Page 1 of 1

Na 'n lang wag

Posted: Mon Jun 11, 2012 9:24 am
by Musketeer
More manne,

Soos belowe, hier is so paar fotos van my masjien.

Ek het hom verlede week Donderdag gekry en kon nie wag om paar pyle deur te jaag nie en vir ?n beginner boogskut met my eerste boog kon ek nie slaap die aand nie.
Ek het toe die oomblik toe die lig skyn paar pyle gaan jaag en eintlik meer probeer fokus om my vorm en die alignment op die peep en die site reg te kry.

Hier is ek die aand toe ek by die huis gekom het saam my nuwe beste vriend en die eerste groepering wat ek geskiet het op so 15 tree as ek reg gemeet het.
Die setup:
Hoyt Rampage XT
65lb
Spot Hogg sight
Trophy taker arrow rest

[img width=360 height=480]http://i1169.photobucket.com/albums/r50 ... G_0442.jpg[/img]

[img width=360 height=480]http://i1169.photobucket.com/albums/r50 ... G_0446.jpg[/img]

Re: Na 'n lang wag

Posted: Mon Jun 11, 2012 10:39 am
by SV MAD (Henk)
Mastag, baie geluk! Janee, daai is 'n mooi boog en jou setup is ook reg.

Vir jou eerste pyle op 15yards is daai groep baie mooi.

Werk maar aan jou vorm en kyk of jy jou draw kan hou vir 'n minuut en dan skiet (dis wat gewoonlik in 'n hide gebeur). En namate jy meer seker voel, maak die afstand meer.

Welkom, jy is nou ge-hook! Nou moet jy meer kiekies plaas van elke dag se oefening hoor!

Re: Na 'n lang wag

Posted: Mon Jun 11, 2012 10:45 am
by Zack Benade
Baie Geluk my vriend.

Mag die boog vir jou net genot bring.  Dit wat jy insit sal jy terugkry.

Groete
Zack

Re: Na 'n lang wag

Posted: Mon Jun 11, 2012 11:30 am
by VdWalt
Glad nie sleg nie! Geniet hom  - ek skiet nou al so 3 jaar met 'n Turbo
Hawk en ek geniet hom sommer baie.

Re: Na 'n lang wag

Posted: Mon Jun 11, 2012 1:19 pm
by Musketeer
Baie dankie menere,

Moet s? ek is self nogal opgewonde oor die nuwe uitdaging. Nou is dit net oefen oefen oefen.

Re: Na 'n lang wag

Posted: Mon Jun 11, 2012 8:30 pm
by JPS
Musketeer,

Baie geluk, Ek het tot Maart die jaar nog gese ek sal nie sommer boog skiet nie dis waarvoor daar gewere is .......
Nou kan die tyd nie vinnig genoeg kom dat ek 'n bok bekruip met die boog nie.

Soos die ervare manne se wat jy insit kry jy uit. As jy elke dag oefen krimp daai groep mooi. Ek self sukkel die laaste maand want ek is weg in oggen donker en terug in die aand na donker. Maar naweke skiet ek om opp te vang. Weereens geluk en sterkte die ding hook jou vinnig!

Groete
JP

Re: Na 'n lang wag

Posted: Mon Jun 11, 2012 9:08 pm
by Allieman
Welkom tjom!

As hy jou eers gevat het los daai boog jou nie sommer nie! Ek self ook gese dat ek nie sal boog jag nie, nou skiet ek al 5jaar boog en is mal oor dit.

Daar is min dinge wat die bloed laat pomp soos n leke walk en stalk.

Groetnes
Allieman

Re: Na 'n lang wag

Posted: Tue Jun 12, 2012 7:58 pm
by Gerhard
Nou het die gogga hard gebyt.

Een van die dae skiet jy daai groepe op 40 yards.

Geniet hom skoot vir skoot...

As jy sukkel skreeu ons het immers n man hier aan boord wat al SA verteenwoordig het n keer of wat om te help en n groot klomp manne wat lekker gesout is met die boog jag storie.

Re: Na 'n lang wag

Posted: Wed Jun 13, 2012 2:52 pm
by Musketeer
Nee kyk die gogga het behoorlik gebyt. Ek jaag elke middag huis toe om in die laaste lig gou paar pyle te skiet.

Ek sal verseker vra as ek hulp nodig het en baie dankie vir die uitnodiging om so te doen.

Dalk het ek volgende seisoen al genoeg oefening in om met selfvertroue die outjie veld toe te vat.

Re: Na 'n lang wag

Posted: Wed Jun 13, 2012 3:08 pm
by GreyGhostGear
Geluk tjomma, jy droom nou al lank oor hom!
Wat smaak dit my daai stoof plate is nog nooit gebruik nie ;D ;D
maar buite is die rooster deur gebraai..

Re: Na 'n lang wag

Posted: Wed Jun 13, 2012 3:30 pm
by Musketeer
Dankie ou maat, jy ken my darem heeltemal te goed  ;)

Braai juis weer vannaand saam die groepie vir Julie.

Ai die lewe is maar swaar.

Laat weet maar as julle weer hier is dat ek die vure kan aansteek.

Re: Na 'n lang wag

Posted: Wed Jun 13, 2012 5:03 pm
by douw
baie geluk

ek het vir my ook onlangs 'n boog aangeskaf. my groepe lyk darem al reg vir 'n jag. Ek gaan middel Julie saam met 'n vriend vir my eerste boogjag.

sterkte ook vir jou met die nuwe uitdaging.

groetnis
douw

Re: Na 'n lang wag

Posted: Mon Jun 25, 2012 9:03 am
by Musketeer
More manne,

Net weer bietjie update oor die vordering. Hier is my eerste groepering op 25/28 yards (Het dit sommer getree en nie mooi gemeet nie.)

Die Rampage raak nou soos my bergfiets en is deesdae orals saam as ek iewers heen ry waar daar plek is om bietjie pyle te trek. Die "nadeel" is dat hoe akurater ek begin skiet, hoe meer fletches bly in die slag.  ;D

Ek "rate" ook myself net op my eerste groepering elke keer en my laaste groepering aangesien ek reken jy kry net 1 skoot in die veld en die laaste omdat ek wil seker maak ek skiet nog akuraat maak nie saak hoe moeg ek is nie.

[img width=360 height=480]http://i1169.photobucket.com/albums/r50 ... photo4.jpg[/img]

Ek wil ook graag weet of dit die moeite werd is om my eie fletching jig te gaan koop en solank maar begin leer om die pyle self te fletch? Op die stadium kos dit darem nie 'n arm en been om die pyle oor te fletch nie. Waar kan ek gaan oplees of kan iemand my raad gee oor hoe mens jou eie pyle fletch?

Groetnis,

Peet