Page 1 of 1
raad asb
Posted: Tue Jun 12, 2012 6:58 pm
by johans
naand manne<gee my bietjie raad,hiers n klein lammetjie by my gevang en die boud is gevreet.die kamp is 300m van die huis af.daar naby is gewone "wilde huiskatte" wat da bly.sal hulle n 2dae oue lam vang as hulle honger is of is dit maar n rooikat wat so naby kom?
Re: raad asb
Posted: Tue Jun 12, 2012 7:54 pm
by Gerhard
johans wrote:
naand manne<gee my bietjie raad,hiers n klein lammetjie by my gevang en die boud is gevreet.die kamp is 300m van die huis af.daar naby is gewone "wilde huiskatte" wat da bly.sal hulle n 2dae oue lam vang as hulle honger is of is dit maar n rooikat wat so naby kom?
Klink soos rooikat se kind.
Re: raad asb
Posted: Wed Jun 13, 2012 1:06 pm
by stan man
ek persoonlik gaan ook vir n rooikat.n wilde huiskat sal nie maklik iets aanvat groter as hyself nie. maar dit is maar my beskye opinie.
is daar geen ander katterasies by jou nie??
Re: raad asb
Posted: Wed Jun 13, 2012 2:31 pm
by Francois B
Midag
Pasop maar vir n groukat met sulke jong lammers!
Groete f.b
Re: raad asb
Posted: Wed Jun 13, 2012 3:43 pm
by stan man
my einste idee
Re: raad asb
Posted: Wed Jun 13, 2012 6:30 pm
by johans
ja stan hier is groukatte en wilde katte,ek skiet hulle nie graag nie,is mos nou bedreigde spesie?maar as hulle teveel skade maak sal ek maar plan sien.dankie vir die replys
Re: raad asb
Posted: Mon Jun 18, 2012 10:11 am
by stan man
het julle al die skuldiges gekry??
Re: raad asb
Posted: Mon Jun 18, 2012 5:44 pm
by johans
ekt nog niks gedoen nie,hyt nie weer gevang nie.die bleddie persies kruip so draad ekt al gewens hy wil almal vang
Re: raad asb
Posted: Wed Jun 20, 2012 5:40 pm
by visstok
Jy het nie dalk nek afgeslag en gekyk vir byt merk nie? Eks nie nou seker oor die afmetings nie, maar aan die byt merke kan jy sien of is dit vaalboskat of rooikat, of dalk iets anders? Kan van die slimmer ouens nie vir ons die afmetings van die 2 kat soorte opsit nie asb?
Groete Alex
Re: raad asb
Posted: Thu Jun 28, 2012 4:59 pm
by 22-250 Sniper
Stel vanghokke n kat is n sucker vir n hok
Re: raad asb
Posted: Fri Jun 29, 2012 6:36 am
by Henry 7
Is 'n groukat en wildekat nie ma dieselfde ding nie?
Re: raad asb
Posted: Fri Jun 29, 2012 7:07 am
by Gerhard
Saul wrote:
Is 'n groukat en wildekat nie ma dieselfde ding nie?
Grou kat, Wildekat en Vaalbos Kat...
Almal die selfde kat.
Re: raad asb
Posted: Fri Jun 29, 2012 12:25 pm
by Henry 7
Miskien kan Johans die verskil s? tussen hulle! Nee ek spot sommer dis my buurman en ek braai da vanaand so hy ga my roer oor ek hom byt.Ek en hy het al saam met 2 bakkies so 2km uit mekaar gewerk en sukses gehad en ek en ander ou ook en dit lyk my dit help met daai taaies.
Henry
Re: raad asb
Posted: Fri Jun 29, 2012 2:49 pm
by johans
pasop saul<volgende keer gooi ek lood jou kant toe

Re: raad asb
Posted: Thu Jul 05, 2012 6:06 pm
by johans
om weer terug te kom na die punt toe,daars weer n dag oud lam gevang,die ding vang gladnie ouer as n dag oud lam nie.dit gebeur net eenkeer in 2weke want die ooie lam ver uitmekaar(hulle is net 10)

kan dit dan n rooikat wees,hy sal mos groter lammers ook vang?ek dink nogsteeds dis honger huiskatte
Re: raad asb
Posted: Sun Jul 08, 2012 11:39 am
by johann
Klink vir my ook na groukat, hul loop sommer ook naby die huis. Moet ook nie draaijakkalse weggooi met sulke klein lammertjies nie.
Groete Johann