar grys area woorde - min skaduwee bome daarso - gaan nie maklik wees nie, maar ek en daai bokke gaan mekaar vind voor sononder - hoor my lied.
Wow dit klink lekker!!!
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 2:47 pm
by Cobus(Cobb)
Quote van Pieter Voster
Gedog jy jag miskien in die rooi duine. Ek het laasjaar so gejag reg oos van kalkrand waar die bokkkies ook maar woes ver gestaan het. Maar die duine was redelik oop en die strate nie te wyd nie. Ek se toe vir die manne hulle moet my in 'n kamp aflaai, ek wil loop..... hulle het gese ek is mal en gaan my vrek stap. Lang storie kort, ek het my bokke lekker bekruip deur met die verkyker vanaf die duin te kyk waar hulle staan in 'n straat en dan te bekruip aan die agterkant van die duin tot regoor hulle. Le dan soos 'n wafferse sniper bo-op die duin agter 'n graspol en skiet hulle hier onder jou- my verste skoot was seker so 180m en ek het 7 so kon skiet. hulle is so ingestel op die bakkie se geluid, dat hulle lankal begin roer nog voor hulle die bakkie sien. Ek het dit gesien terwyl ek wag dat die bakkie my moes kom haal- hulle raak skielik onrustig en begin drawwe, dan kan jy maar weet 'n minuut of wat later hoor ek die kar aankom.
Maar hulle het nie clue wat aangaan as jy hulle so te voet skiet nie en weet nie vanwaar die skoot kom nie - hulle maal-maal op een plek en soek na die bakkie en enjin-geluid....... ek het 3 bymekaar so kon skiet.
Manne, ek vra groot omverskoning dat ek die post in 'n ander rigting druk en dat ek weer die Eties/Onetiese onderwerp aanraak.
Die skrywe is 'n prag voorbeeld oor hoe bakkie jag, in die geval, die wild al die kans gee om weg te kom, dus MEER eties mag wees, vs hulle bekruip en op 'n string kan uithaal (tot 7 op 'n slag), weer MINDER eties mag wees.
Mag hierdie deur almal raakgelees word en mag alger besef dat elke tipe jag sy eie meriete het en dat ons nie 'n BIG DADDY op ander manne se jagmetodes mag trek nie.
Cheers
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 2:57 pm
by Vlakvark
Cobb
Ek stem of dit bakkie ,walk stalk, of boog jag in 'n hide ,Of hoe ook al jy wil, Doen dit met eer en respek en jy hoef nie jou kop te sak nie dis al wat nodig is eer en respek vir die dier die grond waarop jy jag en die mense wat saam met jou is
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 3:08 pm
by Raven
EK het laasweek ook met die wind gesukkel anderkant Stampriet.
Beste opsie vir my 22-250 en 25-06 was: Jag Wind-op of wind af.
Verste skote was tussen 250-280m op Springbokke en altwee gewere het 90% goed gevaar in so 'n jag.
Daar was 'n paar swak skote waar ek die wind onderskat het

Daar is niks so lekker soos 'n kruppel2 as jy nog wind agter sy agter-ent sit
Raves
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 3:11 pm
by Carl
FHM, dit klink na lekker jag. Ek sou die 270 vat met daai 150 greine veral as hy so mooi groepeer. Ek dink hulle behoort goed te doen in die wind en SB het nie raad vir hulle as jy mooi skiet nie. NEt agter die blad en hy maak so min skade.
Aangesien die 06 ook so mooi skiet moet sy ook saam. Net jammer jyt nie toets tyd vir die Blazers nie, lyk interessant.
Ek het noudie dag in Kimberley omgewing so te voet gejag. Dis ook nie duine wereld nie maar jy kan loop en daar is baie bekruip plek. Ek het gesien die bokke is baie bang vir die bakkie 350+ maar ek kon elke keer 200m haal sonder moeilikheid.
Het jy darem 'n twee poot wat werk as jy sit/l? en skiet?
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 5:19 pm
by Piet Pille
Cobb wrote:
Quote van Pieter Voster
Gedog jy jag miskien in die rooi duine. Ek het laasjaar so gejag reg oos van kalkrand waar die bokkkies ook maar woes ver gestaan het. Maar die duine was redelik oop en die strate nie te wyd nie. Ek se toe vir die manne hulle moet my in 'n kamp aflaai, ek wil loop..... hulle het gese ek is mal en gaan my vrek stap. Lang storie kort, ek het my bokke lekker bekruip deur met die verkyker vanaf die duin te kyk waar hulle staan in 'n straat en dan te bekruip aan die agterkant van die duin tot regoor hulle. Le dan soos 'n wafferse sniper bo-op die duin agter 'n graspol en skiet hulle hier onder jou- my verste skoot was seker so 180m en ek het 7 so kon skiet. hulle is so ingestel op die bakkie se geluid, dat hulle lankal begin roer nog voor hulle die bakkie sien. Ek het dit gesien terwyl ek wag dat die bakkie my moes kom haal- hulle raak skielik onrustig en begin drawwe, dan kan jy maar weet 'n minuut of wat later hoor ek die kar aankom.
Maar hulle het nie clue wat aangaan as jy hulle so te voet skiet nie en weet nie vanwaar die skoot kom nie - hulle maal-maal op een plek en soek na die bakkie en enjin-geluid....... ek het 3 bymekaar so kon skiet.
Manne, ek vra groot omverskoning dat ek die post in 'n ander rigting druk en dat ek weer die Eties/Onetiese onderwerp aanraak.
Die skrywe is 'n prag voorbeeld oor hoe bakkie jag, in die geval, die wild al die kans gee om weg te kom, dus MEER eties mag wees, vs hulle bekruip en op 'n string kan uithaal (tot 7 op 'n slag), weer MINDER eties mag wees.
Mag hierdie deur almal raakgelees word en mag alger besef dat elke tipe jag sy eie meriete het en dat ons nie 'n BIG DADDY op ander manne se jagmetodes mag trek nie.
Cheers
Hallo Cobb,
Ek sukkel om te verstaan wat jy bedoel met jou skrywe hierbo, maar as ek reg verstaan, se jy dat die manier waarop ek in bogenoemde skrywe gejag het 'n voorbeeld van onetiese jag is???
Op die betrokke plaas was ons drie manne wat 40 springbokke moes uitskiet vir die boer oor die langnaweek. Daar was redelik baie al gejag voor ons, en die bokke was baie bakkie verskrik, soos ek reeds genoem het. Die normale praktyk is dus (soos baie manne hier wat al in die duine in die suide van Namibie springbokke gejag het, sal kan beaam) is maar om te ry en te kyk of die troppie jou 'n kans gee binne skietafstand. As hulle begin draf word hulle bo-oor die volgende duin gedruk en die proses herhaal totdat hulle of te moeg is om verder te hardloop en jou 'n kans gee, of in die hoek van die kamp vasgedruk word en daar geskiet word. So trop word dikwels so aangejaag totdat 'n hele paar bokke op die wyse uit die trop geskiet is en die trop te wild is om verder te jaag met die jagkar....
Hoe op dees aarde is dit meer eties om springbokke op bogenoemde wyse te jag (....jaag) as om hulle te voet te bekruip en dan te skiet??
Net nog 'n regstelling- ek het nerens vermeld dat ek "tot 7 bokke op 'n slag" so gejag het nie. Ek het wel 3 springbokke uit die een groot trop so geskiet, soos in my skrywe vermeld, nadat die trop nie weggehardloop het nie en nog twee kanse gebied het.... ek kon wel 7 daardie dag in totaal op die wyse skiet- 3 die oggend sessie en 4 die namiddag (waarvan 3 kort namekaar uit dieselfde trop gekom het)
Ek verstaan dus dat dit as oneties deur jou beskou word om bv. twee koedoes namekaar te skiet ,sou 'n tweede ene jou ook 'n kans bied nadat jy reeds een geskiet het, maar jy twee koedoes op jou kwota het?? Dit maak nie vir my sin nie??
Ek is jammer, maar ek gaan sukkel om te verstaan hoe ek in 'n 700ha kamp oneties was omdat ek die bokke op hulle eie turf suksesvol kon jag deur hulle te bekruip (nadat ek in totaal volgens my gps meer as 7km gestap het in daai rooisand daardie dag) ipv hulle liewer met 'n bakkie moegjaag of vaskeer en dan die eerste een wat lankgenoeg staan platskiet.
Ek het die senario uit hierdie jagondervinding juis hier geplaas omdat dit my insiens baie meer eties sal wees om die bokke op die wyse te jag as om op 350m+ in winderige toestande 'n kans moet vat en die risiko om die bok te kwes veelvoudig hoer is nie. Dis juis hoekom FHM hierdie thread begin het- want hy voel nie gemaklik om op hierdie afstande te moet skiet nie en het hulp gevra, want hy wil nie graag bokke kwes nie. Bogenoemde voorbeeld skakel die lang risikoskote uit en die bok het nogsteeds 'n regverdige kans. Nerens het ek ook vermeld dat dit 'n vinniger en meer doeltreffende metode is om so gou moontlik soveel van jou kwota vol te kry nie. Inteendeel, die manne op die jagkar het baie meer springbokke in die selfde tyd geskiet, want die springbok se stamina kan nooit met 'n kar vol petrol kompeteer nie. Wat ek wel kan se, is dat daar 'n paar kwes skote vanaf die kar was, en my bokke was almal netjies geskiet, want die afstand was die helfte minder, die le-posisie met die bi-pod meer stabiel as die kar met paar mense op in die wind en die tyd om te korrel en skiet meer.
Jammer FHM as jy voel ek wou 'n "big daddy" op jou jagmetode trek- my intensie was werklik om dalk 'n beter (meer etiese) oplossing vir jou penarie te probeer bied.
As ek jou skrywe heeltemal misverstaan het het Cobb, vra ek om verskoning. Indien ek dit wel reg verstaan het, sal dit interressant wees as daar meer insette kom, ter verduideliking, sodat ek dan moontlik ook die punt kan verstaan en hopenlik voortaan 'n beter en meer etiese jagter in die veld kan wees.
@ Moderator : Sal jy asb hierdie post van my skuif en Cobb na 'n nuwe topic ( Bv. Onetiese jagpraktyke te voet) want ons het FHM se thread nou totaal en al ge-hijack. (Sorry FHM

)
Ek luister graag wat die ander dink
Cheers
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 5:37 pm
by Vlakvark
Pieter lees Cobb se stuk weer mooi deur Jy verstaan hom verkeerd
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 5:41 pm
by Cobus(Cobb)
Nee nee nee, Pieter, gladnie...
Jou skrywe het ek as 'n goeie voorbeeld gebruik om te verduidelik, dat die manne wat altyd die bakkie jagters wil aanvat oor dat hulle oneties is, tweekeer moet dink, want dit is nie altyd so nie..in die geval in jou skrywe, gee die bakkie,(se lawaai en konetasie met gevaar/dood), die diere kans om weg te kom, waar jou bekruip tegniek(waar jy die diere uitoorl??), hulle weer geen kans gun nie....dus kan "bakkie jag" nie altyd as oneties beskryf word nie...en daarom moet die manne wat sommer net anner se metodes wil kritiseer, mooi besin, want elke jag het sy eie unikheid en kan versil van jag tot jag.
Big daddy was 'n forum lid wat ander manne se jagmetodes nou baie onlangs bevraagteken, beswadder en beledig het, en sy eie stantpunt wou afdruk op anner manne, en ek het dit so probeer uitwys, siende dat dit nog vars in ons geheu is.
Ek het geen voor of afkeur in bakkie jag nie, het dit al baie self gedoen ook, asook walk stalk ens.
Ek sien oneties jag as iemand wat skiet en dit mors(nie benut nie)..bv,voe?ls doodskiet want jy kan, is vir my oneties(het eendag dit op 'n skietbaan gedoen en voel nounog tos daaroor).
Ek dwaal nou, sorry.
Ek komplimenteer jou slim jag tegniek en as jy, 3,4,5 tot 7 kon uithaal, well done...give the man a bells.Jy het mos jou prooi uitoorl? dus verdien jy die spoils.
Ek hoop dit maak my skrywe duidelik.
Aan die ander manne en FHM, sorry ons jack die post.
Cheers
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 6:43 pm
by Piet Pille
Doodreg Cobb,
Dankie vir jou post- ek het amper gedink eks in die dogbox oor die duinstappery!!!
Ek is nie regtig 'n fyngevoelige kerel nie, maar is duidelik nog te kort op die Forum om te vinnig afleidings te moet maak, oor wat iemand presies bedoel, daarom my reply.
Jy't hom nou mooi verduidelik dat ek ook verstaan (agteros kom ook in die kraal

).
Ek stem 100% saam met jou dat alles meriete het en dat mens moet pasop om te vinnig te kritiseer, veral as jy nie eerstehandse kennis het oor 'n spesifieke saak nie (soos wat jy met "big daddy" voorbeeld bedoel het... ek dog jy bedoel ek hou myself "grootmeneer" en wil my ondervinding op arme FHM "afdwing").
Ekself skiet elke jaar ook heelwat bokke van die kar af op ons jaarlikse springboktrippie, maar ek begin aardig voel as mens hulle later oor die 6de duin jaag

. (want ek weet hoe het ek gevoel nadat ek die 4de straat deur en duin oor is, en ek het nie eers gehardloop nie..)
Sorry oor die misverstand - verstaan nou wat jy bedoel het en stem heeltemal saam.
Groete
Pieter (die thread hi-jack koning

)
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 6:51 pm
by Cobus(Cobb)
No problems pella, soos ons op die forum s?..."jy moet oplet in die klas"..
Net gou 'n vraag,,,as daai bokke so oor die 4e duin draf, is daai vleise nie vol melksuur nie?moet 'n ou nie dan maar los nie??
Cheers
Re: Bles/Springbok jag die naweek
Posted: Thu Jun 14, 2012 7:04 pm
by Piet Pille
Cobb wrote:
No problems pella, soos ons op die forum s?..."jy moet oplet in die klas"..
Net gou 'n vraag,,,as daai bokke so oor die 4e duin draf, is daai vleise nie vol melksuur nie?moet 'n ou nie dan maar los nie??
Cheers
Presies!!!!! Maar dit was nie my call nie, ek was slegs deel van 'n groep van 3 en was net saamgenooi. Die boer wou graag meeste bokke in 2 spesifieke kampe laat uithaal en die ander kampe laat "rus" het vir die jaar. Daai eerste oggend was dit nog gangbaar en het jy mooi kans gekry, maar die bokke het al hoe wilder geraak hoe meer ons daar rondgemaal het met die kar deur die dag. Namiddag was die groter troppe opgebreek en die bokke net so vyf- vyf in 'n trop, en dis toe dat ek kriewelrig begin raak. Dis die dat ek toe vra of ek liewer die volgende dag eeder kan loop...
Dis die ding met jag-etiek- daai klein stemmetjie binnekant se vininig vir jou wanneer jy mag trots wees en wanneer jy besig is met str*nt. (Net jammer almal se binne- stemmetjies het nie by dieselfde skool geleer nie.

)