Page 1 of 1
50/50 episode oor bere
Posted: Mon Jun 11, 2012 8:18 pm
by Francois B
Naand manne
Ek was nou so ontsteld toe ek sien wat die mense doen met die bere en hoe hulle honde leer jag op bere wat vasgemaak is, en dan dink cape nature ons is wreed!
Re: 50/50 episode oor bere
Posted: Mon Jun 11, 2012 8:43 pm
by BoogJagter111p
Nie die program gesien nie. Vertel so bietjie meer asb?
Re: 50/50 episode oor bere
Posted: Tue Jun 12, 2012 6:43 am
by Francois B
More manne
Die bruin bere word met n ketting vasgemaak wat vas is aan n pen wat deur sy neus gekap word , dan word 2 2 honde losgemaak en die honde word punte aangeteken vir hul performance, nadat die bere goed opgeskeur is word hulle in hokies gesit waar die bere nie eers regop kon staan nie! Die diere lewe in hul eie mis , maar die tjerie op die koek was toe hulle n kleintjie verkoop en die ou nie n hok het om hom meer te skuif nie, toe vat hulle n hout vrugtekasie druk hom daarin en maak bo toe met sif draad en baal draad , sal darem nie sommer daardie noodkreet vergeet nie
Re: 50/50 episode oor bere
Posted: Tue Jun 12, 2012 7:32 am
by Frederik
Dit was nie lekker om te sien nie maar ooral in die wereld word diere sleg hanteer veral in ASIA die ding wat my weer gepla het was dat hulle weer jagters se namme sleg gepraat het. In plek daarvan om te se die sogenaamde jagter wat die sirkus beer gaan kom skiet of die woorde te gebruik van lokalle sport waar beer en hond baklei is weer die woord gebruik jagters.
Hulle is totaal anti jag ek kon maar net sowel vir die klomp wat honde laat baklei het vir geld jagters genoem het.
Ek het vroeer gese ek gaan nie weer 50/50 kyk maar moes net sien wat se nonsens hulle weer gaan he.
En dan kom die man aan die einde van die program en se dat mense wat diere mishandel of doodmaak groter kans het om kriminele te word en dat ons as mense nie diere sien as ons geleike en nie glo dat hulle siele het nie !!!!! En volgens hom is dit wat fout is met ons as mense op die aarde vandag. Dat diere nie ons geleike is nie en dat ons nie glo hulle het siele nie.
Dit is net soos pienk Rian se ARTIKEL net eenkantig en vergaande.
Re: 50/50 episode oor bere
Posted: Tue Jun 12, 2012 9:38 pm
by JAGTERSREG-JRM
Ek moet se daardie storie het my nogals ontstel,ek is al n jagter van vele jare en wanneer n skoot net bietjie af is jaag dit my rond in die nag.Om so harteloos te wees kan ek nie verstaan nie
Re: 50/50 episode oor bere
Posted: Wed Jun 13, 2012 12:37 pm
by BoogJagter111p
Dis wys net weereens, hoe laag die mens se morele waardes kan daal en dis verseker aan die toeneem..
Dis hartseer as jy van sulke goed hoor!