Page 1 of 1
Quiver
Posted: Sun Jun 10, 2012 10:06 pm
by Tazlana
Hello julle.
Hoop julle kan my help. Het n nuwe quiver gekry maar di rubber wat die pyle hou is taamlik hard. As daar n manier is, wat kan n mense op di rubber sit om dit net n bietjie sagter te maak. Ek weet dis n nuwe quiver maar is net bang ek breek of beskadig n pyl as ek een wil uithaal.
Groete
Re: Quiver
Posted: Mon Jun 11, 2012 5:33 am
by SV MAD (Henk)
Hi Tazlana.
Sit 'n foto op dan kan ons breinstorm, as ons weet hoe hy lyk kan ons oplossings vind.
Vir my persoonlik het ek die rubber uitgehaal uit die housing
Re: Quiver
Posted: Mon Jun 11, 2012 1:52 pm
by Tazlana
Hello.
Die hele housing is gemaak vd rubber. Ek het al gekyk of sillicon spray gebruik kan waar maar ek weet nie wat dit sal doen aan die carbon vibre nie.
Groete.
Re: Quiver
Posted: Mon Jun 11, 2012 6:20 pm
by Boogjagter
Hi Tazlana
Klink soos die rubber van 'n quicky quiver of soortgelyks. Jy sal nie maklik jou pyle breek as jy hulle uit die rubber haal, waar dit styf sit nie - hulle vat baie meer strain as die snaar hulle tref. Draai die pyl skag effens in die rondte as jy hulle insit en uithaal. Die rol aksie maak dit bietjie makliker om die pyle in en uit te kry. Hou maar net aan om die quiver te gebruik, dan sal dit begin sagter word. As die pyle te los sit is daar kans dat jy hulle verloor. As jy silicon of iets opspuit gaan dit net stof vergader, so ek sou dit nie doen nie.
Groete
Re: Quiver
Posted: Mon Jun 11, 2012 7:30 pm
by Tazlana
Dankie boogjagter.
Die quiver wat ek het is die Bohning Lynx. Dis vir vier pyle. Ek het gedink om dit in die rondte te draai maar ek kry dit nou nie eers reg nie. Soos jy gese het sal ek maar net dit meer moet gebruik.
Sal maar die sillicon spray los. Dankie vir die raad.
Groete.