wie de dinges ?????
Posted: Wed Jun 13, 2012 10:27 am
gisteraand weer gaan jakkals piets,maar ek het n groot vraag?
WIE DE DINGES HET IN DIE NOORD-OOSTE VAN ONS LAND DIE YSKAS DEUR OOP GELOS????
ek kry nie baie gou koud nie ,maar gisteraand het ek met hierdie maergat van my so gerattle dat n ratelslang die pad sou vat as hy my kon hoor. so teen 11uur was dit nog so 4 grade,toe loop ek om n gestorwene te gaan optel.dit was n lekker stappie,toe kom daar eers die groot skrik. toe ek naby die kadawer kom vlieg daar n korhaan so n meter van my af op,en ek oorweeg dit toe om op my kop te gaan staan en van myself n lunchbar te bou.eers ruk die kroon juwele op dat dit lyk of ek pampoentjies het.toe word ek koud,
(dis seker toe die yskas oop gemaak is) daarna het dit gevoel of iemand n protter teen my kroontjie gedruk het.
ek het n openbaring gekry vanaf n vreemde spot ,en toe praat ek die snaakste afrikaans wat baie min mense nog gehoor het. ek dink dit was so 15 woord sin . give or take .maar elke tweede woord het met uiterste krag gekom. daai korhaan sal nooit weer dieselfde wees nie.
ons het darem op die ou end met die kwik op minus 3 grade , dit kon regkry om 3 jakkatese lapland toe te stuur. ek het kleein hasie geroep vir so 15 min toe die eerste teef inkom.sy het die wind gewerk tot op so 180m ,toe verwissel sy die tydelike met die ewige. sy was 7.19kg.(sonder haar brein) daar het nog twee gegroet ,maar dit was te bloody koud om te weeg en alles na te gaan. wat ek wel kan se die een was so 18 maande die twede een so 2 en n half en die ander een is afgeskeep. hy het geen aandag gekry nie.darem een teelpaar en n rondloper gepiets.die teelpaar het so 300 meter uitmekaar geval.
http://i1157.photobucket.com/albums/p58 ... G_0474.jpg