Page 1 of 1

Wat maak ek nou

Posted: Tue Jun 12, 2012 5:36 pm
by Yalair
Ek het een vuurwapen was nog groen liksens verkoop aan iemand voordat ek my hernuwings gedoen het, ek het dus nie vir hernuwing vir die wapen aansoek gedoen nie, ek het die wapen nog in my besit. Ek kry nou nie die persoon in die hande om te hoor of hy nou reggekom het met sy liksensie of nie. Ek het reeds my hernuwings gekry nou sonder die een wat verkoop is. Sal ek nou weer moet aansoek doen vir hernuwing en die wapen kan hou, of kan dit nie so werk nie. Gaan die SAPS my pakslae gee hoe maak ek nou?

Ek moet nou twee nuwe aansoeke inhandig en is bang die ding gaan my nou aan die gat byt hulp sal wardeer word.

Groete
Ben

Re: Wat maak ek nou

Posted: Tue Jun 12, 2012 5:57 pm
by DWB
Gaan SAPD toe en laat hulle kyk of die wapen nog op jou naam is.

Vriend van my moes dit die week doen

Re: Wat maak ek nou

Posted: Tue Jun 12, 2012 6:02 pm
by Wielie Waps
Benna
Ek sal daai 223-tjie in veilige bewaring hou tot jou moeilikheid uitgesort is.

Re: Wat maak ek nou

Posted: Tue Jun 12, 2012 6:26 pm
by Yalair
DWB
Sal maar more met SAP gaan uitsort

Wielie
Het jou al noudiedag gevra wat ROOK jy broer. Wat gaan jy met die 22 honerd maak het jy al besluit?

Re: Wat maak ek nou

Posted: Tue Jun 12, 2012 8:43 pm
by G-force
Ben bel die call senter en se jy wil die geweer se status check.Gee hul die wapen se serial nommer en kaliber.Hul kan loer wat sy status is.As hy nog op jou naam is kan jy laat n handelaar hom vir jou in su vooraad inboek totdat jy weet wat daai ou wil maak.

Re: Wat maak ek nou

Posted: Tue Jun 12, 2012 8:51 pm
by Jacques van Eeden
As die wapen nog op jou naam is, sal ek nie dit ingee by 'n handelaar nie. Dan gaan jy stoorgeld ens. betaal en dit word sommer gou gou meer as die wapen se waarde. Die groen lisensie is dan nog geldig? Jy kan aansoek doen vir hernuwing en dalk net 'n verklaring aanheg van hoekom hy nie saam met die ander lisensies gedoen is nie.

Groete
Jacques

Re: Wat maak ek nou

Posted: Tue Jun 12, 2012 9:37 pm
by tripodmvr
Jacques222 wrote: As die wapen nog op jou naam is, sal ek nie dit ingee by 'n handelaar nie. Dan gaan jy stoorgeld ens. betaal en dit word sommer gou gou meer as die wapen se waarde. Die groen lisensie is dan nog geldig? Jy kan aansoek doen vir hernuwing en dalk net 'n verklaring aanheg van hoekom hy nie saam met die ander lisensies gedoen is nie.

Groete
Jacques
Stem saam. Jy het niks onwettigs gedoen nie. Verklaring is al wat jy nodig het as jy wapen nog op jou naam wil behou.